Nigel Morgan: Britse en Suid-Afrikaanse veiligheidskonsultant (1954-2018)

Nigel Jeremy Morgan (25 September 1954, Woking, Surrey - 17 November 2018, Harrismith, Suid-Afrika), ook bekend as Nosher Morgan en Captain Pig, was 'n Britse en Suid-Afrikaanse veiligheidskonsultant en voormalige offisier van die Britse Leër wat noue bande met Suid-Afrika se intelligensiediens gehad het.

Hy het erken dat hy in 2004 'n poging tot 'n staatsgreep teen die regering van Ekwatoriaal-Guinee blootgelê het.

Persoonlik

Morgan was die seun van Ronan 'Bowlegs' Morgan, 'n geharde drinker en uitgewer wat gereeld by El Vino in Fleet Street was, en die neef van die rugbyspeler Cliff Morgan. Sy moeder Pamela, met bipolêre gemoedsteuring, het die gesin verlaat nadat Nigel se ouer broer Malcolm in 1970 in 'n motorongeluk dood is.

Onderwys

Morgan, wat in Cranleigh skool gegaan het, het by die Irish Guards in 1974 aangesluit. Daarna het hy 'n graad in Politiek aan die Durham-universiteit bekom met 'n militêre beurs, waar hy president van die Durham-unie was vir die periode van 1978. Volgens sy beursvoorwaardes moes Morgan 'n minimum diensperiode in die Britse Leër voltooi nadat hy sy graad voltooi het.

Hy behaal sy graad in 1978. Een van sy klasmaats was die toekomstige omroeper George Alagiah, terwyl medegraadstudente in dieselfde groep aan die Hatfield College die rugbyspeler Jeremy Campbell-Lamerton en Peter Waterworth, destydse SR president en later die goewerneur van Montserrat, insluit.

Loopbaan

Terwyl hy by sy regiment in Londen gestasioneer was, het Morgan vertroud geraak met baie van die denkers wat by Thatcherisme betrokke was, waaronder John Hoskyns, 'n spesiale adviseur van premier Margaret Thatcher. Hy beywer hom vir die beëindiging van sy kommissie en sê vir sy bevelvoerder dat hy 'nie 'n teetrollie kan aanvoer nie', maar hy slaag nie.Toe hy uiteindelik ontslag ontvang, werk hy onder Alfred Sherman by die Centre for Policy Studies, maar bedank in 1983.

Later in die dekade het hy 'n jaar lank as 'n Jesuïet-priester opleiding ondergaan, maar hy verlaat dit na meningsverskille met die destydse gewilde bevrydingsteologie. Wat hierna gevolg het, was die prospekteer vir goud in die Yukon met 'n vriend van die Skotse Garde en 'n rampspoedige goudkooponderneming in Liberië waarin hy $1 miljoen van beleggers se geld verloor het op goudbedekte koper. Vanaf 1993 was hy in Suid-Afrika werksaam as 'n vryskut-veiligheidskonsultant. Hy het bevriend geraak het met politici en figure in die intelligensiegemeenskap, en ontledings vir risikobestuursfirmas in Londen opgestel. In 2000 vertrek hy na die Demokratiese Republiek van die Kongo om die veiligheid by 'n diamantmyn wat deur die staatsonderneming MIBA bedryf word, te bestuur. Hy word egter gedwing om te vlug nadat hy doodsdreigemente ontvang het wat waarskynlik verband hou met die feit dat hy gewys het op die herhaalde diefstal van diamante deur werknemers van MIBA.

Wonga staatsgreep

Hoofartikel: 2004-Ekwatoriaal-Guinese staatsgreepspoging

In 2004 word hy uitgewys in verband met die sogenaamde 'Wonga-komplot', 'n staatsgreeppoging op president Teodoro Obiang Nguema Mbasogo, die diktator van olieryk Ekwatoriaal-Guinee. Die saak het internasionale aandag geniet toe Mark Thatcher, 'n inwoner van Constantia in Kaapstad, aangewys is as een van die finansiers. Morgan was hegte vriende met sowel Thatcher as die voormalige Special Air Service huursoldaat Simon Mann.

Omdat Morgan verbintenisse met die Suid-Afrikaanse geheimediens gehad het, het sommige van die betrokkenes by die beplande staatsgreep na bewering aangeneem dat hulle die stilswyende steun van die Suid-Afrikaanse regering sou geniet. Dit sluit blykbaar Mann self in. Trouens, Morgan was 'n dubbelagent wat 'n mol, James Kershaw, geplant het om as assistent van Mann op te tree en aan hom inligting te voer oor wat aangaan. Morgan, wat albei kante gespeel het, het tot tien verslae geskryf wat in die hande van kontakte binne die Suid-Afrikaanse intelligensie beland het, maar tog ook tot $ 10 000 van Mann geneem het vir hulp met die beplanning, voordat hy uiteindelik 'n rooi waarskuwing aan die owerhede gestuur het. Mann en sy mede-samesweerders is in Zimbabwe in hegtenis geneem nadat hul Boeing 727 in Harare geland het om wapens en toerusting op te laai.

Morgan het sy optrede verduidelik deur aan te voer dat Mann se komplot immoreel was en hy het hom aangesê om nie voort te gaan nie. Hy beweer dat hy slegs 'n 'perifere' rol gespeel het in die uiteindelike arrestasie van Mann, en het ook voorgestel dat die komplot 'n groot kans gehad het om te misluk, dat dit die internasionale reg oortree en die Suid-Afrikaanse regering erg in die verleentheid sou stel, wat sy ingryping geregverdig het.

Nadraai

Morgan het later tyd spandeer in Mosambiek, waar hy aktief was in wildbewaring. In 2013, as woordvoerder van die Joaquin Chissano-stigting, het hy planne aangekondig om 'n gewapende eenheid op die been te bring om renosterstropery te bekamp. Hy het ook Rhula Intelligent Solutions gestig, 'n sekuriteitsbestuursfirma in Maputo, waar hy as direkteur gedien het. Morgan is uiteindelik uit Rhula gedryf. Bitter en depressief, begin hy met 'n 'massiewe drinksessie' wat daartoe gelei het dat hy in 'n geïnduseerde koma geplaas is.

Dood

Morgan was baie jare 'n swaar drinker. Hy het gedink dat hy gesond genoeg is om die hospitaal te verlaat, maar moes spoedig terugkeer nadat hy weer begin drink het. Hy sterf weens die langdurige lewerskade. In 2019 is 'n gedenkdiens in die Farm Street Church in Londen gehou, gevolg deur eet- en drinkgoed by die Cavalry and Guards Club.

Verwysings

Eksterne skakels

  • Nigel Morgan: Persoonlik, Onderwys, Loopbaan  Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

Nigel Morgan PersoonlikNigel Morgan OnderwysNigel Morgan LoopbaanNigel Morgan Wonga staatsgreepNigel Morgan NadraaiNigel Morgan DoodNigel Morgan VerwysingsNigel Morgan Eksterne skakelsNigel Morgan17 November1954201825 SeptemberHarrismithSuid-AfrikaSurreyWoking

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

JudaïsmeAnneli van RooyenWatersuiweringLys van kleureWerkwoordDemografie van Suid-AfrikaGroepsdrukVaginaDistillasieUKhahlamba-DrakensbergparkLugbesoedelingSonpaneelWithaaiSwartbewussynsbewegingProstaatkankerImmunologieDoelwitVerstedelikingRymSwaelKlimaatveranderingEnkelvoudige sinSuid-Afrikaanse Nasionale ParkeLongontstekingKindermishandelingInsekStilleweSportWikiquoteHindoeïsmeMisdaadKaliumJakkalsProvinsies van Suid-AfrikaHefboomEkonomiese kwessies in Suid-AfrikaKoolhidraatIdioomHorlosieWolkKappie (skryfteken)SprokieSonnestelselBrandmondsindroomAgtervoegselWinterVolhoubare ontwikkelingSuid-AfrikaNierApostoliese GeloofsbelydenisAngina pectorisTeologiese Kweekskool (Stellenbosch)GrondbesoedelingBek-en-klouseerWapen van Suid-AfrikaMonoloogBurgerregteMartin Luther King jr.TuberkuloseOorkruipersTransatlantiese slawehandelDriedimensioneelRussiese inval in Oekraïne sedert 2022SnaarinstrumentNapoleon BonaparteSaartjie BaartmanPornhubJagluiperdWes-KaapMenstruasieVerenigde State van AmerikaBeesLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaNag van die lang messeChemiese verbindingMalaria🡆 More