Nuweland is 'n boomryke, suidelike voorstad van Kaapstad, Suid-Afrika.
Nuweland Newlands | |
---|---|
Koördinate: 33°58′45″S 18°27′0″O / 33.97917°S 18.45000°O 18°27′0″O / 33.97917°S 18.45000°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Wes-Kaap |
Metropolitaanse Munisipaliteit | Kaapstad |
Oppervlak | |
• Totaal | 3,48 km2 (1,34 vk. myl) |
Hoogte | 70 m (230 ft) |
Bevolking | |
• Totaal | 5 100 |
• Digtheid | 1 500/km2 (3 800/vk. myl) |
Tydsone | UTC+2 (SAST) |
Poskode | Busse:7700 Strate: 7725 |
Skakelkodes | 021 |
Dit is 'n gesogte woongebied met imposante huise geleë tussen groot ou bome en besonder welige tuine, want hier, in die skadu van Tafelberg, val meer reën as in enige ander deel van die Skiereiland.
Die voorstad het ontstaan as 'n bosbougebied en 'n plaas aan die bolope van die Liesbeekrivier. Dit het reeds sedert goewerneur Simon van der Stel 'n landelike huis in 1700 hier gebou het, gewild geraak. Vandag woon van die mees welgestelde inwoners van die stad hier. Die oorblyfsels van 'n kothuis waar die beroemde 19de-eeuse briefskrywer lady Anne Barnard gewoon het, kan vandag nog gesien word tussen die bome aan die regterkant van die dubbelsnelweg net voor die kruising met Nuwelandlaan. 'n Tweede huis van haar, The Vineyard, is vandag 'n spoghotel.
Van die bekende besienswaardighede in die voorstand, is die Nuwelandse swembad, die tuiste van SAB Miller se oudste brouery oorkant die hoofweg, die hoofkantoor van Southern Lewens, die Hoërskool Westerford en Hoërskool Groote Schuur, die Nuweland rugby- en krieketstadions, die South African College School (SACS), Boshofpoort en die Josephine-watermeul.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Nuweland, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.