Obelisk

'n Obelisk (afgelei van die antieke Griekse ὀβελίσκος obeliskos; verkleinvorm van ὀβελός obelos, spit, spyker, spitspilaar) is 'n lang, vierkantige, smal monument wat van onder af nouer loop totdat dit eindig in 'n piramidevormige punt, die sogenaamde pyramidion.

Obeliske is oorspronklik deur die Antieke Egiptenare gebou; hulle naam daarvoor was tekhenu. Die Grieke het die woord "obeliskos" gebruik om hulle te beskryf, en hierdie woord is oorgeneem in Latyn en uiteindelik die ander Europese tale. Die antieke obeliske is monolities: hulle bestaan uit 'n enkele steen. Die meeste moderne obeliske bestaan egter uit meer as een steen, en sommige, soos die Washington-monument, is geboue.

Obelisk
Een van die twee Luxor obeliske, in die Place de la Concorde in Parys; 'n rooi graniet monolitiese kolom, 23 m hoog, insluitend die basis, wat meer as 250 ton weeg.

Die woord stele word oor die algemeen gebruik vir ander monumentale, regop stene met geskrifte of beeldhouwerk.

Antieke obeliske

Egipties

Obelisk 
Pilon van die Tempel van Luxor met die oorblywende van twee oorspronklike obeliske in die voorgrond. Die tweede is in die Place de la Concorde in Parys.
Obelisk 
Obelisk van Farao Senusret I, Al-Maalla gebied van Al-Matariyyah distrik in die moderne Heliopolis.

Obeliske was prominent in die argitektuur van die antieke Egiptenare, wat hulle in pare by die ingang van tempels geplaas het. Die Griekse woord "obelisk" wat vandag gebruik word, kom kom uit die geskrifte van Herodotus, die griekse reisiger, wat een van die eerste klassieke skrywers was om hierdie voorwerpe te beskryf. 'n Aantal antieke Egiptiese obeliske bestaan nou nog, asook die "Onvoltooide Obelisk" wat deels uitgekap in sy steengroef by Aswan staan. Hierdie obeliske is nou versprei regoor die wêreld, en minder as die helfte van hulle is steeds in Egipte.

Die oudste tempelobelisk wat nog in sy oorspronklike posisie staan is die 20,7 m hoë 120 ton rooi graniet obelisk van Senusret I van die 12de Dinastie by Al-Matariyyah in die moderne Heliopolis.

Die obelisk simboliseer die songod Ra, en gedurende die kort godsdienstige hervorming van Akhenaten is dit gesien as 'n versteende straal van die Aten, die sonskyf. Dit is ook geglo dat Ra binne die struktuur bestaan het.

Benben was die heuwel wat ontstaan het uit die oerwaters Nu waarop die skeppingsgod Atum hom gevestig het, volgens die Heliopolitiese skeppingsmite van die Antieke Egiptiese godsdiens. Die Benben-steen (ook bekend as'n pyramidion) vorm die bopunt van die Egiptiese piramide. Dit is ook verwant aan die Obelisk.

Die New York Universiteit Egiptoloog Patricia Blackwell Gary en Astronomy senior redakteur Richard Talcott voer die hipotese aan dat die vorms van die antieke Egiptiese piramide en obelisk afgelei is van natuurlike verskynsels wat verband hou met die son, die songod Ra synde die oppergod van die Egiptenare. Die piramide en obelisk sou daarvolgens geïnspireer wees deur die voorheen onderskatte astronomiese verskynsels wat verband hou met sonsopkoms en sonsondergang: die sodiaklig en "son pilare", onderskeidelik.

Die Antieke Romeine was sterk deur die obeliskvorm beïnvloed, tot dié mate dat daar nou meer as twee keer soveel obeliske in Rome staan as wat in Egipte oorbly. Almal het na die Romeinse tydperk geval, behalwe vir die Vatikaanobelisk, en is weer op verskillende plekke opgerig.

Die grootste en hoogste Egiptiese obelisk is die Lateraanse Obelisk in die stadplein by die westekant van die Lateraanse Basiliek in Rome, met 'n hoogte van 32,2 m en 'n gewig van 455 ton.

Nie al die Egiptiese obeliske in die Romeinse Ryk is in Rome opgerig nie. Herodes die Grote het sy Roomse beskermhere nageboots deur 'n rooi graniet Egiptiese obelisk in die renbaan van sy nuwe stad Caesarea in die noorde van Judea op te rig. Hierdie een is ongeveer 12 m hoog en weeg ongeveer 100 ton. Dit is deur argeoloë ontdek, en is weer op sy oorspronklike plek opgerig.

In Konstantinopel in 390 NC het die Bisantynse Keiser Theodosius 'n obelisk na die stad laat verskeep, en het dit in sy renbaan opgestel, waar dit die Kruistogte en die Seljuks oorleef het, en nou nog in die Hippodroomplein in die moderne Istanbul staan. Dit was oorspronklik 29 m hoogen het 380 ton geweeg, maar sy onderste helfte, wat glo ook eens in Istanbul gestaan het, is nou verlore. Die oorblywende obelisk is 20 m hoog.

Die mees bekende obelisk in rome is waarskynlik die 25 m hoë, 331 ton obelisk op Sint Pieter se Plein in Rome. Die obelisk het sedert 37 NC op die muur van die Sirkus van Nero gestaan, oorkant Sint Pieter se Basiliek:

    "Die ouer Plinius in sy Natuurgeskiedenis verwys na die obelisk se vervoer uit Egipte na Rome op bevel van die Keiser Gaius (Caligula) as 'n uitstaande gebeurtenis. Die skip wat dit gedra het, het 'n groot mas van dennehout gehad, wat vier mans se arms nie kon omsingel nie. Een honderd en twintig koringmate lensies was nodig as ballas. Nadat sy doel vervul is, was die reuse skip nie meer nodig nie. Daarom is dit gevul met klippe en sement, en gesink om die fondasie van die voorste kaai van die nuwe hawe by Ostia ."

Die heroprigting van die obelisk het selfs vir Michelangelo as 'n onbegonne taak voorgekom, maar Sixtus V was vasbeslote om dit voor van Sint Pieter se basiliek op te rig, waarvan die middeskip nog gebou moes word. Hy het 'n volgrootte houtmodel binne enkele maande van sy verkiesing laat oprig. Domenico Fontana, die assistent van Giacomo Della Porta in die Basiliek se konstruksie, het die Pous 'n hout modelhyskraan en 'n swaar modelobelisk uit lood gegee, wat Sixtus self kon oplig deur 'n slingertjie met sy vinger te draai. Fontana het die opdrag vir die projek gekry.

Die obelisk, half-begrawe in die puin van die eeue, is eers op sy plek uitgegrawe. Dit het toe van 30 April tot 17 Mei 1586 geduur om dit op rollers tot by die Piazza te bring: die werk het byna 1000 mans, 140 karperde en 47 hyskrane geverg. Die heroprigting, op 14 September, die Fees van die Opheffing van die Kruis, is deur 'n groot skare toegeskou. Dit was 'n groot ingenieursprestasie, wat Fontana se reputasie gemaak het. Hy het die operasie in 'n boek beskryf wat met koperetswerke geïllustreer is: Della Trasportatione dell'Obelisco Vaticano et delle Fabriche di Nostro Signore Pappa Sisto V (1590). Die boek self het 'n nuwe standaard in die kommunikasie van tegniese inligting gestel, en het daaropvolgende argitektoniese publikasies beïnvloed deur sy noukeurige akkuraatheid. Voordat dit weer opgerig is, is die onheil uit die obelisk gedryf. Dit word gesê dat Fontana spanne van aflosperde gehad het sodat, indien die onderneming sou misluk, hy sou kon ontsnap. Toe Carlo Maderno die Basiliek se skip gebou het, moes hy die as daarvan effens krom bou, om dit met die obelisk in lyn te kry.

Drie verder obeliske is opgerig in Rome onder Sixtus V: die een agter Santa Maria Maggiore (1587), die reuse obelisk op die Lateraanse Basiliek (1588), en die een op die Piazza del Popolo (1589).

'n Obelisk staan voor die kerk van Trinità dei Monti, bo-aan die Spaanse Trappe. Nog 'n obelisk in Rome bevat beeldhouwerk wat dit laat voorkom asof dit op die rug van 'n olifant gedra word. Rome het een van sy obeliske verloor: die Boboli obelisk wat die tempel van Isis versier het, en wat in die 16de eeu herontdek is. Die Medici het dit vir die Medici Villa geëis, maar in 1790 het hulle dit na die Boboli Tuine aan die Palazzo Pitti in Florence geskuif, en het 'n replika agtergelaat.

Verskeie ander Egiptiese obeliske is elder opgerig. Die bekendste voorbeelde buite Rome is die paar 21 m hoë, 187 ton obeliske in Londen en New York Stad wat as Cleopatra se Naalde bekend staan, en die 23 m 227 ton obelisk op die Place de la Concorde in Parys.

Obelisk 
Punt van Hatshepsut se gevalle obelisk, Karnak Tempel Kompleks, Luxor, Egipte

Daar is antieke Egiptiese obeliske in die volgende plekke:

  • Egipte – 8
  • Frankryk – 1
    • Farao Ramses II, Luxor Obelisk, in die Place de la Concorde, Parys
  • Israel – 1
    • Cesaréa obelisk
  • Italië – 13 (insluitende die een in die Vatikaanstad)
    • Rome — 8 (sien Lys van obeliske in Rome)
    • Piazza del Duomo, Catania (Sisilië)
    • Benevento, twee obeliske
    • Boboli Obelisk (Florence)
    • Urbino
  • Pole – 1
    • Ramses II, Poznań Argeologiese Museum, Poznań (geleen van Ägyptisches Museum und Papyrussammlung, Berlyn)
  • Turkye – 1
    • Farao Tuthmosis III, die Obelisk van Theodosius in die Hippodroom, Istanbul, saam met die Bisantynse Ommuurde Obelisk en die Slang Pilaar
  • Verenigde Koninkryk – 4
    • Farao Tuthmosis III, "Cleopatra se Naald", op Victoria Embankment, Londen
    • Farao Amenhotep II, in die Oostelike Museum, Universiteit van Durham
    • Farao Ptolemeus IX, Philae obelisk, by Kingston Lacy, naby Wimborne Minster, Dorset
    • Farao Nectanebo II, Britse Museum, Londen (paar van obeliske)
  • Verenigde State Van Amerika – 1

Assiries

Obeliskmonumente is ook bekend uit die Assiriese beskawing, waar hulle opgerig is as openbare monumente om die prestasies van die Assiriese koning te herdenk.

Die Britse Museum beskik oor vier Assiriese obeliske:

Die Wit Obelisk van Ashurnasirpal I is ontdek deur Hormuzd Rassam in 1853 te Ninevé. Die obelisk is opgerig deur óf Ashurnasirpal I (1050-1031 VC) óf Ashurnasirpal II (883-859 VC). Die obelisk dra 'n geskrif wat verwys na die koning se beslaglegging van goedere, mense en beeste, wat hy teruggebring het na die stad van Ashur. Die reliëfs van die Obelisk beeld tonele uit van militêre veldtogte, jag, oorwinningsfeeste en huldeblyk aan die koning.

Die Rassam Obelisk, vernoem na sy ontdekker Hormuzd Rassam, is gevind op die vesting van Nimrud (antieke Kalhu). Dit is opgerig deur Ashurnasirpal II, maar net fragmente bly oor. Die oorblywende dele van die reliëfs beeld tonele uit waar huldeblyk uit Sirië en die weste aan die koning oorgegee word.

Die Swart Obelisk is ontdek deur Sir Austen Henry Layard in 1846 op die vesting van Kalhu. Die obelisk is deur Shalmaneser III opgerig, en die reliëfs beeld tonele van huldeblyk sowel as die twee heersers, Jehu die Israelit en Sua die Gilsaneaan, wat gebare van onderwerping aan koning Shalmaneser maak. Die reliëfs op die obelisk gaan gepaard met epigrafe, en daarbenewens het die obelisk ook 'n langer inskripsie wat een van die laaste weergawes van Shalmaneser III se annale vaslê, naamlik die tydperk vanaf die begin van sy heerskappy tot sy 33ste jaar as koning.

Die Gebroe Obelisk is ook ontdek deur Rassam in Ninevé. Slegs die bopunt van hierdie monoliet is herbou in die Britse Museum. Die obelisk is die oudste bekende obelisk van Assirië, en dateer uit die 11de eeu VC.

Axumiet (Ethiopië)

Obelisk 
Koning Ezana se Stele in Axum.

'n Aantal obeliske is geskep deur die antieke Axumitiese Koninkryk wat in die noorde van die hedendaagse Ethiopië bestaan het. Een is die 21 m hoë stele van Koning Ezana, die laaste een wat opgerig is, en die enigste behoue Axumitiese obelisk. Die mees bekende Axumitiese obelisk is die 24 m hoë sogenaamde Obelisk van Axum. Dit is rondom die 4de eeu NC uitgesny, maar het met verloop van tyd neergestort en het in drie dele opgebreek. Dit is in 1935 in hierdie toestand deur Italiaanse soldate gevind, na die Tweede Italo-Abessiniese Oorlog. Dit is geplunder en in 1937 teruggeneem na Rome, waar dit in die Piazza di Porta Capena opgerig is. Italië het volgens 'n 1947 VN-ooreenkoms onderneem om die obelisk terug te bring, maar het eers in 1997 die ooreenkoms herbevestig, na jare van druk en verskeie omstrede skikkings. In 2003 het die italiaanse regering het die eerste stappe geneem om dit terug te bring, en in 2008 is dit uiteindelik weer in Ethiopië opgerig.

Die grootste bekende obelisk, die Groot Gedenksteen by Axum, het nie bly staan nie. Dit was oorspronklik 33 m hoog, het 'n basis van 3×2 m breed, en weeg 520 ton, en is dus een van die grootste enkele stene wat ooit in die menslike geskiedenis gewerk is; die grootste is óf by Baalbek óf die Ramesseum. Die obelisk het waarskynlik reeds tydens sy oprigting of kort daarna omgeval, en daardeur 'n groot deel van die massiewe grafkelder onder hom verwoes. Sulke obeliske word eintlik stelae genoem, of in die oorspronklike taal hawilt of hawilti, aangesien hulle nie in 'n piramide eindig nie. Hulle is gebruik om grafte en ondergrondse begrafnis kamers te merk. Die grootste grafmerkers was vir die koninklike begrafniskamers, en is versier met multi-verdieping valse vensters en deure, terwyl die adel kleiner, minder versierde stelae gehad het. Alhoewel slegs 'n paar grotes nog staan, is daar honderde kleineres in sogenaamde "stele velde".

Antieke Rome

Die Romeine obeliske in 'n antieke Egiptiese styl laat bou. Voorbeelde sluit in:

  • Arles, Frankryk —die Arles Obelisk, in die Place de la République, 'n 4de eeu obelisk van Romeinse oorsprong
  • Benevento, Italië — Romeinse obeliske
  • München — obelisk van Titus Sextius Africanus, Staatliches Museum Ägyptischer Kuns, Kunstareal, 1ste eeu NC, 5,8 m hoog
  • Rome — vyf antieke Romeinse obeliske Sien Lys van obeliske in Rome.

Bisantyns

Obelisk 
Die Ommuurde Obelisk in Sultan Park
  • Ommuurde Obelisk, Hippodroom van Konstantinopel. Gebou deur Konstantyn VII Porphyrogenitus (905-959) en oorspronklik bedek met vergulde brons plate.

Pre-Columbiaanse Amerikas

Die prehistoriese Tello Obelisk, gevind in 1919 by Chavín de Huantar in Peru, is 'n monolitiese stele met obeliskagtige proporsies. Dit is uitgekap in 'n lae reliëfontwerp met Chavín simbole, soos bande van tande en dierkoppe. Dit was lank in die Museo Nacional de Arqueología, Antropología e Historia del Perú in Lima, en is later geskuif na die Museo Nacional de Chavín, wat in Julie 2008 geopen is. Die obelisk is vernoem na die argeoloog Julio C. Tello, wat dit ontdek het, en beskou was as die "vader van die Peruaanse argeologie." Hy was Amerika se eerste inheemse argeoloog.

Moderne obeliske

(In volgorde van datum)

17de eeu

Obelisk naam Beeld Plek Land Voltooi Koördinate Notas
Fontaine des Quatre Dauphins Obelisk  Aix-en-Provence Frankryk 1667 43°31′35″N 5°26′44″O / 43.52639°N 5.44556°O / 43.52639; 5.44556

18de eeu

Obelisk naam Beeld Plek Land Hoogte [m] Voltooi Koördinate Notes
Markplein obelisk Obelisk  Ripon Verenigde Koninkryk 24 1702 Die eerste volskaalse Obelisk in Brittanje.
Stillorgan Obelisk Obelisk  Stillorgan, Dublin Ierland 30 1727
St Luke Kerk Obelisk  London Verenigde Koninkryk circa 1727–33 Spits deur Nicholas Hawksmoor
Boyne Obelisk Obelisk  naby Drogheda, County Louth Ierland 53 1736 Ter Herdenking van Willem III van Engeland se oorwinning by die Slag van die Boyne in 1690 (Verwoes in 1923: slegs die basis bly agter).
Conolly's Folly Obelisk  Celbridge, County Kildare Ierland 1740
Killiney Hill Obelisk Killiney, County Dublin Ierland 1742
Mamhead obelisk Obelisk  Mamhead Verenigde Koninkryk 30 1742–1745 'n Skeepsvaarthulpmiddel.
General Wolfe se Obelisk Obelisk  Stowe Skool, Buckinghamshire Verenigde Koninkryk 
1754
Montreal Park Obelisk Riverhead, Sevenoaks, Kent Verenigde Koninkryk  1761 Lord Jeffery Amherst's Obelisk.
Kagul Obelisk Obelisk  Tsarskoe Selo Rusland 1772
Chesma Obelisk Obelisk  Gatsjina Rusland 1775
Villa Medici Obelisk  Rome Italië 1790 'n 19e-Eeuse kopie van die Egiptiese obelisk wat na die Bobolituine in Florence geskuif is
Obelisk Fontein Obelisk  James St., Dublin Ierland 1790
Constable Obelisk Obelisk  Gatsjina-paleis Rusland 1793
Moore-Vallotton insidentmerker Wexford Ierland 1793
Rumyantsev Obelisk Obelisk  St Petersburg Rusland 1799
Obelisk te Slottsbacken Obelisk  Stockholm Swede 1800

19de eeu

Naam Beeld Plek Land Voltooi Koördinate Notas
Nelson memorial Springfield Park Liverpool, England Verenigde Koninkryk  circa 1805
St. Emmeram se Paleis Obelisk Obelisk  Regensburg, Bavaria Duitsland circa 1810
Constitution Obelisk St. Augustine, Florida VSA 1814 Ter Herdenking van die Spaanse Grondwet van 1812
Brightling Needle Brightling, East Sussex Verenigde Koninkryk circa 1815
Patriots' Grave, Old Burying Ground Obelisk  Arlington, Massachusetts VSA  1818 42°24′58″N 71°09′31″W / 42.41611°N 71.15861°W / 42.41611; -71.15861
George IV Monument Obelisk  Dún Laoghaire, County Dublin Ierland 1823
Blantyre Monument Obelisk  Erskine, Renfrewshire Verenigde Koninkryk circa 1825
Captain Cook se Monument Easby Moor, Great Ayton, North Yorkshire Verenigde Koninkryk 1827
Groton Monument Obelisk  Fort Griswold, Groton, Connecticut VSA 1830 41°21′18″N 72°4′46″W / 41.35500°N 72.07944°W / 41.35500; -72.07944
Bunker Hill Monument Obelisk  Charlestown, Massachusetts VSA 1827-43 42°22′35″N 71°03′41″W / 42.37639°N 71.06139°W / 42.37639; -71.06139
Spencer Monument Obelisk  Blata l-Bajda Malta 1831

(relocated 1893)

35°53′17″N 14°29′53″O / 35.88806°N 14.49806°O / 35.88806; 14.49806
Thomas Jefferson Obelisk, Monticello Charlottesville, Virginia VSA  1833 38°00′37″N 78°27′08″W / 38.01028°N 78.45222°W / 38.01028; -78.45222 Deur sy familie opgerig. Jefferson se wil was dat slegs drie prestasies daarop aangeteken moes word: Outeur van die Onafhanklikheidsverklaring, outeur van die Virginia Wet op Godsdiensvryheid, en vader van die Universiteit van Virginia.
Obelisk van Leeue, Copou Park Obelisk  Iași Roemenië  1834 47°10′43″N 27°34′01″O / 47.17851°N 27.56691°O / 47.17851; 27.56691
Villa Torlonia Obelisk  Rome Italië 1842 41°54′50″N 12°30′43″O / 41.91389°N 12.51194°O / 41.91389; 12.51194 Twee obeliske
Reggio Emilia obelisk Obelisk  Reggio Emilia, Emilia-Romagna Italië 1842 44°42′0″N 10°38′0″O / 44.70000°N 10.63333°O / 44.70000; 10.63333 Herdenk die huwelik van of Francis V, Hertog van Modena aan prinses Adelgunde van Beyere
Rutherford Monument Anwoth, Scotland Verenigde Koninkryk 1842 Monument vir Samuel Rutherford
Politieke Martelaarsmonument Obelisk  Calton Hill, Edinburgh, Scotland Verenigde Koninkryk 1844 55°57′12″N 3°11′9″W / 55.95333°N 3.18583°W / 55.95333; -3.18583
Lansdowne Monument Obelisk  Wiltshire, England Verenigde Koninkryk 1845 51°25′22″N 1°55′58″W / 51.4228°N 1.9327°W / 51.4228; -1.9327 Opgerig deur die 3de Marquess van Lansdowne ter herdenking aan Sir William Petty.
The Obelisk Obelisk  Newcastle, New South Wales Australië 1850
Wellington Monument Obelisk  Wellington, Somerset Verenigde Koninkryk 1854 50°56′53″N 3°13′45″W / 50.9480°N 3.2293°W / 50.9480; -3.2293
Stoodley Pike Monument Obelisk  Todmorden, West Yorkshire Verenigde Koninkryk 1856 53°42′51″N 2°2′33″W / 53.71417°N 2.04250°W / 53.71417; -2.04250
Hyde Park Obelisk Obelisk  Sydney, New South Wales Australië 1857 33°52′29″S 151°12′36″O / 33.87472°S 151.21000°O / -33.87472; 151.21000
Herndon Monument Obelisk  Annapolis, Maryland VSA 1860 38°58′56″N 76°29′09″W / 38.9823°N 76.4859°W / 38.9823; -76.4859 Opgerig deur die US Naval Academy ter herdenking aan William Lewis Herndon.
Obelisk te Fontenoy Obelisk  Fontenoy, Bourgogne-Franche-Comté Frankryk 1860
Wellington Monument Obelisk  Phoenix Park, Dublin Ierland 1861 Hoogste in Europa
Prince of Wales' Obelisk Obelisk  Port Elizabeth Suid-Afrika Bestem vir ene George Kemp maar opgerig ter herdenking aan die huwelik van Albert Edward, Prins van Wallis en Alexandra van Denemarke in 1861. Oorspronklik op die Markplein, nou voor die Bayworld Museumkompleks.
Lincoln se graf Obelisk  Springfield, Illinois VSA 1865 39°49′24″N 89°39′21″W / 39.82333°N 89.65583°W / 39.82333; -89.65583
Nicholson se Obelisk Obelisk  Margalla heuwels, Rawalpindi–Islamabad Pakistan 1868
Captain Cook Obelisk Obelisk  Kurnell, New South Wales Australië 1870 34°00′17″S 151°13′03″O / 34.004667°S 151.217556°O / -34.004667; 151.217556
Dauphin County Veteran's Memorial Obelisk Harrisburg, Pennsylvania VSA 1876 40°15′47″N 76°53′13″W / 40.26304°N 76.88681°W / 40.26304; -76.88681
Washington-monument Obelisk  Washington DC VSA 1884 38°53′22″N 77°2′7″W / 38.88944°N 77.03528°W / 38.88944; -77.03528
Oriskany Battlefield monument Obelisk  Rome, New York VSA 1884 43°10′7″N 75°22′8″W / 43.16861°N 75.36889°W / 43.16861; -75.36889
Monument to the Restorers Obelisk  Restauradores Square, Lisbon Portugal 1886 38°42′57″N 9°8′30″W / 38.71583°N 9.14167°W / 38.71583; -9.14167 Opgerig ter viering van die oorwinning in die Portuguese Restorasieoorlog (1640–1668).
Bennington oorlogmonument Obelisk  Bennington, Vermont VSA 1889 42°53′21″N 73°12′57″W / 42.88917°N 73.21583°W / 42.88917; -73.21583
Monolith "The Obelisk" Obelisk  Villalar de los Comuneros, Castile and León Spanje 1889 41°33′0″N 5°8′0″W / 41.55000°N 5.13333°W / 41.55000; -5.13333
Dalhousie Obelisk Obelisk  Raffles Place, Central Area Singapoer  1891 1°17′15″N 103°51′8″O / 1.28750°N 103.85222°O / 1.28750; 103.85222
The Obelisk, Penn State University Obelisk  University Park, Pennsylvania VSA  1896
Confederate War Memorial Obelisk  Dallas, Texas VSA  1896 32°46′32″N 96°47′59″W / 32.77556°N 96.79972°W / 32.77556; -96.79972

20ste eeu

Naam Beeld Plek Land Hoogte [m] Voltooi Koördinate Notas
William Dudley Chipley gedenkteken Obelisk  Plaza Ferdinand VII, Pensacola, Florida VSA 1901 30°26′N 87°12′W / 30.433°N 87.200°W / 30.433; -87.200
Sergeant Floyd Monument Obelisk  Sioux City, Iowa VSA 1901 42°27′45″N 96°22′39″W / 42.46250°N 96.37750°W / 42.46250; -96.37750
Joseph Smith Birthplace Memorial Obelisk  South Royalton, Vermont VSA 15 1905 43°49′25″N 72°28′23″W / 43.823473°N 72.47308°W / 43.823473; -72.47308 :118
McKinley Monument Obelisk  Niagara Square, Buffalo, New York VSA 29 1907 42°53′11″N 78°52′41″W / 42.88639°N 78.87806°W / 42.88639; -78.87806
The Veterans' Monument Elizabethton, Tennessee VSA 1904 Ter nagedagtenis aan veterane van die Amerikaanse Burgeroorlog uit Carter County, Tennessee.
Finn's Point National Cemetery Pennsville Township, New Jersey VSA 26 1910 Opgerig deur die regering van die VSA ter nagedagtenis aan soldate van die Gekonfedereerde state wat daar begrawe is.
Coronation Memorial Obelisk  Coronation Park, Delhi India Om die stigting van Nieu-Delhi in 1911 te herdenk; gevolg deur ander obeliske rondom die Rashtrapati Bhavan
Victory Memorial Obelisk  Fort Recovery, Ohio VSA 31 1913
Rizal Monument Obelisk  Luneta Park, Manila Filippyne 12,7 1913 14°34′54″N 120°58′36″O / 14.581669°N 120.976694°O / 14.581669; 120.976694 Ter nagedagtenis aan die tereggestelde Filippynse nasionalis, José Rizal.
Nasionale Vrouemonument Obelisk  Bloemfontein Suid-Afrika 1913 29°08′30″S 26°12′30″O / 29.1416°S 26.2083°O / -29.1416; 26.2083
Ozark Trail Obelisk  Verskeie plekke insluitend Stroud, Oklahoma, Farwell, Dimmitt, Wellington, and Tulia, Texas VSA 1913 Voorheen 'n reeks van 21 obeliske
PAX Memorial Walmer, Port Elizabeth Suid-Afrika 6 1919 'n Eerstewêreldoorlog gedenkteken vir gevalle soldate.
Flagler Monument Flagler Monument Island, Miami Beach, Florida VSA 34 1920 25°47′7″N 80°9′10″W / 25.78528°N 80.15278°W / 25.78528; -80.15278
Southport War Memorial Obelisk  London Square, Southport, Lancashire, England Verenigde Koninkryk
20.6 1923
Veterans Memorial Plaza Obelisk  Indiana World War Memorial Plaza, Indianapolis, Indiana VSA 30 1923 39°46′25″N 86°9′25″W / 39.77361°N 86.15694°W / 39.77361; -86.15694
Jefferson Davis Monument Obelisk  Fairview, Kentucky VSA 107 1924 Op die geboorteplek van die president van die Gekonfedereerde State van Amerika
Boer War Monument King's Domain, Melbourne, Victoria Australia 23 1924
Camp Merritt Memorial Monument Obelisk  Cresskill, New Jersey VSA 20 1924
Hobart Cenotaph Obelisk  Queens Domain, Hobart, Tasmania Australië 1925 42°52′39″S 147°20′10″O / 42.87750°S 147.33611°O / -42.87750; 147.33611 Eerste wêreldoorlog gedenkteken
Foshay Tower Minneapolis, Minnesota VSA 1929 Gebaseer op die Washington Monument.
Prague Kasteel Obelisk

(of Monoliet van Mrákotín)

Obelisk  Prague Castle, Prague Tsjeggië 15,4 1930 50°5′25″N 14°24′1″O / 50.09028°N 14.40028°O / 50.09028; 14.40028
Obelisk van Montevideo

(of Obelisco a los Constituyentes de 1830)

Obelisk  Parque Batlle, Montevideo Uruguay 40 1930 34°53′51″S 56°09′52″W / 34.8975°S 56.1644°W / -34.8975; -56.1644
High Point Monument Obelisk  High Point, Montague, New Jersey VSA 67 1930 41°19′15″N 74°39′42″W / 41.32083°N 74.66167°W / 41.32083; -74.66167 Op New Jersey se hoogste punt bo seevlak.
Foro Italico Obelisk  Lungotevere Maresciallo Diaz, Rome Italië 1932 41°55′55″N 12°27′32″O / 41.93194°N 12.45889°O / 41.93194; 12.45889 Ter ere van Benito Mussolini.
Paterson Monument Obelisk  Windmill Point, George Town, Tasmania Australië
1935 41°06′34″S 146°49′01″O / 41.10944°S 146.81694°O / -41.10944; 146.81694 Ter viering van die 1804 landing van William Paterson (verkenner).
Obelisk of Buenos Aires Obelisk  San Nicolás, Buenos Aires Argentinië 71,5 1936 34°36′13″S 58°22′54″W / 34.60361°S 58.38167°W / -34.60361; -58.38167
Trujillo Obelisk Obelisk  Santo Domingo Dominikaanse Republiek 42 1937
War Memorial Obelisk  Floriana Malta 1938 35°53′37″N 14°30′29″O / 35.89361°N 14.50806°O / 35.89361; 14.50806
San Jacinto Monument Obelisk  La Porte, Texas VSA 173 1939 29°45′00″N 95°04′51″W / 29.7499°N 95.0807°W / 29.7499; -95.0807
Trylon and Perisphere Obelisk  1939 New York World's Fair, Flushing, New York VSA 190 1939 40°44′47″N 73°50′42″W / 40.7463°N 73.8451°W / 40.7463; -73.8451 Nie 'n ware obelisk nie - 'n Art Deco variant.
Maungakiekie Obelisk Obelisk  One Tree Hill, Auckland Nieu-Seeland 1940 36°54′0″S 174°46′59″O / 36.90000°S 174.78306°O / -36.90000; 174.78306
Victory Monument Obelisk  Bangkok Thailand 1941 13°45′53″N 100°32′19″O / 13.76472°N 100.53861°O / 13.76472; 100.53861 Ter viering van die oorwinning deur die Thai in die Franse-Thai oorlog, 'n kort konflik tussen die Franse koloniale owerhede in Indosjina.
Plaza Francia Obelisk Obelisk  Altamira, Caracas Venezuela 1944 10°29′47″N 66°50′56″W / 10.49639°N 66.84889°W / 10.49639; -66.84889
Banská Bystrica Obelisk Obelisk  Banská Bystrica Slowakye 1945 Ter herdenking aan die soldate van die Rooi Leer en die Romeense leer wat gesneuwel het tydens die oorname van die dorp.
Cenotaph on Leinster Lawn Obelisk  Leinster House, Dublin Ierland 18 1950 53°20′26″N 6°15′14″W / 53.34055°N 6.254021°W / 53.34055; -6.254021 Ter nagedagtenis aan Arthur Griffith, Michael Collins en Kevin O'Higgins;
Israel War of Independence Memorial Obelisk  Safed Israel 32°57′57″N 35°29′54″O / 32.96583°N 35.49833°O / 32.96583; 35.49833
Obelisk of São Paulo Obelisk  São Paulo Brasilië 72 1954 23°35′5″S 46°39′17″W / 23.58472°S 46.65472°W / -23.58472; -46.65472
Monument to the abolition of slavery
(Monumento a la abolición de la esclavitud)
Obelisk  Abolition Park, Ponce Puerto Rico 30 1956 18°00′21″N 66°36′46″W / 18.00583°N 66.61278°W / 18.00583; -66.61278
Obelisk of La Paz Obelisk  La Paz Bolivië 16°29′55″S 68°08′06″W / 16.49861°S 68.13500°W / -16.49861; -68.13500
Demidovsky Pillar Obelisk  Tsentralny City District, Barnaul, Altai Krai Rusland 14 53°20′N 83°45′O / 53.333°N 83.750°O / 53.333; 83.750
Victory Obelisk
(Poklonnaya Hill Obelisk)
Poklonnaya Hill, Moscow Rusland 142 55°43′54″N 37°30′24″O / 55.73167°N 37.50667°O / 55.73167; 37.50667
Bayonet-Obelisk of the War Memorial Obelisk  Brest Fortress, Brest Wit-Rusland 100 1971 52°04′59″N 23°39′15″O / 52.082961°N 23.654251°O / 52.082961; 23.654251
Trinity Nuclear Test Site Obelisk Obelisk  Jornada del Muerto, Socorro, New Mexico VSA 3,7 Die plek waar die eerste atoombom ontplof het.
Pirulito da Praça Sete Obelisk  Belo Horizonte, Minas Gerais Brasilië
Oregon Trail Obelisk  Boise, Idaho VSA 21 obeliske merk die spoor.
Islamic Summit Minar Obelisk  Lahore, Punjab Pakistan 47 1974 An obelisk-vormige struktuur ter viering van die Islamic Conference.
Luxor Hotel Obelisk  Las Vegas, Nevada VSA
Monumen Nasional Merdeka Square, Jakarta Indonesië 1975 Simboliseer Indonesië se onafhanklikheidstryd
Juche Tower Obelisk  Pyongyang Noord-Korea 170 1982 39°1′4″N 125°45′48″O / 39.01778°N 125.76333°O / 39.01778; 125.76333
1948 Arab-Israeli War Memorial Obelisk  Ad Halom, Ashdod Israel 31°46′0″N 34°39′58″O / 31.76667°N 34.66611°O / 31.76667; 34.66611 Ter nagedagtenis aan Egipte se gevalle soldate.
Avis Obelisk Avis Farms Office Park, Pittsfield Township, Michigan VSA 1998 42°13′21″N 83°42′52″W / 42.22250°N 83.71444°W / 42.22250; -83.71444
Bahá'í House of Worship Obelisk  Bahá'í World Centre buildings, Mount Carmel, Haifa Israel 1971 Die setel van die opkomende Bahá'í Godsdienshuis.
Onafhanklikheidsmonument Obelisk Obelisk  Maha Bandula Park, Yangon Mianmar

21ste eeu

Naam Beeld Plek Land Hoogte [m] Voltooi Koördinate Notas
Capas National Shrine Tarlac province Philippines 70 2003 15°20′56″N 120°32′43″O / 15.34891°N 120.545246°O / 15.34891; 120.545246
Kolonna Eterna Obelisk  San Gwann Malta 6 2003 35°54′35″N 14°28′36″O / 35.90972°N 14.47667°O / 35.90972; 14.47667 Egyptian obelisk by Paul Vella Critien
Colonna Mediterranea Obelisk  Luqa Malta 3 2006 35°51′38″N 14°29′3″O / 35.86056°N 14.48417°O / 35.86056; 14.48417 Abstract art by Paul Vella Critien
Plaza Salcedo Obelisk Obelisk  Vigan, Ilocos Sur Philippines 17°34′N 120°23′O / 17.567°N 120.383°O / 17.567; 120.383
Obelisco Novecento Rome Italy 2004 Beeldhouwerk deur Arnaldo Pomodoro
Cyclisk Santa Rosa, California United States 20 Uit 350 fietse gemaak
Särkynyt lyhty Tornio, Lapland Finland 9 Uit vlekvrye staal

Sien ook

Verwysings

Nota's

Hierdie artikel maak gebruik van feite en teks uit die Encyclopædia Britannica van 1911. Die bron is in die publieke domein.


Verdere leesstof

  • Curran, Brian A., Anthony Grafton, Pamela O. Long, and Benjamin Weiss. Obelisk: A History. Cambridge, MA: MIT Press, 2009. ISBN 978-0-262-51270-1.
  • Chaney, Edward, "Roma Britannica and the Cultural Memory of Egypt: Lord Arundel and the Obelisk of Domitian", in Roma Britannica: Art Patronage and Cultural Exchange in Eighteenth-Century Rome, eds. D. Marshall, K. Wolfe and S. Russell, British School at Rome, 2011, pp. 147–70.
  • Iversen, Erik, Obelisks in exile. Copenhagen, Vol. 1 1968, Vol. 2 1972
  • Wirsching, Armin, Obelisken transportieren und aufrichten in Aegypten und in Rom. Norderstedt: Books on Demand 2007 (3rd ed. 2013), ISBN 978-3-8334-8513-8

Eksterne skakels

Tags:

Obelisk Antieke obeliskeObelisk Moderne obeliskeObelisk Sien ookObelisk VerwysingsObelisk NotasObelisk Verdere leesstofObelisk Eksterne skakelsObeliskAntieke EgipteAntieke GriekelandLatynMonolietWashington-monument

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

MIVLandbouBreinUitwerking van klimaatsveranderingLetterlike en figuurlike taalgebruikVulkanismeRekenaarAfkortingWêreld- Ekonomiese ForumNuwe TestamentTaylor SwiftRassismeSatellietHernubare energieNederduitse Gereformeerde KerkPredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaAfro-AmerikanersMaselsBrugJannie du ToitPolisieVigsSteentydperkWerkwoordYouTubeEekhoringMasturbasieSarel Jacob PretoriusPornhubKaliforniëAgtervoegselAmandelLys van Suider-Afrikaanse soogdiereHoofkarakterVerkragtingPornografiese akteurTafelbergBonné de BodPornografieRuan PienaarKwaggaHeuningbyAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeNamibiëWikipediaRina HugoLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)Anglo-BoereoorlogMelaatsheidBeaufortskaalKoos BekkerWiskundige terminologieWinterTelefoonRivierAkademiaGeslagLElektriese geleierJan van HunksKrokodilSelfoonKlereWoordeboek van die Afrikaanse TaalMiltSelfstandige naamwoordJazzPriemgetalSaldanhaLys van Suid-Afrikaanse kunstenaarsHarry KerrRassisme in AfrikaSokkerJeuksiekteKunsmatige algemene intelligensieEkonomiese sektor🡆 More