Oeraalse Tale

Die Oeraalse taalfamilie bestaan uit ongeveer 30 verwante tale wat deur knap 25 miljoen mense gepraat word hoofsaaklik in Oos- en Noord-Europa en in Noordwes-Asië.

Die mees gesproke tale behoort tot die Fins-Oegriese subgroep. Dit sluit in Fins, Estnies, Hongaars en Samies. Saam met die Samojeedse taalgroep vorm hulle die Oeraalse tale.

Oeraalse tale
Geografiese
verspreiding:
Oostelike en Noordelike Europa, Noord-Asië
Genetiese
klassifikasie
:
'n Aantal voorstelle wat Oeraals met ander taalfamilies koppel, soos Indo-Oeralies en Nostraties is al gemaak, maar al die teorie is tans omstrede
 Oeraalse tale
Onderafdelings:
Oeraalse Tale

Verspreiding van Oeraalse tale

Oeraalse Tale
Geografiese verdeling van die Oeraalse tale:
Fins-Samies

   Sami

   Fins

   Estnies

   Karelies

Volgaïs

   Mari

   Erzja

   Moksja

Permies

   Oedmoerts

   Komi-Sirjeens

   Komi-Permjaaks

Oegries

   Hongaars

   Ostjaaks

   Wogoels

Samojeeds

   Enets

   Nenets

   Nganasaans

   Selkoeps

Oeraalse Tale
Oeraalse tale (aangedui in donkergroen) saam met ander taalfamilies in die wêreld
Oeraalse Tale
Stamboom van Oeraalse tale

Die Oeraalse taalfamilie is 'n verspreide en gefragmenteerde taalgroep wat strek van die Oosseestrande tot by die Jenisejrivier en die Tajmyr-Skiereiland in Siberië. Verder is Hongaars 'n westelike uitlêer.

Tipologies verskil die Oeraalse tale wyd, maar 'n paar gemene eienskappe kan wel geïdentifiseer word: 'n ryk agglutinerende morfologie, veral 'n ryk naamvalstelsel met tot 20 naamvalle in sommige tale, ontkenning word met hulpwerkwoorde bewerkstellig en sommige van die tale word gekenmerk deur vokaalharmonie.

Die benaming Oeraalse tale word sedert die vroeë 18de eeu gebruik, en is gegrond op die feit dat meeste van die tale hulle naby die Oeralgebergte bevind, op die grens van Asië en Europa. Die gemene oorsprong van die Oeraalse tale, dus protooeraals, is waarskynlik in sentraal of suidelike Oeralomgewing. Hierdie aangenome oertuiste was bepalend vir die taalfamilie se naam. Die proses waarvolgens die verskillende Oeraalse taalgroepe verdeel het en die migrasie daarvan na latere verspreidings het waarskynlik te minste 6000 jaar gelede begin.

Die wetenskap wat die studie van die Oeraalse tale en gepaargaande kultuur behels staan bekend as Oeralistiek (Duits: Uralistik) en die wetenskappe van die twee hoof takke Fins-Oegristiek (Duits: Finnougristik) en Samojedistiek.

Verwysings

Eksterne skakels

  • Wiki AfrikaansOeraalse Tale  Wiki Commons het meer media in die kategorie Oeraalse tale.
  • (en) "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Uralic". Ethnologue. Besoek op 29 Maart 2018.
  • (en) "Uralic languages". Encyclopædia Britannica. Besoek op 29 Maart 2018.

Tags:

EstniesFinsFins-Oegriese taleHongaarsNoord-AsiëNoord-EuropaOos-EuropaSamiesSamojeedse taleTaal

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Kunsmatige intelligensieBiljoenPinksterPornhubMielieHemelvaartsdagSonsverduisteringDemokrasieAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeKlem-in-die-kaakEkologieWiki CommonsPuberteitKoos du PlessisIndonesiëVolksrepubliek ChinaWortelBloedsomloopstelselNoord-KaapGianna MichaelsInstagramWillie EsterhuizenGrasEkonomieWhitey BassonSuid-Afrikaanse InkomstediensGeorgiëAngina pectorisJodeWikiquoteInsekSlaapapneeDuits26 MaartBTWVoedingLetterkundeKlimaatTongKnopiespinnekopLionel MessiHadjReënspinnekopGodPornografiese akteurHoofpynFiksieFamilie (verwantskap)BosluisbytkoorsAbstraksie (rekenaarwetenskap)EngelsWikipediaOu Apostoliese KerkSowjetunieDuitse maselsAngkor WatHartversakingJaco du PlessisVuurBoeberSelfieAntjie KrogPeach van PletzenFritz WepperOrkaan GustavE-posKrokus Stadsaal-aanval🡆 More