Oliver Sacks: Britse neuroloog en skrywer

Oliver Wolf Sacks, CBE (9 Julie 1933 – 30 Augustus 2015) was ’n Britse neuroloog en skrywer.

Hy was ’n professor in neurologie aan die New York University School of Medicine. Tussen 2007 en 2012 was hy professor van neurologie en psigiatrie aan die Columbia-universiteit in New York, waar hy ook die pos van "Columbia Artist" beklee het, wat sy bydraes tot kuns en wetenskap erken het.

Oliver Sacks
Oliver Sacks: Skryfwerk, Publikasies, Verwysings
Sacks in 2009.
Gebore
Oliver Wolf Sacks

(1933-07-09)9 Julie 1933
Willesden, Londen, Brittanje
Sterf30 Augustus 2015 (op 82)
BeroepNeuroloog, skrywer
Handtekening
Oliver Sacks: Skryfwerk, Publikasies, Verwysings

Sacks was die skrywer van verskeie trefferboeke, onder meer verskeie gevallestudies van pasiënte met neurologiese afwykings. Sy 1973-boek Awakenings, ’n outobiografiese vertelling van sy poging om mense met slaapsiekte te help om hul neurologiese funksies te herwin, is aangepas vir die Hollywoodse Oscar-benoemde rolprent van 1990 met dieselfde naam. Robin Williams en Robert de Niro het daarin gespeel.

In 2008 het hy die CBE gekry vir sy diens aan letterkunde.

Skryfwerk

Van 1970 af het Sacks oor sy ondervinding met neurologiese pasiënte geskryf. Sy boeke is in meer as 25 tale vertaal. Hy was ook ’n gereelde bydraer tot The New Yorker en The New York Review of Books, sowel as ander mediese, wetenskaplike en algemene publikasies. In 2001 het hy die Lewis Thomas-prys vir skryfwerk oor die wetenskap ontvang.

Sacks se werk is gepubliseer deur ’n breër omvang van media as waarvoor ander hedendaagse mediese skrywers bydraes gelewer het. Sy beskrywings van mense wat neurologiese toestande of beserings hanteer en daarby aanpas, het dikwels lig gewerp op hoe die normale brein waarnemings, geheue en individualiteit hanteer. Hy het sy styl beskou as ’n voortsetting van die 19de-eeuse "kliniese anekdotes," ’n letterkundige styl wat gedetailleerde gevallestudies ingesluit het. Een van sy inspirasies was ook die Russiese neurosielkundige A.R. Loerija.

Hy het sy gevalle in ’n vertelstyl beskryf en gekonsentreer op die ondervindings van die pasiënt (in die geval van A Leg to Stand On was hyself die pasiënt). Die pasiënte waaroor hy geskryf het, kon dikwels op verskillende maniere by hul situasies aanpas ondanks die feit dat hul neurologiese toestand as ongeneesbaar beskou is.

Die hoofstorie in sy boek The Man Who Mistook His Wife for a Hat gaan oor ’n man met visuele agnosie en was die onderwerp van ’n 1986-opera deur Michael Nyman. Die hoofstorie in An Anthropologist on Mars gaan oor ’n outistiese professor. Seeing Voices van 1989 dek ’n verskeidenheid gevallestudies in doofheid.

In November 2012 het Sacks sy boek Hallucinations uitgegee waarin hy kyk na hoekom gewone mense soms hallusinasies kry en die stigma verwyder wat aan die woord kleef.

Publikasies

  • Migraine (1970)
  • Awakenings (1973)
  • A Leg to Stand On (1984)
  • The Man Who Mistook His Wife for a Hat (1985)
  • Seeing Voices: A Journey Into the World of the Deaf (1989)
  • An Anthropologist on Mars (1995)
  • The Island of the Colorblind (1997)
  • Uncle Tungsten: Memories of a Chemical Boyhood (2001)
  • Oaxaca Journal (2002)
  • Musicophilia: Tales of Music and the Brain (2007)
  • The Mind's Eye (2010)
  • Hallucinations (2012)
  • On the Move: A Life (2015) (outobiografie)

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Oliver Sacks SkryfwerkOliver Sacks PublikasiesOliver Sacks VerwysingsOliver Sacks Eksterne skakelsOliver Sacks1933201530 Augustus9 JulieOrde van die Britse RykSkrywer

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

HoutWet op Bantoe-onderwysJan-Willem BreureReënOrale seksLeonardo da VinciGroepsgebiedewetGesondheidMeerKATGrondwet van Suid-AfrikaVitamienNagmaalErfenisSkaakSeestroomHaasKondensasieKultuurWerkloosheidNatuurbewaringAardeHoofkarakterHerfsRenaissanceKankerGianna MichaelsDeelteken en umlautVakbondOogproblemeDwelmonttrekkingPaddaSendelingposisieKommunismeOrthopteraBoomDurbanAnette EngelbrechtTafelsoutAppendiksChris HaniInfeksieToekoms van die AardeBosluisbytkoorsSamestellingMensSpysverteringstelselVerenigde KoninkrykBoer (landbou)OutismeKunsmatige algemene intelligensieC. Louis LeipoldtHorlosieHoenderMaroela MediaVersamelnaamLys van Afrikaanse televisiereekseEnsiklopedieMohammedLewerIndonesiëBaarmoederRacheltjie de BeerSlaginstrumentEufemismePredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaEkotoerismeMuskeljaatkatAanhalingstekensHoofletterSikloonBeesagtigesPrimêre sektor van die ekonomieHomoniemWapen van Suid-AfrikaWikiquoteAngssteuringBestuiwing🡆 More