Nizaam Carr

Nizaam Carr (gebore 4 April 1991 te Kaapstad) is 'n Suid-Afrikaanse rugbyspeler wat op flank speel vir die Stormers in Superrugby en vir die Westelike Provinsie in die Curriebeker.

Hy is bekend vir sy atletiese en aansluitingspel.

Nizaan Carr Rugbyportaal
Nizaam Carr
Nizaan Carr in 2018
Geboortedatum 4 April 1991 (1991-04-04) (33 jaar oud)
Geboorteplek Kaapstad, Suid-Afrika
Lengte 1,84 m
Massa 103 kg
Universiteit Universiteit van Kaapstad
Eggenote Getroud
Beroep Professionele Rugbyspeler
Rugbyloopbaan
Loopbaan as speler
Posisie(s) Losvoorspeler
Amateurspanne
Jare Klub / span Weds (pte)
2011 UCT Ikey Tigers 5 (5)
korrek soos op 30 Desember 2017.
Professionele / senior klubs
Jare Klub / span Weds (pte)
2017 Wasps (geleen) 7 (15)
korrek soos op 30 Desember 2017.
Provinsiale- / Staatspanne
Jare Klub / span Weds (pte)
2011-tans Westelike Provinsie 56 (80)
korrek soos op 28 Mei 2018.
Superrugby/Verenigde Rugbykampioenskap
Jare Klub / span Weds (pte)
2012– Stormers 90 (40)
korrek soos op 28 Mei 2018.
Nasionale span(ne)
Jare Land Weds (pte)
2011
2014–
Junior Bokke
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
4
5
(10)
(0)
korrek soos op 28 Mei 2018.

Persoonlike lewe

Carr het in Mitchells Plein grootgeword en skoolgegaan te West End Primary, voor sy pa na Rondebosch-Oos verhuis het, waar hy steeds saam met sy familie woon.

Loopbaan

Carr het skoolgegaan by Bishops en vir hul Eerste XV gespeel in 2008 en 2009. Carr het sy weg deur die junior geledere van die Westelike Provinsie gebaan, Cravenweek gespeel in 2009 en daarna die seniorspan gehaal in 2011 met sy debuut teen die Goue Leeus.

'n Paar onindrukwekkende vertonings in die WP-trui het op een of ander manier hom opgeroep vir die Stormers Superrugbyspan vir die 2012 seisoen. Hy het in 7 wedstryde gespeel voor 'n ernstige kniebesering sy jaar beëindig het. Hy was egter spoedig terug gedurende 2013 en het 14 keer vir die Stormers uitgedraf en ook gehelp dat die Westelike Provinsie die eindstryd van die Curriebeker bereik.

Carr het die 2014 Superrugbyseisoen op die bank begin, maar 'n besering deur Siya Kolisi gelei, het hom die beginplek in die nommer 6-trui besorg in die finale 11 wedstryde van die Stormers se veldtog. Hy het teruggekeer na sy voorkeur nommer 8-posisie tydens die 2014 Curriebeker Premierafdeling, met sy span wat die seisoen as kampioene afsluit.

Op 30 Oktober 2017 het Carr 'n 3-maande kontrak geteken om aan te sluit by die Engelse Premierligaspan, die Wasps.

Springbok

In Oktober 2014 is hy opgeroep vir die Springbokke vir hul einde-van-die-jaar-rugbytoetse. Op 22 November het hy sy Springbok-toetsdebuut teen Italië gemaak.

Verwysings

Tags:

Nizaam Carr Persoonlike leweNizaam Carr LoopbaanNizaam Carr SpringbokNizaam Carr VerwysingsNizaam Carr19914 AprilCurriebekerKaapstadLosvoorspelerRugbyStormers (Superrugbyspan)Suid-AfrikaSuperrugby

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

C. Louis LeipoldtTydAboriginesBewussynDoopWayde van NiekerkKwame NkrumahManie LibbokVleilandSeksueel oordraagbare infeksieAngina pectorisKorrupsieVratBoer Soek 'n VrouFrederik Willem de KlerkKangogrotteUnited Democratic FrontGeprosesseerde kosMiddelmisbruikIslamitiese StaatSuikersiekteAardverwarmingVaginaStrykysterOogproblemeEskomKoos du PlessisPolisieOssewaZoeloesFaf de KlerkGereformeerde Kerke in Suid-AfrikaGasBrasiliëAppelKookpuntGeelsugEmfiseemBestaansboerderyJo BlackLys van Suid-Afrikaanse musikanteDiskriminasieDonderstormTweede WêreldoorlogWebwerfToekoms van die AardeMusiekMaanJanie du PlessisRussiese inval in Oekraïne sedert 2022Olimpiese SomerspeleAandagstreepWerkwoordLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaToestand van materieBruin mensePoesKarlien van JaarsveldKletsrymVoorsetselSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994KlavierVoortrekkermonumentMiskruierGeskiedenis van AfrikaansVersoeningsdagWortelEkonomiese sektorVulvaLys van Nederlandse skildersLieweheersbesieWet op Bantoe-onderwysSkaakLys van kinderspeletjiesDemokrasieLionel MessiGrondwet van Suid-AfrikaDemi Lee Moore🡆 More