Sterrekunde Oorgang

’n Oorgang in sterrekunde is wanneer ’n kleiner liggaam voor ’n groter liggaam verbybeweeg en ’n deel daarvan bedek, soos gesien vanuit ’n sekere gesigspunt.

Die teenoorgestelde term is okkultasie, wanneer die voorste liggaam groter lyk en die agterste liggaam heeltemal bedek.

Sterrekunde Oorgang
Io se oorgang met Jupiter, soos gesien deur die Cassini-ruimtetuig.
Sterrekunde Oorgang
Dione se oorgang met Titaan, soos gesien deur Cassini. Op die voorgrond is ’n okkultasie van die klein maan Prometheus deur Saturnus se ringe.

Voorbeelde

’n Voorbeeld van ’n oorgang is wanneer ’n planeet voor die Son verbybeweeg, soos van die Aarde af gesien. Dit kan gebeur met ’n binnekonjunksie, wanneer Mercurius of Venus tussen die Aarde en die Son inbeweeg en die drie liggame in ’n reguit lyn lê. Van buiteplanete soos Mars af het die Aarde ook ’n oorgang met die Son.

Die term kan ook gebruik word vir wanneer ’n maan verby een van die ander planete verbybeweeg soos van die Aarde af gesien, byvoorbeeld Io, Europa, Ganimedes en Kallisto voor Jupiter.

’n Oorgang vereis dat drie liggame in ’n reguit lyn lê. In onlangse jare word talle eksoplanete opgespoor danksy hul oorgang met hul sterre. HD 209458 b is die eerste planeet wat so ontdek is.

’n Voorbeeld van ’n okkultasie is ’n sonsverduistering, wanneer die Maan voor die Son inbeweeg en die Son heeltemal of gedeeltelik bedek omdat die twee liggame van die Aarde af ewe groot lyk.

Curiosity

Op 3 Junie 2014 het die Curiosity-verkenningstuig op Mars ’n oorgang van Mercurius met die Son waargeneem – dit was die eerste keer dat ’n planeetoorgang vanaf ’n hemelliggaam benewens die Aarde waargeneem is.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Sterrekunde Oorgang VoorbeeldeSterrekunde Oorgang CuriositySterrekunde Oorgang VerwysingsSterrekunde Oorgang Eksterne skakelsSterrekunde OorgangSterrekunde

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

OvulasieAardverwarmingKultuurGalileo GalileiRieldansSuid-Afrikaanse WeermagMangelontstekingBynierVeeartsSeksFosforWynand StrydomHamerkopLys van politieke partye in Suid-AfrikaTrekarbeidInsekBobby AngelErns GrundlingVulkanismePornografiese akteurWilna SnymanMetaalGeslagsgelykheidLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaJohan BadenhorstSuid-Afrikaanse MenseregtekommissieTelefoonPornografiese subgenresDierLianie MayVoorsetselJakobKolitisCounter-Strike (videospeletjie)MaagdelikheidMuishondRookgewoonteChemiese elementMierleeuReg tot ‘n gesonde omgewingPlaasjapieOrkney Snork NieAardbewingMikro-ekonomieVryheidsdagHoofpynSosiale mediaStereotipeVerkragtingPlae van EgipteAlice MunroWerkloosheidBesoedelingParkinson se siekteGrondbesoedelingNarsistiese persoonlikheidsteuringSirkelSelfoonNelson MandelaCorioliskragManie JacksonWikipediaSophie SchollMaroela MediaHartaanvalToestand van materieBokmakierieVigsGianna MichaelsUniegebouAuschwitz-konsentrasiekampPlastiekJan de WetSias ReineckeLionel Messi🡆 More