Die Oog van Ra is in die Egiptiese mitologie die vroulike eweknie van die god Ra en ’n gewelddadige krag wat sy vyande verslaan.
Die Oog-godin is ’n uitbreiding van Ra se mag, en word gelykgestel aan die sonskyf, maar dit tree ook op as ’n onafhanklike entiteit wat deur verskeie Egiptiese godinne verpersoonlik kan word, onder andere Hathor, Sechmet, Bastet, Wadjet en Moet. Die Oog-godin tree op as moeder, sibbe, metgesel en dogter van die songod. Die Oog beskerm Ra teen die agente van chaos wat sy bewind bedreig.
As ’n mag teen die bose word dit dikwels gelykgestel aan die Oog van Horus, wat in ander gevalle ’n heeltemal ander konsep is.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Oog van Ra, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.