Nollywood

Nollywood is die naam vir die filmbedryf in Nigerië.

Na Hollywood (Verenigde State) en Bollywood (Indië) het Nigerië die grootste filmbedryf ter wêreld, met 'n jaarlikse produksie van 1 000 tot 2 000 films en 'n omset van ongeveer 200 miljoen dollar per jaar.

Die films word meestal met 'n begroting van minder as 15 000 dollar gemaak en opnames duur selde meer as 'n week in beslag. Daar word dikwels van 'n enkele rolprentkamera gebruik gemaak. Die films word selde in teaters gesien, maar word hoofsaaklik op DVD of video versprei.

Kenmerkend vir Nollywood-films is dat hulle baie nou aansluit by die belewingswêreld van Afrikane. Algemene onderwerpe is die toorkuns, wonderbaarlike genesing van siekes, korrupsie en arm mense wat skielik ryk word.

Kritici (sowel binne as buite Nigerië) meen dat die films gewoonlik 'n swak storielyn en dialoog het, maar desondanks slaag Nollywood om die Amerikaanse rolprente in Nigerië en enkele ander Afrika lande byna volledig te vervang.

Geskiedenis

Die eerste Nollywood-rolprente verskyn in die jare sewentig. Hulle eerste groot sukses was die 1992-film Living in Bondage. In die film word 'n ryk man uitgebeeld wat sy vrou ritueel offer om op die manier sy rykdom te behou.

In die beginjare word die rolprente meestal in plaaslike Nigeriese tale uitgegee, byvoorbeeld in Yoruba of in Hausa, maar om internasionale markte te bereik, word daar al meer na Engels as voertaal oorgeskakel. Rolprente in Nigerië word meestal van Franse onderskrifte voorsien.

Beroemde Nollywoodsterre

Eksterne skakels

Tags:

Amerikaanse dollarBollywoodHollywoodIndiëNigeriëRolprentVerenigde State

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

BelastingCSSTweede Nuwe JaarGeskiedenis van AfrikaansSuid-Afrikaanse WeermagOnderwys in Suid-AfrikaKlimaatsverandering in AfrikaWebblaaierAnton GoosenBloedvergiftigingWikiquoteMetaalRenosterIvan ZimmermannEnsiklopedieSwawelPrimêre sektor van die ekonomieSelfvertroueVerstedelikingSuid-Afrikaanse randStikstofMenseregtedagIngrid JonkerPad na jou hartHoofstadLys van politieke partye in Suid-AfrikaBeesvleisShakaSuid-AfrikaProteïenDawidCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaAborsie in Suid-AfrikaMaagSatellietfotoWindOnomatopeeSuid-Afrikaanse GrensoorlogSwart nasionalismeBosvarkHulpwerkwoordYstervarkHolocaustAnrich HerbstVerkouePornhubKorrupsieInstagramRutenium(III)chloriedRooibokSeksismeBeroerteLewerBalletLourensrivierAgtervoegselAHoofpynNag van die lang messeMierApostelEvangelies Gereformeerde KerkHeelgetalGemeenskapsorganisasieSokkerAarverkalkingMalariaVersamelnaamNasionale VrouemonumentLys van bekende Suid-AfrikanersMieliestronkRicus NelHamilton WesselsAdolf Hitler🡆 More