Olivier Panis

Olivier Panis (gebore op 2 September 1966) is 'n Franse professionele renjaer.

Panis het vir tien seisoene in Formule Een gejaag en 'n oorwinning behaal tydens die Monaco Grand Prix in 1996 vir die Ligierspan. Hy was die laaste Franse jaer wat 'n Grand Prix in Formule Een gewen het voor Pierre Gasly se oorwinning in die 2020 Italiaanse Grand Prix in September 2020.

Olivier Panis
Panis in Junie 2009
Panis in Junie 2009
Geboortedatum 2 September 1966 (1966-09-02) (57 jaar oud)
Geboorteplek Oullins, Lyon, Frankryk
Nasionaliteit Vlag van Frankryk Fransman
Aktiewe jare 1994–1999, 2001–2004
Inskrywings 158 (157 begin)
Kampioenskappe 0
Oorwinnings 1
Podiums 5
Loopbaanpunte 76
Voorste wegspronge 0
Vinnigste rondtes 0
Eerste F1-wedren 1994 Brasiliaanse Grand Prix
Eerste wen 1996 Monaco Grand Prix
Laaste wen 1996 Monaco Grand Prix
Laaste inskrywing 2004 Japannese Grand Prix

Sy seun is die renjaer Aurélien Panis.

Loopbaan

Panis is in Oullins, Lyon gebore, en soos meeste Formule 1 wedrenbestuurders, het hy vroeg in sy loopbaan met knortjorre gejaag. Hierna het Olivier etlike jare in 'n aantal "junior" reekse gejaag voordat hy in die Franse Formule 3 gejaag het. Hy het in 1989 'n kampioenskap in Formule Renault verower en in 1991 tweede geëindig in die Franse Formule 3. Uiteindelik bevind hy hom in die Formule 3000, en hy wen die reeks se kampioenskap in 1993.

Formule Een

Die 27-jarige Panis het in 1994 'n F1-plek bekom in die Franse Ligierspan. Hy het sy debuut in Brasilië gemaak en elfde geëindig. Hy het 'n verrassende tweede plek daardie seisoen op Hockenheim behaal en eindig 11de in die puntelys vir die merk. Hy het elke wedren behalwe Frankryk voltooi. Hy is egter in Portugal gediskwalifiseer weens onwettige verweer van sy skuifblokkies.

Olivier Panis 
Panis jaag vir Ligier tydens die Britse Grand Prix in 1995 .

Hy het 'n verrassende tweede plek behaal tydens die Australiese Grand Prix in 1995, ondanks die feit dat hy twee rondes agter die voorloper Damon Hill was.

Panis het 'n skokoorwinning behaal in die Grand Prix van Monaco in 1996. Panis het 14de op 'n nat baan begin en ander mededingers op die smal baan verbygesteek, waaronder Martin Brundle, Mika Häkkinen en Johnny Herbert, en die verandering na gladde bande perfek bereken. Hy het Eddie Irvine by die Lowes-haarnaald verbygesteek en het in die derde plek gelê voordat die Williams-Renault van Damon Hill en Benetton-Renault van Jean Alesi albei tegniese probleme ondervind het. Panis se oorwinning was die Ligier-span se eerste oorwinning in 15 jaar (en hul laaste), en dit was die eerste oorwinning in 'n Franse motor in Monaco in 66 jaar.

Verwysings

Tags:

19662020 Italiaanse Grand PrixEquipe LigierFormule EenFrankrykMonaco Grand PrixPierre Gasly

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Koue OorlogHeupPornografiese akteurEngelsInsek2024 Japannese Grand PrixVyfsterHeilige SaterdagWikipediaDrie SusterskerkeMangelontstekingOrganometaalchemieAntoniemVoorhuidAntarktikaSusan CoetzerBrandmondsindroomKleinkolmuskeljaatkatCyril RamaphosaDramaVingerseksVleesbaaiKameelperdPaasfeesDinosourusBorskankerEpilepsieVulkaanSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1989GesinsdagAngina pectorisSeksKappie (skryfteken)GrysstofSarah Rose KarrPersPerdGoogle MapsTikTokMiljardDemensiePapegaaiePenisverlengingDissipel vir wie Jesus baie lief wasFritz HaberDagroofvoëlsDeon MeyerDulcie van den BerghBeesGodsdiensTolla van der MerweBaarmoederSwangerskapMenstruasieWoordeboek van die Afrikaanse TaalGordelroosCobus RossouwSwitserlandRussiese inval in Oekraïne sedert 2022Danie du ToitGriekelandVulvaVersamelnaamGeurmiddelJavaScriptMaanLys van Afrikaanse skrywersSatireXhosaRugbywêreldbeker 1987BelgiëArabiesHoërskool Noordheuwel🡆 More