Nieu-Siberiese Eilande

Die Nieu-Siberiese Eilande (Russies: Новосиби́рские острова, Nowosibirskije Ostrowa; Jakoeties: Саҥа Сибиир арыылара, Saŋa Sibiir ariilara) is ’n eilandgroep noord van die Oos-Siberiese kus tussen die Laptef-see en die Oos-Siberiese See noord van Sacha (Jakoetië).

Nieu-Siberiese Eilande
Inheemse naam: Новосибирские острова, Саҥа Сибиир арыылара
Die Nieu-Siberiese Eilande.
Die Nieu-Siberiese Eilande.
Geografie

Ligging Rusland, Arktiese Oseaan
Koördinate 75°16′N 145°15′O / 75.267°N 145.250°O / 75.267; 145.250 145°15′O / 75.267°N 145.250°O / 75.267; 145.250
Argipel Nieu-Siberiese Eilande
Totale eilande 13
Hoofeilande Anzjoe-eilande, Ljachofski-eilande, De Long-eilande
Oppervlakte 29 900 vk km

Administrasie
Vlag van Rusland Rusland
Republiek Nieu-Siberiese Eilande Jakoetië

Demografie
Bevolking 0

Eilande

Die eintlike Nieu-Siberiese Eilande, of Anzjoe-eilande, met ’n oppervlakte van sowat 29 000 km², bestaan uit:

  • Kotelni-eiland (о. Коте́льный) 11 700 km², en
  • Faddejefski-eiland (о. Фадде́евский) 5 300 km²
    • Die twee eilande word verbind deur Boengeland (земля́ Бу́нге) 6 200 km² (wat soms deur die see oorstroom is). Baie naby aan Boenge-land se noordwestelike kus is daar twee eilande: Zjeleznjakof-eiland en oos daarvan Matar-eiland. Albei is sowat 5 km lank.
  • Nanosni-eiland is ’n klein eiland noord van die noordelike baai wat deur Kotelni en Boenge gevorm word. Dit is in die vorm van ’n "C" en net 4 km lank, maar is belangrik omdat dit die mees noordelike eiland van die groep is.
  • Nowaja Sibir (о. Но́вая Сиби́рь) 6 200 km²
  • Belkofski-eiland (о. Бельковский) 500 km²

Suidwaarts en nader aan die Siberiese vasteland is die Ljachofskije-eilande (6 095 km²):

  • Groot-Ljachofeiland (о. Большо́й Ля́ховский) 4 600 km²
  • Klein-Ljachofeiland (о. Ма́лый Ля́ховский) 1 325 km²
  • Stolbowoi-eiland (о. Столбово́й) 170 km²
  • Semjonofski-eiland (о. Семёновский) 0 km² (nou onder water)

Die klein De Long-eilande (228 km²) lê noordoos van Nowaja Sibir. Hierdie eilande word dikwels nie beskou as deel van die Nieu-Siberiese Eilande nie:

  • Jeannette-eiland (о. Жанне́тты)
  • Henriëtta-eiland (о. Генрие́тты)
  • Bennett-eiland (о. Бе́ннетта)
  • Wilkitskowo-eiland (о. Вильки́цкого)
  • Zjachowa-eiland (о. Жо́хова)

Die Nieu-Siberiese Eilande is laag geleë. Die hoogste punt is die berg Malakatin-Tas op Kotelni-eiland (374 m bo die seevlak).

Klimaat

Die klimaat is arkties en bitter koud. Sneeu kom nege maande van die jaar voor. Die gemiddelde temperatuur in Januarie is van -28 °C tot -31 °C.

In Julie hou koue water van die Noordelike Yssee die temperature aan die kus laag: die gemiddelde maksimum temperatuur is van 8 °C to 11 °C en die gemiddelde minimum van -3 °C tot 1 °C. In die binneland is die temperature in Julie onderskeidelik 16 °C tot 19 °C en 3 °C tot 6 °C. Die reënval is tot 132 mm per jaar.

Ysgrond en ondergrondse ys is algemeen. Die oppervlak van die eilande is bedek met Arktiese toendra-plantegroei en verskeie mere.

Geskiedenis

Die eerste nuus oor die bestaan van die Nieu-Siberiese Eilande is aan die begin van die 18de eeu versprei deur ’n Kosak, Jakof Permjakof. In 1712 het ’n Kosakke-eenheid onder M. Wagin die Groot-Ljachofskeiland bereik. Aan die begin van die 19de eeu is die eilande verder verken deur Jakof Sannikof, Matwei Gedensjtrom en ander. In 1809-1810 het Sannikof en Gedensjtrom na die eilande gegaan op ’n kartografiesending. Sannikof het in 1811 berig dat hy ’n "nuwe land" noord van Kotelni gesien het. Dit het gelei tot die mite van "Sannikofland".

In 1886 het die ontdekkingsreisiger en wetenskaplike baron Eduard von Toll tydens sy eerste besoek aan die eilande gedink dat hy ’n onbekende stuk land noord van Kotelni gesien het. Hy het vermoed dat dit die sogenaamde Sannikofland is. In die lente van 1892 het hy die eilande weer besoek saam met ’n Kosak en drie plaaslike bewoners. Hy het die suidkus van Groot-Ljachofeiland bereik. Daar het hy belangrike ontdekkings gedoen, soos goed bewaarde beendere, ivoor en hout.

Verwysings

Eksterne skakels

Die Nieu-Siberiese Eilande
Anzjoe-eilande  Kotelni-eilandFaddejefski-eilandBoengeland • Nanosni-eiland • Nowaja Sibir • Belkofski-eiland
  Ljachofski-eilande  Groot-Ljachofski-eiland • Klein-Ljachofski-eiland • Stolbowoi-eiland • Semjonofski-eiland
De Long-eilande  Jeannette-eiland • Henriëtta-eiland • Bennett-eiland • Wilkitskowo-eiland • Zjachowa-eiland

Tags:

Nieu-Siberiese Eilande EilandeNieu-Siberiese Eilande KlimaatNieu-Siberiese Eilande GeskiedenisNieu-Siberiese Eilande VerwysingsNieu-Siberiese Eilande Eksterne skakelsNieu-Siberiese EilandeJakoetiesJakoetiëLaptef-seeOos-Siberiese SeeRussiesSiberië

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

KondensasieErektiele disfunksieBynierGalblaasWerkloosheidLGrootste rampe in Suid-AfrikaWêreld- Ekonomiese ForumLys van medisinale kruieSeksueel oordraagbare infeksieSeekoeiSteentydperkRuan PienaarWynand StrydomLionel MessiKalsiumVarkgriepNatuurrampSuid-Afrikaanse MenseregtekommissieNierversakingSowjetunieMetamfetamienJudaïsmeAnrich HerbstRekenaarHipoteseBosvarkNasionale VrouemonumentVerkleinwoordWaar ruwe rotseVerstedelikingLys van Afrikaanse skrywersAfrikaanse WikipediaDemi Lee MooreSeksposisieSwangerskapMielieLys van Suid-Afrikaanse skrywersWindKindermishandelingKarooSkildklierBTWEmosieRenosterDulcie van den BerghSaartjie BaartmanHerfsLika BerningCounter-Strike (videospeletjie)VarkWaarheid-en-versoeningskommissieVraag en aanbodDrinkwatervoorsieningLongRutenium(III)chloriedDoopWoordsoortKaliforniëJan van HunksTweede Nuwe JaarNetbalNamibiëVisDiepaartromboseDoelwitVeeartsSkisofrenieSikloonBraaiAardedagGroot DepressieBalletSpysverteringstelselKliniese depressiePolisie🡆 More