Normandies

Normandies (Normaund, Frans: Normand, Guernésiais: Normand, Jèrriais: Nouormand) maak deel uit van die ondergroep van die Galloromaanse tale binne die Romaanse taalfamilie.

Dié taal en sy dialekte het sowat 105 000 moedertaalsprekers, veral in die Franse gebied Normandië en op die Kanaaleilande. In Frankryk geniet Normandies geen amptelike status nie omdat net Frans as amptelike taal erken word. Op die Kanaaleilande Alderney (Auregnais), Guernsey (Guernésiais), Jersey (Jèrriais) en Sark (Sercquiais) geniet die plaaslike dialekte egter amptelike status. Die Unesco beskou Normandies as 'n bedreigde taal.

Normandies
Normaund
Gepraat in: Vlag van Frankryk Frankryk
Vlag van Alderney Alderney
Vlag van Guernsey Guernsey
Vlag van Jersey Jersey
Vlag van Sark Sark 
Gebied: Normandië
Kanaaleilande
Totale sprekers: 105 000
Taalfamilie: Indo-Europees
 Italies
  Romaans
   Wes-Romaans
    Galloromaans
     Oïl
      Normandies 
Skrifstelsel: Latynse alfabet 
Amptelike status
Amptelike taal in: Kanaaleilande
Gereguleer deur: geen
Taalkodes
ISO 639-1: geen
ISO 639-2:
ISO 639-3: nrf 
Verspreiding van Normandies
Normandies
Titelblad van Kelham se woordeboek van die Normandiese en Oufranse taal uit 1779

Op die Romeinse verowering van Gallië onder Julius Caesar het die verplasing van die Keltiese tale gevolg. Soos die ander Galloromaanse tale het Normandies uit die plaaslike Vulgêrlatynse dialek ontstaan. Met die vestiging van die Noormanne (Wikings) vanaf die 840's in die Normandië is talle leenwoorde uit die Noord-Germaanse tale in Normandies opgeneem. As gevolg van die Normandiese verowering van Engeland onder Willem I van Engeland en die vestiging van Anglo-Normandies in die Koninkryk van Engeland bestaan sowat 28% van die Engelse woordeskat uit Normandiese leenwoorde. Weens die aanpassing van geskrewe Normandies by die Franse ortografie is Moderne Frans en geskrewe Normandies onderling verstaanbaar.

Eksterne skakels

Normandies 
Wiki
Sien gerus Wiki se uitgawe in Normandies


Indo-Europese tale: Kentum-tale: Italiese tale
Italiese groep Oskies | Umbries | Faliskies | Latyn
Romaanse tale
Iberoromaans Aragonees | Asturies | Galicies | Katalaans | Ladino | Leonees | Portugees | Spaans
Galloromaans Langues d'oil: Frans | Gallo | Lorreins | Normandies (Auregnais | Guernésiais | Jèrriais | Sercquiais) Pikardies | Champenois | Waals | Anglo-Normandies
Oksitaans: Aranees | Auvergnat | Gaskons | Languedokies | Limousin | Provensaals
Frankoprovensaals
Galloitalies Lombardies | Monegaskies | Piëmontees | Venesiaans
Retoromaans Romansch | Ladinies | Friulaans
Italoromaans Dalmaties | Italiaans | Napolitaans
Suid-Romaans Korsikaans | Sardies (Campidanies, Galluraans, Logudories, Sassaries) | Sisiliaans
Balkanromaans Aroemeens | Istro-Roemaans | Meglenoroemaans | Roemeens
Romaanse
Kunstale
Interlingua | Interlingue | Lingua Franca Nova

Tags:

AlderneyAmptelike taalAuregnaisBedreigde taalFrankrykFransGalloromaansGuernseyGuernésiaisJerseyJèrriaisKanaaleilandeMoedertaalNormandiëRomaanse taleSarkSercquiaisTaalUnesco

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

United Democratic FrontLabia (geslagsdele)Onderwys (geskiedenis)WaverDie BylHomofoonHennie MaasGesinsdagTaalZack du PlessisBaarmoederKwaZulu-NatalKalenderVersamelnaamPornografiese subgenresBeesMaroela MediaTeologieLys van Afrikaanse televisiereekse26 MaartInternetDonderstormOrkney Snork NiePoleLys van Griekse mitologiese figureWoordeboek van die Afrikaanse TaalBywoordIngrid JonkerGeelsugDoziWiskundeAngkor WatKlitorisWitbloedselBipolêre gemoedsteuringFridtjof NansenKoorsHadjRussiese inval in Oekraïne sedert 2022Afrikaanse taalleerAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeRacheltjie de BeerDramaWerwelkolomGordelroosWiki CommonsBlourokkeRugbyNetaji Subhas Chandra Bose Internasionale LughaweLewerBoet TroskieHolocaustOnderhandelinge om apartheid te beëindigVlag van LibanonAOlimpiese godeGianna MichaelsSonKunsMangelontstekingPaulus van Tarsus🡆 More