Sebumklier

Sebumkliere of talgkliere is mikroskopiese kliere in die vel wat ’n olierige of wasagtige stof deur buise afskei.

Die afskeiding word sebum of talg genoem. Die sebum smeer die vel en hare van soogdiere en maak dit waterdig. In mense kom die grootste aantal kliere aan die gesig en kopvel voor, maar ook aan ander dele van die vel behalwe die handpalms en voetsole. In die ooglede is ’n soort sebumkliere wat ’n spesiale sebum in trane afskei. Areolêre kliere om ’n vrou se tepels is nog ’n voorbeeld van sebumkliere.

Sebumklier
’n Skematiese voorstelling van die haarsakkie en sebumkliere.

As die kliere te veel sebum afskei, kan dit verskeie mediese toestande veroorsaak, soos aknee of sebumsiste.

Ligging

Sebumkliere kom aan alle dele van die vel voor buiten die handpalms en voetsole. Daar is twee soorte, dié wat aan haarsakkies verbind is en dié wat onafhanklik voorkom.

In die haarstreke kom een of meer kliere om elke haarsakkie voor. Die kliere is trosvormig en verskeie kliere se afskeiding loop saam in ’n enkele buis uit. Die kliere skei sebum op die hare af wat met die haarskag na die vel vervoer word.

Sebumkliere word ook in haarlose streke aangetref soos aan die ooglede, neus, penis, labia minora, die binneste slymvliesmembraan van die wange en die tepels. Sommige sebumkliere het spesifieke name – dié aan die lippe, geslagsdele en die binnekant van die wange word Fordycekliere genoem en dié aan die ooglede is bekend as Meibomkliere. Dié aan die bors word ook Montgomerykliere genoem.

Verwysings

Bronne

Tags:

HareKopMensSoogdierVel

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Green PornoSinkMuishondReënspinnekopBesoedelingTafelbergNeonPuberteitSportSinoniemJakkalsVierkantswortelViëtnamAluminiumVoorsetselMieliestronkRenaissanceAardedagTsoenamiDaggaKJan van RiebeeckSout (chemiese stof)KoringSharpeville-slagtingVisProvinsies van Suid-AfrikaKangogrotteHartMobutu Sese SekoErektiele disfunksieGeografie van Suid-AfrikaBywoordMierVrystaat3D-rolprentLys van Nasionale Simbole van Suid-AfrikaAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeTienerStaalChemiese reaksieAsemhalingGalblaasUnited Democratic FrontFamilie (verwantskap)Wiskundige terminologiePoësieMuskietLeesChemiese elementVerenigde State van AmerikaDiepaartromboseApostoliese GeloofsbelydenisAntoniemOnderhandelinge om apartheid te beëindigErfenisdag (Suid-Afrika)Diskriminasie1200N.P. van Wyk LouwInsekConsolidated B-24 LiberatorLidwoordVerkleinwoordAnale seksSoogdierWaarheid-en-versoeningskommissieHerfsGautengGereformeerde Kerke in Suid-AfrikaMonopolieLeonardo da VinciMaagPampoentjiesPapegaaieEnkelvoudige sinNederland🡆 More