Noord

Noord is een van die vier hoofwindrigtings.

Die ander hoofwindrigtings is: oos, suid en wes.

Noord
'n Windroos wat die windrigtings aandui.

Noord is die teenoorgestelde rigting van suid, en dui die rigting van die Noordpool aan. Omdat daar vir rigtingbepaling dikwels van 'n magnetiese kompas gebruik gemaak word, en die kompasnaald nie presies na die noordpool wys nie, onderskei mense tussen die geografiese noord en die magnetiese noord. Daarnaas is daar ook 'n astronomiese noord soos volgens die sterre bepaal.

Geografiese noord

Die geografiese noord of ware noord is die rigting van die geografiese noordpool. Dit is by benadering ook die astronomiese noord.

Magnetiese noord

Die magnetiese noord is die rigting op die horisontale vlak waarheen die magneetnaald van 'n magnetiese kompas wys. Die geomagnetiese noordpool is in die noorde van Kanada geleë, en is voortdurend aan die beweeg. Die kompasnaald sal as gevolg van plaaslike omstandighede nie presies na die magnetiese noordpool wys nie. Die afwyking tussen die geografiese en die magnetiese noord op die horisontale vlak word die magnetiese deklinasie of magnetiese afwyking genoem.

Astronomiese noord

Die astronomiese noord is die rigting van die hemelpool. Dit is by benadering die rigting van die Poolster.

Trivia

  • 'n Suidewind waai in 'n noordelike rigting.
  • Die magnetiese noord (geomagnetiese noordpool) is die magnetiese suidpool van die Aarde as magneet.

Eksterne skakels


Windrigtings Noord 

Noord | Oos | Suid | Wes

Tags:

Noord Geografiese noordNoord TriviaNoord Eksterne skakelsNoordOosSuidWes

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

MetafoorTelwoordNederlandsTweede Nuwe JaarKaapstadse waterkrisis 2015-2018DruiweWhatsAppKaartSkuinsstreepKameelperdAnti-inflammatoriese middelLidwoordKalenderJacques LootsMartin Luther King jr.StadSaartjie BaartmanSeekoeiMorfeemEkologieSpoorvervoer in Suid-AfrikaAkroniemGeloftedagHibernasieDemokratiese Republiek die KongoKatoenPizzaMeervoudCovid-19-pandemieAnale seksWaterBeeldspraakNasionale VrouedagBreinAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeVolstruisVoedingDistrik SesDiepaartromboseFeminismeSelAborsie in Suid-AfrikaAlliterasieKappie (skryfteken)Demokratiese AlliansieMonoloogEskomReënVermenigvuldigingJeanette FerreiraMotorvoertuigLodewyk XVI van FrankrykInternasionale Historiese Genootskap RobbeneilandFiksieDubbelpuntWaarheid-en-versoeningskommissieMenslike seksuele gedragMikro-ekonomieRudi ClaaseBurgerregteDuitse maselsWerkloosheidSprokieWoudRobbeneilandMarsFinansiële staatE-posAnrich HerbstKongo-krisisBruin menseHomoniemNetbalRusland🡆 More