Normaal School, Kaapstad

Die Normaal School in Kaapstad is op 23 Januarie 1878 deur die Nederduitse Gereformeerde Kerk as opleidingsinrigting vir onderwysers in Suid-Afrika tot stand gebring.

Normaal School, Kaapstad
Die Normaal School is van 1878 tot 1920 in die agtiende-eeuse dorpshuis Rust-en-Vreugd in Roelandstraat gehuisves.

Dit was die kerk se eerste inrigting vir hoër onderwys ná die totstandkoming van die Kweekskool (waar predikante opgelei is) op Stellenbosch in 1859. Dr. Andrew Murray en dr. J.R. Whitton het vanaf die opening van die Normaal School in 1878 tot sy sluiting in 1920 as voorsitter en rektor van die Kuratorium gedien.

Geskiedenis

Normaal School, Kaapstad 
Studente en dosente van die Normaal School in 1910, 'n dekade voor die skool sou sluit.

Die sinode van 1876 het besluit om 'n skool te stig, die "Normaal School, Kaapstad", vir die opleiding van onderwysers. Die sinode het lang, uitgerekte debatte gevoer oor die juiste plek waar die skool moes wees. Uiteindelik word daar toe besluit: "Die Sinode gee opdrag aan die Kommissie om ondersoek in te stel oor waar hul die Normaal School kan vestig." Die Kommissie kies toe Kaapstad vir genoemde doel.

Daar word ook verder besluit dat die Normaal School-Kommissie uit sewe lede sou bestaan, wat bekend gestaan het as: "Kuratore van die Normaal School." Die eerste kuratore wat gedien het was Georg Stegmann jr., William Robertson, A.D. Lückhoff, dr. P.E. Faure, dr. Andrew Murray, Andrew McGregor en P.J.G. de Vos.

Nieteenstaande ruimskootse skenkings van die publiek en die Kerk in die algemeen, word aansienlike skuld aangegaan met die koop van die geboue en meubels, wat vir beide skool- en kollegewerk gebruik is. Die gebou alleen het daardie tyd £5 000 gekos.

Die skoolterrein in Roelandstraat was 'n goeie keuse, aangesien die ligging baie sentraal was. Op 23 Januarie 1878 open die inrigting met 12 studente.

Aanvanklik is studente toegelaat ná die aflê van 'n admissie-eksamen gelykstaande aan die ou Hoërskool-eksamen. Die kursus duur twee jaar; ná voltooiing hiervan kon studente inskryf vir die Matrikulasie- en Onderwyserseksamen.

Later is die toelatingsvereistes gewysig, weens die afskeiding van die Modelschool met die Kollege, wat in 1906 herskep word in 'n toegewyde instituut vir slegs die opleiding van onderwysers. Die Rektor bly aan die hoof, terwyl mnr. J. Smith, M.A., en mej. Calderwood die prinsipale word van die afsonderlike seun- en meisieskole.

Gedurende die 40-jarige bestaan van die Normaal School het daar nie minder nie as 900 kwekelinge hul studie hier voltooi, van wie die meeste daarna nog etlike jare diens gelewer het as knap en suksesvolle onderwysers.

Rust-en-Vreugd

Vandat die Nederduitse Gereformeerde Kerk die gebou in 1878 gekoop het tot die skool se sluiting in 1920 in die agtiende-eeuse dorpshuis Rust-en-Vreugd aan Roelandstraat gehuisves. Dit het eens behoort aan die berugte fiskaal Willem Cornelis Boers. Die Hoërskool Kaapstad (algemeen bekend as Cape Town High School) is van 1925 tot 1957 daarin gehuisves nadat dit in 1940 tot nasionale gedenkwaardigheid verklaar is. Dit is vroeg in die jare 40 en weer vroeg in die jare 60 gerestoureer en indertyd omskep in 'n uitstalruimte. Nog 'n restourasie het in 1993 gevolg. William Fehr het sy privaat versameling kunswerk op papier (waterverf, afdrukke en sketse) in 1965 aan die volk van Suid-Afrika geskenk. Dit word in Rust en Vreugd gehuisves. As gevolg van die sensitiewe aard van die werke, word net 'n klein gedeelte uitgestal. Dis nie bekend wanneer die gebou regs van die dorpshuis gesloop is nie.

Bronne

  • Hofmeyr, George (hoofred.). 2002. NG Kerk 350, Lux Verbi.BM, Wellington.

Verwysings

Tags:

Normaal School, Kaapstad GeskiedenisNormaal School, Kaapstad Rust-en-VreugdNormaal School, Kaapstad BronneNormaal School, Kaapstad VerwysingsNormaal School, Kaapstad187823 JanuarieKaapstadNederduitse Gereformeerde KerkSuid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

SpinnekopJana CilliersMaatskappySonElektrisiteitsvoorsieningEkonomieBoer Soek 'n VrouVoëlGeslagsregister vanaf Adam tot JesusLBosvarkNylrivierKrimpvarkieSendelingposisieAprilJakobVratKaliforniese KanaaleilandeGriekse mitologieRoossenekalMusiekteaterLeierFopnuusSuikerbekkiesWynand StrydomDie GelofteVars waterBynierKondensasieHamerkopLionel MessiHemelBesemStresMiltGlasPornografiese akteurSwemLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaUnited Democratic FrontNeurenberg-verhoreMuskietMenslike seksuele gedragEkonomiese sektorGqeberhaLuislangeVerkoueBrandmondsindroomVerenigde KoninkrykKoekie (rekenaarwetenskap)WikiquoteKommunismeSuid-Afrikaanse WeermagPêrelWayde van NiekerkBoelieryMalariaHulpwerkwoordViëtnamVoortrekkermonumentAfrikanersTrevor NoahAce MagashuleMaagdelikheidAndré JacobsGetalAardverwarmingSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994PerdGrondwet van Suid-AfrikaTussenwerpselAardbewingMarkenAdolessensieMunhwa Broadcasting CorporationLys van konings van IsraelLong🡆 More