Onbevlekte Ontvangenis Van Maria

Die fees Onbevlekte Ontvangenis van Maria (Latyn: immaculata conceptio) herdenk die afwesigheid van enige erfsonde by die Maagd Maria, omdat sy die moeder van Jesus sal word.

    Hierdie artikel handel oor die Onbevlekte Ontvangenis van Maria deur haar ouers. Moenie verwar word met Mariaboodskap nie.

Volgens die Rooms-Katolieke Kerk het God tydens die eerste moment van Maria se skepping haar van enige sonde beskerm en Maria het sodoende "onbevlek" gebly.

Onbevlekte Ontvangenis Van Maria
Onbevlekte Ontvangenis (ca. 1630), Sekelmaanmadonna deur Francisco de Zurbarán (1598–1664)
Onbevlekte Ontvangenis Van Maria
Onbevlekte Ontvangenis (1628–1629) deur Peter Paul Rubens in die Museo del Prado, Madrid, Spanje

Die Onbevlekte Ontvangenis word algemeen met die maagdelike geboorte van Jesus verwar; laasgenoemde verwys egter na Jesus se Menswording. Terwyl baie Christene aan die maagdelike geboorte van Jesus glo, is dit veral Rooms-Katolieke en verskeie ander Christelike kerke, wat aan die Onbevlekte Ontvangenis van Maria glo. Volgens hierdie leerstelling is Maria deur haar ouers, wie se name Anna en Joachim net in apokriewe boeke genoem word, op 'n natuurlike manier verwek, ontvang en gebore, maar alles het sonder erfsonde gebeur.

Alhoewel die oortuiging van Maria se sondeloosheid of haar swangerskap sonder oorspronklike sonde sedert die Laat Antieke tydperk wyd gehou word, was die leerstelling tot in 1854 nie dogmaties gedefinieer nie, toe Pous Pius IX, ex cathedra, dit wil sê deur middel van die pouslike onfeilbaarheid, in sy bul Ineffabilis Deus die Onbevlekte Ontvangenis tot 'n dogma verhef het. Die Rooms-Katolieke Kerk vier die Onbevlekte Ontvangenis van Maria op 8 Desember; in baie Rooms-Katolieke lande is dit 'n heilige dag van verpligtings of ' patronale fees, en in sommige ander 'n nasionale vakansiedag. Dit word dus nege maande voor die dalk ouere fees Mariageboorte op 8 Desember gevier. Tientalle kerke is aan die leerstelling van Onbevlekte Ontvangenis van Maria gewy.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

GodJesus van NasaretLatynMariaRooms-Katolieke Kerk

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Etniese groepVoegwoordBruto binnelandse produkVergelykings (taalkunde)AardbewingTennisHorlosieDistrik SesEkonomiese geskiedenis van Suid-AfrikaGeelsugMuskeljaatkatDroomJavaScriptWaarheid-en-versoeningskommissieOorstromingLeonardo da VinciZoeloesWhatsAppNeurenberg-verhoreVryheidsmanifesBysteekMaatskappyVennootskapWaterpokkiesDoopLenteTeam Fortress 2KlimaatRassismeOogElandréVersoeningsdagAgtervoegselLeesThabo MbekiSamespanningAntisemitismePoësieOnderwysHandbalMosesBeesvleisGrondbesoedelingLys van Afrikaanse televisiereekseGordelroosBek-en-klouseerHoofpynAtoomBosluisParkinson se siekteStedelike hitte-eilandBorsWetenskaplike metodeRumatiekToutrekMynbedryf van Suid-AfrikaStellenboschSkerpioenHartaanvalDriedimensioneelSelfmoordVaste stofKongo-krisisLys van Joodse feeste en herdenkingsRenosterSkaakViëtnamoorlogLeierOlifantGlasPesachSwartbewussynsbewegingHeuningbyWayde van NiekerkSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024🡆 More