Meteorologie Oog

Die oog is 'n area van meestal kalm weer wat in die middel van 'n sterk tropiese sikloon gevind kan word.

Die oog van die storm is gewoonlik rond en tipies 30–65 km in deursnit. Dit word deur die oogmuur omring, waar die stormagtigste weer van die sikloon plaasvind. Die sikloon se laagste barometiese druk vind binne-in die oog plaas en kan tot 15% laer as die atmosferiese druk buite die storm wees. Die afstand tussen die middelpunt van die oog en die oogmuur bepaal die radius van maksimum wind vir 'n tropiese sikloon.

Meteorologie Oog
Die oog van orkaan Isabel.

Die oog is moontlik die herkenbaarste eienskap van 'n tropiese sikloon. Die oog word omring deur die oogmuur, 'n ring van toringhoë donderstorms, en is 'n ronde area in die middel van die sikloon se omloop. In sterk tropiese siklone word die oog gekarakteriseer deur ligte winde en helder lug en aan alle kante omring deur 'n uiters hoë, simmetriese oogmuur. In swakker tropiese siklone is die oog nie so helder afgebaken nie en kan deur die sentrale digte bewolking bedek word; 'n area van hoë, digte wolke wat helder vertoon op satellietfoto's. Swakker of minder-georganiseerde storms kan ook 'n oogmuur hê wat nie die oog heeltemal omring nie, of 'n oog waarin daar baie gereën word. Die oog is egter in alle storms die plek van die storm se minimum barometiese druk: die area waar die atmosferiese druk by seëvlak die laagste is.

Verwysings

Tags:

Tropiese sikloon

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Liewe HeksieMoedersdagGianna MichaelsHarry KerrApostoliese GeloofsbelydenisMenstruasieMenslike penisgrootteBalletWebblaaierPlae van EgipteLys van Afrikaanse skrywersNatuurlike hulpbronParkinson se siekteVoëlgriepAndré JacobsBorskankerSeksVolhoubare ontwikkelingLys van musiekinstrumenteBlaarNasiebouJavaScriptDemokrasieKakiebosWerkersdagMuskeljaatkatTurksvyMaagOlimpiese Somerspele 2024VlinderYstertydperkVoegwoordYsterVloeistofRassisme in AfrikaMielieSamestellingSonnestelselWinterDanie du ToitAppendiksAtoomLys van oseane, seë en mereBloedvergiftigingRenaissanceMenslike seksuele gedragInstagramFrankrykOlifantEkonomiese kwessies in Suid-AfrikaWiskundeOnderhandelinge om apartheid te beëindigKameelperdGewone luislangAnette EngelbrechtPaasfeesFranklin D. RooseveltJan CombrinkMobutu Sese SekoLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)MangelontstekingPornografieAntjie KrogGroepsgebiedewetTekstielByBrongitisRookgewoonteIgtiologiePastoorAkwariumDirekte en Indirekte redeKlavierJansenville🡆 More