Okkert Brits: Voormalige Suid-Afrikaanse baan- en veldatleet

Okkert Brits (gebore 22 Augustus 1973 in Uitenhage) is 'n voormalige Suid-Afrikaanse baan- en veldatleet wat in paalspring gespesialiseer het.

Hy het vier goue medaljes by die Afrika-atletiekkampioenskap, en twee goue medaljes by die Alle-Afrika Spele gewen. In 2003 het hy 'n silwermedalje by die Atletiekwêreldbyeenkoms verower. Hy het ook goud by die Statebondspele van 2002 en brons by die IAAF Wêreld Binnenshuise Kampioenskap van 1995 ingepalm.

Okkert Brits: Voormalige Suid-Afrikaanse baan- en veldatleet
Okkert Brits

Sy persoonlike beste sprong van 6,03 m, wat hy in 1995 opgestel het, is 'n Afrika-rekord. Dit maak hom die eerste persoon uit Afrika wat hoër as 6 meter kon spring. Hy het aan die Olimpiese Spele van 1996, 2000 en 2004 deelgeneem, en 'n sewende plek in 2000 behaal. Tydens die seisoen van 1995 het hy die nommer een-posisie op die wêreldranglys beklee.

Brits is in 2003 met Jane Gillespie getroud. Die egpaar het twee kinders, Sarah Jane Brits (gebore in 2005) en David Okkert Brits (gebore in 2006). In 2009 het Brits en Elizabeth Ann Morris ('n vriendin van hom) aan die 3de seisoen van die Survivor South Afrika-werklikheidsreeks deelgeneem.

In Januarie 2003 het Brits positief getoets vir die verbode middel efedrien. Hy het beweer dat dit deel van 'n energie-aanvulling moes wees. Omdat dit sy eerste oortreding was, en efedrien net 'n stimulant is, het hy met 'n openbare waarskuwing weggekom.

Verwysings

Tags:

197322 AugustusSuid-AfrikaUitenhage

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

StikstofClanwilliam-sandvisSlaginstrumentGoogle MapsPlaattektoniekTussenwerpselMaroela MediaVulvaMcDonald'sBorsKuberkrakerLieweheersbesieSebraBlourokkeSlag van Cuito CuanavaleShakaKoperSatellietSkaakReënPornografiePoesDepressie (gemoedstoestand)VaginaGeografie van Suid-AfrikaKnopiespinnekopTienerGeskiedenis van erotiese afbeeldingsHeks van HexrivierDriedimensioneelPropagandaOranjerivierKinkhoesPrimêre sektor van die ekonomieNederduitsch Hervormde KerkMynbedryf van Suid-AfrikaLandbouJaco JacobsSkooluniformKolitisRonelda KamferTropiese sikloonWaterbesparing in Suid-AfrikaMusiekBoor (element)HamburgerLys van Joodse feeste en herdenkingsWolkReënvalbepalingNierversakingSeksismePenisMonopolieChemiese verbindingSuikersiekteLugbesoedelingAfvalbestuurReënspinnekopBokmakierieAfrikaanse woordelys en spelreëlsDiepaartromboseEkonomie van Suid-AfrikaDonkieInentingXenofobie in Suid-AfrikaOlifantLiefdeOrthopteraDeelwoordLys van politieke partye in Suid-AfrikaRumatoïede artritisAnilingusGroot Muur van ChinaAfrikaanse TaalmonumentWhatsAppFabel🡆 More