Northeast Kingdom

Die term Northeast Kingdom verwys na 'n streek in die noordooste van die Amerikaanse deelstaat Vermont wat die distrikte Essex County, Orleans County en Caledonia County behels.

Die naam Northeast Kingdom is in 1949 deur die Amerikaanse senator George D. Aiken aan die gebied gegee.

Northeast Kingdom
Die bergspits Mount Pisgah daal steil na die Willoughby-meer af. Mount Pisgah vorm saam met Mount Hor, wat anderkant die meer verrys, 'n lang binnelandse fjord

Vermonters verwys na die streek dikwels as The Kingdom, en jonger mense in die gebied gebruik soms net die afkorting N.E.K. Die bewoners van die Northeast Kingdom word gevolglik soms Nekkers genoem.

'n Groot aantal romans van die Amerikaanse skrywer Howard Frank Mosher speel in die Northeast Kingdom af. Skrywers is nie die enigste groep wat die landelike rustigheid van die gebied waardeer nie; ook 'n aantal aanhangers van die hippie-beweging uit die sestigerjare, mense wat moeg is vir die stedelike lewe en aanhangers van esoteriese bewegings het hulle hier kom vestig.

Geografie

Die Northeast Kingdom, wat in die noorde deur die Kanadese provinsie Québec en in die ooste deur die Connecticut-rivier begrens word, behels 56 dorpe en gores (dorpe wat nie amptelik geïnkorporeer is nie) en beslaan 2 027 vierkante myl of sowat 21 persent van Vermont se oppervlakte. Die hoogste bergspits is Jay Peak met 'n hoogte van 3 858 voet (1 176 meter) bo seevlak.

Danksy sy ongerepte natuurskoon en sneeuvalle in die winter lok die Northeast Kingdom dwarsdeur die jaar talle toeriste. Naas wintersport staan die streek ook bekend vir sy verruklike kleure in die herfs (die "Indian Summer") en sy esdoringstroop.

In 1997, die laaste jaar waarvoor statistieke beskikbaar is, was sowat tagtig persent van die Northeast Kingdom bosgebiede. 59 persent van die bosse is noordelike hardehoutbome (Northern hardwood) en 29 persent spar- of dennebome.

Geologie

Teen die einde van die Ordovisiaanse Tydperk sowat 466 miljoen jaar gelede het twee landmassa's in die gebied gebots en sodoende die Groen Berge gevorm, wat tot by die mees westelike punt van die Northeast Kingdom strek. Die botsing het daarnaas ook druk in die aarde se mantel opgebou waardeur aktiewe vulkane ontstaan het.

Die granietgesteente, wat dikwels naby die berge en in die Connecticut-riviervallei sigbaar word, het sy ontstaan aan vulkaniese uitbarstings te danke. Ander gesteentes soos leisteen (soms met graniet vermeng) en kalksteen is gedurende die Siluriese en Devon-tydperk sowat 400 miljoen jaar gelede gevorm.

Die uitbreiding van gletsers tydens die Ystydperk het die geologie van die gebied duidelik verander. Die Northeast Kingdom was miljoene jare lank met 'n yslaag bedek wat eers sowat 13 500 jaar gelede gesmelt en baie van die rotsblokke na die gebied gebring en landskapsvorme soos die mere Memphremagog, Willoughby en Crystal Lake geskep het. Toe die gletsers teruggetrek het, het die Groen Berge weer verrys, alhoewel hulle later aan erosie onderworpe was.

Soutwater van die Atlantiese Oseaan het later groot dele van Vermont en ook die gebied van die Memphremagog-meer bedek, totdat dit sowat 11 000 jaar gelede weer geleidelik varswater geword het. In hierdie periode het die bosse begin verskyn.

Eksterne skakels

Verwysings

Northeast Kingdom  Deelstaat Vermont
Onderwerpe

Grondwet | Kultuur | Geografie | Regering | Geskiedenis | Ekonomie | Stede | Nedersettings in Vermont

Hoofstad

Montpelier

Streke

Champlainvallei | Groen Berge | Mount Mansfield | Northeast Kingdom

Distrikte

Addison | Bennington | Caledonia | Chittenden | Essex | Franklin | Grand Isle | Lamoille | Orange | Orleans | Rutland | Washington | Windham | Windsor

Stede

Barre | Burlington | Montpelier | Newport | Rutland | South Burlington | St. Albans | Vergennes | Winooski

Dorpe

Bennington | Calais | Stowe | Williston

Tags:

Northeast Kingdom GeografieNortheast Kingdom GeologieNortheast Kingdom Eksterne skakelsNortheast Kingdom VerwysingsNortheast Kingdom1949Verenigde StateVermont

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Pubiese hareDemokrasieAsmaHartversakingVlag van LibanonAllergieSowjetunieSmall HandsJohannesburgMotorregistrasienommerplate van Suid-AfrikaCarike KeuzenkampWillie EsterhuizenKankerPornhubEBaardskeerder-spinnekopGedigPerd2024 Australiese Grand PrixRina HugoBloemfonteinMaroela MediaKameelperdMiddeloorontstekingSuid-AfrikaTropiese sikloonPenisSteenkoolBaltimoreBateWes-AfrikaKoekie (rekenaarwetenskap)CPolisieKatCleopatra VIIEoraptorSendelingposisieBrasiliëGesinsdagOntlastingN.P. van Wyk LouwSonKrampSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024Gawes van die Heilige GeesKoningWeer (meteorologie)SpysverteringstelselMangelOopbroninhoudJavaScriptKoppeltekenKruisigingOnderhandelinge om apartheid te beëindigFridtjof NansenLetterkundeMarita NapierWit-DonderdagErfenisdag (Suid-Afrika)TegnologieGoogle TranslateEekhoringPofadder (slang)KadmiumAustraliëBeesOrkaan GustavPsigopatie🡆 More