Nyx

Nyx, soms ook Nuuks, is in die Griekse mitologie die oergodin van die nag.

Sy was deel van die skepping van die aarde en was die moeder van ’n paar verpersoonlikende gode soos Hipnos (slaap) en Tanatos (die dood). Sy kom selde in die mites voor, maar was duidelik baie magtig en beeldskoon.

Nyx
Griekse oergodin
Nyx, godin van die nag: La Nuit, deur William-Adolphe Bouguereau, 1883.
Nyx, godin van die nag: La Nuit, deur William-Adolphe Bouguereau, 1883.
Naam Nyx
Godin van Die nag
Man Erebos
Ouer Chaos
Broers, susters Erebos, Eros, Gaia, Tartaros
Kinders O.a Eter, Hemera, Momus, Ponos, Moros, Tanatos, Hipnos, die skikgodinne en Eris.

Rol in mites

Hesiodos

In Hesiodos se Teogonia is Nyx gebore uit Chaos; sy het baie kinders en hul name is veelseggend. Saam met Erebos, die god van skadu's en donkerte, verwek sy onder andere Eter (atmosfeer) en Hemera (dag). Later, op haar eie, verwek sy Momus (blaam), Ponos (werk), Moros (noodlot), Tanatos (die dood), Hipnos (slaap), Charon (aan die stuur van die veerboot na Hades), die Oneiroi (drome), die Hesperiede, die Keres en die skikgodinne, Nemesis (vergelding), Apate (misleiding), Filotes (vriendskap), Geras (ouderdom) en Eris (onmin).

In sy beskrywing van Tartaros sê Hesiodos dat Hemera (dag), Nyx se dogter, Tartaros verlaat het nes Nyx dit binnegegaan het; wanneer Hemera teruggekeer het, is Nyx daar weg (dus die wisselwerking tussen dag en nag).

Homeros

In Boek 14 van Homeros se Ilias is daar ’n aanhaling van Hipnos, die god van slaap, waarin hy Hera herinner aan ’n guns wat hy haar bewys het toe hy Zeus aan die slaap laat raak het. Hy het dit voorheen ook al gedoen en Hera só in staat gestel om groot ongeluk oor Herakles te bring. Zeus was woedend en sou Hipnos in die see gewerp het, maar dié het na sy ma, Nyx, gevlug. Zeus was bang vir haar en het sy woede beteuel – en so het Hipnos Zeus se wraak vrygespring. Wanneer hy daarna met Zeus te doen gekry het, het hy telkens na sy ma gevlug.

Kinders van Nyx

  • Deur maagdelike voortplanting
    • Apate
    • Keres
    • Momos
    • Moros
    • Oizus
    • Oneiroi
    • Filotes
    • Tanatos
    • Eris
    • Geras
    • Hipnos
    • Nemesis
    • Hesperides
    • Fanes

Verwysings

    Hierdie artikel is merendeels vertaal uit die Engelse Wikipedia-artikel en:Nyx

Eksterne skakels

Tags:

Nyx Rol in mitesNyx Kinders van Nyx VerwysingsNyx Eksterne skakelsNyxGriekse mitologieHipnosTanatos

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

AardverwarmingVoegwoordNetbalMadison IvyEkonomiese geskiedenis van Suid-AfrikaKunsAlliterasieGevolge van aardverwarming op oseaneKankerMassaNamakwalandAfrikaanse WikipediaSydneyCheslin KolbeWiskundige terminologieHipotesePaddaKarakteriseringNedersettingLionel MessiApokriewe boekeWes-KaapSkoenlapperWoordsoortPad na jou hartSaartjie BaartmanWaterkringloopTafelbergMeervoudEmfiseemRepubliek die KongoHeks van HexrivierEuropaHefboomLys van deelnemers aan die Slag van BloedrivierMigrasie van voëlsVoortrekkermonumentWolfAfrikaTaalWoordeboekKoperMenslike skeletDigvormVolhoubaarheidKlimaatveranderingEjakulasieKlimaatAluminiumKrokodilOntbossingWorcesterDomkragWêreld- Ekonomiese ForumAgtervoegselTydsonePoësieCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaKorrupsieKaapse florarykHerfsBurgerregteInstagramAdolf HitlerLeah van NiekerkGestremdheidVrystaatVlag van Suid-AfrikaKoedoeSirkelMark (ekonomie)Brein🡆 More