Noordelike Ekonomiese Streek

Die Noordelike ekonomiese streek (Russies: Се́верны экономи́ческий райо́н, Sewerni ekonomitsjeski rajon) is een van 12 ekonomiese streke van Rusland.

Dit bestaan uit ’n groot vlakte in Europese Rusland.

Noordelike Ekonomiese Streek
Die Noordelike ekonomiese streek in Rusland.

Die streek is 1 466 300 km2 groot en die bevolking is 5,7 miljoen volgens die 2002-sensus. Sowat 76 persent van die mense woon in die stede. Die gemiddelde bevolkingsdigtheid is 3,9/km2.

Die belangrikste ekonomiese sektore in die gebied is mynbou, metaalbewerking, bosbou en voedsel (vissery), asook ystererts, nikkel, seldsame minerale, steenkool, olie en gas. Daar is ook diamante, chroom, titaan en goud.

Die landbou bestaan hoofsaaklik uit vleis- en melkveeboerdery, asook die teling van varke, bokke en hoenders. Landbougewasse is veral aartappels, groente, veevoer en vlas.

Deelgebiede

Die volgende deelgebiede val in die streek:

  1. Noordelike Ekonomiese Streek  Archangelsk-oblast
  2. Noordelike Ekonomiese Streek  Karelië
  3. Noordelike Ekonomiese Streek  Komi
  4. Noordelike Ekonomiese Streek  Moermansk-oblast
  5. Noordelike Ekonomiese Streek  Nenetsië
  6. Noordelike Ekonomiese Streek  Wologda-oblast

Eksterne skakels

Verwysings

Tags:

Ekonomiese streke van RuslandEuropaRussies

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

LiesbreukGroot vyfLys van politieke partye in Suid-AfrikaGeprosesseerde kosSelfoonOmtrek, oppervlakte en volumeGroepsdrukSendelingposisieNasionaal-Sosialistiese Duitse ArbeiderspartyKoppeltekenHartversakingDesimale breukeBeeldspraakEufemismeVerenigde KoninkrykBraaiE-posInflasieTsoenamiSimon PetrusKoolhidraatProstaatkankerBysteekBrandmondsindroomBoelieryFaf de KlerkBeroerteKanadaPredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaHeuningAnale seksGamelanDataverwerkingGasJuan Antonio VillacañasOrthopteraGeografie van Suid-AfrikaVennootskapMagsverheffingWerkloosheidPerdBruto binnelandse produkHaasN.P. van Wyk LouwWiskundige terminologieXenofobie in Suid-AfrikaLionel MessiSeksKangaroeBeesvleisHolocaustBrendan PeyperTransatlantiese slawehandelRefentse MorakeSuikersiekteOligopolieBosluisbytkoorsLys van chemiese elemente volgens atoomgetalReg tot ‘n gesonde omgewingAgtergrond (narratief)VersamelnaamSkaapVleilandKoringLys van visseMandalaDierKoperWerkwoordGroepsgebiedewetDie ontstaan van die dramaAandagstreepGeboortePoësieLys van Afrikaanse rolprente🡆 More