Nieu-Swede (Sweeds: Nya Sverige, Fins: Uusi Ruotsi, Latyns: Nova Svecia) is 'n voormalige Sweedse kolonie wat van 1638 tot 1655 in Noord-Amerika bestaan het.
Die gebied is vandag deel van die Amerikaanse deelstate van Delaware, New Jersey en Pennsilvanië. Die kolonie se hoofstad was Fort Christina, die hedendaagse Wilmington.
| ||||
Kaart van Nieu-Swede uit ongeveer 1650, deur Amandus Johnson. | ||||
Hoofstad | Fort Christina 39°44′N 75°32′W / 39.733°N 75.533°W 75°32′W / 39.733°N 75.533°W | |||
Taal/Tale | Sweeds, Fins | |||
Regering | Monargie | |||
Koning | ||||
- 1632–1654 | Christina van Swede | |||
- 1654–1660 | Karel X Gustav van Swede | |||
Goewerneur | ||||
- 1638 | Peter Minuit | |||
- 1638–1640 | Måns Nilsson Kling | |||
- 1640–1643 | Peter Hollander Ridder | |||
- 1643–1653 | Johan Björnsson Printz | |||
- 1653–1654 | Johan Papegoja | |||
- 1654–1655 | Johan Risingh | |||
Historiese tydperk | Nuwe Tyd | |||
- Stigting | 1638 | |||
- Perskeboom-oorlog | 1655 | |||
- Nederlandse verowering | 1655 | |||
Geldeenheid | Sweedse riksdaler |
Nieu-Swede is op 29 Maart 1638 deur Sweedse setlaars naby Delawarebaai gestig. Dit was Swede se eerste kolonie in die Amerikas en 'n strategies belangrike handelspos en nedersetting aan die benedeloop van die Delawarerivier. Dit is naas Swede en Finne ook deur Noord-Duitsers en Nederlanders bewoon.
Die kolonie is in 1655, ná 'n gewapende konflik, deur die Nederlander Peter Stuywesant geannekseer en by Nieu-Nederland ingelyf. Die Sweedse inwoners is toegelaat om hulle eie kultuur en taal uit te leef.
Die goewerneurs van die kolonie was:
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Nieu-Swede, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.