Ontbyt: Eerste maaltyd vroegoggend geëet

Ontbyt is die eerste maaltyd wat genuttig word nadat iemand van 'n nagrus ontwaak het, meestal vroegoggend geëet voor die aanvang van 'n dag se werk.

"Ontbyt" kan verwys na hierdie ete of verwys na 'n maaltyd bestaande uit tradisionele ontbytkos (soos eiers, spek en wors) bedien te eniger tyd van die dag. Die woord verwys letterlik na die breek van die vastydperk van die vorige nag.

Ontbyt: Eerste maaltyd vroegoggend geëet
'n Tradisionele Engelse ontbyt: Spek en eiers, sousbone, tamatie, sampioene en 'n varkworsie.
Ontbyt: Eerste maaltyd vroegoggend geëet
'n Tradisionele Japannese ontbyt: rys, piekels, 'n repie gebakte salm, eier, nori, groente met sesamepoeier.
Ontbyt: Eerste maaltyd vroegoggend geëet
Tradisionele kontinentale ontbyt – net die minimum!
Ontbyt: Eerste maaltyd vroegoggend geëet
'n Ligte ontbyt in Brasilië

Ontbytgeregte wissel van plek tot plek, maar sluit gewoonlik 'n koolhidraat in soos hawermout, graanvlokkies of roosterbrood, vrugte en/of groente, 'n proteïenvoedsel soos eiers, vleis of vis, en iets te drinke soos tee, koffie, melk of vrugtesap. Ontbytgraan, pannekoek, wors, eierbrood, spek, vars vrugte, groente, eiers, muesli, sampioene, boontjies, muffins, plaatkoekies, roosterbrood met botter/margarien en konfyt is algemene voorbeelde van ontbytkos.

Daar bestaan egter 'n veel groter verskeidenheid in voorbereiding en bestanddele as bogenoemde, wat meestal verband hou met waar in die wêreld die ontbyt genuttig word.

Uitwerking op algemene gesondheid

Kenners van menslike voeding het lank reeds verwys na ontbyt as die belangrikste maaltyd van die dag. Dit, na gelang van studies wat gevind het dat mense wat ontbyt oorslaan, buite verhouding geneig is om probleme met konsentrasie, metabolisme, gewig, en hartgesondheid te ontwikkel. Die dieetkundige Monica Reinagel het aangevoer die metaboliese voordele oordrewe is, 'n verbetering in kognisie is gevind onder kinders, maar dis veel minder belangrik onder volwassenes. Reinagel verduidelik ook dat die skakel tussen die oorslaan van ontbyt en 'n verhoogde gewig geneig is om gedragsprobleme te veroorsaak deurdat die persoon die gebrek aan 'n gesonde ontbyt vergoed met peuselhappies, of eet selfs meer later. Dus is gewigstoename dan onvermydelik.

Verwysings

Eksterne skakels

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

BoereworsEier (voedsel)

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

ErosietipesDie Laaste Avondmaal (Leonardo)HartaanvalKrugerwildtuinLys van chemiese elemente volgens atoomgetalKleurWetenskaplike klassifikasieKinderregteFiksieHibernasieBoomslangMediese diagnoseDriedimensioneelDieregeluideWatersuiweringAnti-inflammatoriese middelProteaKasteel die Goeie HoopBoelieryJohannesburgEkonomiese geskiedenis van Suid-AfrikaRumatiekVierkantswortelHoofstadMuskeljaatkatMenseregteToringKrygkorKatWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaDiarreeWoordeboek van die Afrikaanse TaalSkisofrenieReënspinnekopBurgerregteHamburgerPersoonlike voornaamwoordOnse VaderKindermishandelingSeksuele opwekkingOrgasmeSeekoeiJakkalsSenuweestelselVigsRamsar-vleilande in Suid-AfrikaAfrikaansUnie van Suid-AfrikaEreksieVerantwoordelikheidTaalSonEkotoerismeWhatsAppJaarVlagterminologieDoelwitGeloftedagVennootskapCarles PuigdemontMigrasie van diereLabia (geslagsdele)Vaginale kankerJaco JacobsFisiese oefeningKolorektale kankerKriekVryheidsmanifesToestand van materieBeleggingImmunologieGalileo GalileiSleutel (musiek)Jacques LootsKlimaatverandering🡆 More