Noam Chomsky

Avram Noam Chomsky (gebore 7 Desember 1928) is 'n Amerikaanse taalkundige, filosoof, kognitiewe wetenskaplike, logikus, politieke kommentator, sosiale aktivis, voorstander van anargo-sindikalisme, skrywer en dosent.

Chomsky is 'n emeritus hoogleraar in taalkunde aan die Massachusetts Institute of Technology (MIT). Hy het al meer as 100 boeke geskryf en word soms die "vader van moderne taalkunde" genoem. Hy is ook 'n prominente kulturele figuur en is in 2005 as die "wêreld se top openbare intellektueel" aangewys.

Noam Chomsky
Noam Chomsky
Noam Chomsky in 2004
Gebore
Avram Noam Chomsky

7 Desember 1928 (1928-12-07) (95 jaar oud)
NasionaliteitVerenigde State van Amerika
BeroepAkademikus
Bekend virAkademiese prestasies, politieke aktivis, anargis
TitelProfessor

Linguistiek

Chomsky het die teorie van generatiewe grammatika geskep. Dit is een van die belangrikste bydraes tot die veld van linguistiek in die 20ste eeu. Hy het ook gehelp met die kognitiewe rewolusie in sielkunde deur sy hersiening van B. F. Skinner se Verbal Behavior (Verbale Gedrag). Hy bevraagteken die gedragtelike manier om na optrede en taal te kyk. Dit was die belangrikste benadering in die 1950's. Sy natuurlike benadering tot die studie van taal het die filosofie van taal en gees verander. Hy het ook die Chomsky-hiërargie bedink, 'n manier om na formele tale te kyk in terme van hul vermoeë om taal te verduidelik.

Politiek

In die 1960's het Chomsky die Viëtnamoorlog gekritiseer. As gevolg hiervan het hy vir sy politieke standpunte bekend geword. Hy word as 'n belangrike intellektuele figuur binne die linkse geledere van die Amerikaanse politiek beskou. Chomsky is wyd bekend vir sy politieke aktivisme en sy kritiek teen die buitelandse beleide van die Verenigde State van Amerika en ander regerings. Chomsky verwys na homself as 'n sosialistiese liberalis en 'n anargis, en het omvattend oor die onderwerpe geskryf. Hy is 'n lid van die Industrial Workers of the World, en volg in die voetspore van sy vader, William Chomsky, wat ook 'n lid was.

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Noam Chomsky LinguistiekNoam Chomsky PolitiekNoam Chomsky Sien ookNoam Chomsky VerwysingsNoam Chomsky Eksterne skakelsNoam Chomsky19287 DesemberFilosofieLogikaSkrywerTaalwetenskappe

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Erfenisdag (Suid-Afrika)SwartkwasmuishondVerkoueMaagsweerRobert SobukweIoonMetaalNasiebouMonopolieAborsie in Suid-AfrikaSoortnaamMartin Luther King jr.Klimaatsverandering in AfrikaBladwisselendBesnydenisElandréPaddaNamakwalandStudievaardighedeNedersettingLys van kinderspeletjiesKrieketRugbywêreldbeker 2023Wikimedia-stigtingPseudowetenskapBrandbergWebwerfEkonomieAssonansieAtoomDurbanWinterWaterbesoedelingWes-KaapSkaakSowjetunieRefleksieAppendiksTaalByNierversakingOlimpiese SomerspeleIndustriële RevolusieHartaanvalRooikatAardbewingTsongaOmgewingskwessies in Suider-AfrikaWapen van Suid-AfrikaMigrasie van voëlsBronadresAfrikaansMagnesiumAfkortingDawidHoopKonsentrasiekampHadedaLieweheersbesieOranjerivierChroniese siekteFabelSwangerskapVryheidsdagDonderstormVars waterSlag van Cuito CuanavaleTelkomVlag van Suid-AfrikaInsekGoogle TranslateAlkoholismeMisdaadromanVulkanismeWiskundeRoofvoël23 AprilHoofkarakter🡆 More