Nicolas Cage: Amerikaanse akteur

Nicolas Kim Coppola (gebore op 7 Januarie 1964), professioneel bekend as Nicolas Cage, is ’n Amerikaanse akteur en rolprentvervaardiger.

Hy het die hoofrol in ’n verskeidenheid prente vertolk, van romantiese komedies en dramas tot wetenskapsfiksie- en aksieprente.

Nicolas Cage
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Cage in 2009 by die Venesiese Rolprentfees.

Geboortenaam Nicolas Kim Coppola
Geboorte 7 Januarie 1964 (1964-01-07) (60 jaar oud)
Aktiewe jare 1980-tans

Familie

Cage is in Long Beach, Kalifornië, gebore as die seun van August Coppola, ’n letterkundeprofessor, en Joy Vogelsang, ’n danser en choreograaf. Sy pa se ouers was die komponis Carmine Coppola en aktrise Italia Pennino. Hy is deur sy pa ook ’n broerskind van die regisseur Francis Ford Coppola en die aktrise Talia Shire, en die neef van die regisseurs Roman Coppola en Sofia Coppola.

Sy twee broers is ook in die vermaakbedryf.

Loopbaan

Nicolas Cage: Amerikaanse akteur 
Cage se ster op die Hollywood Walk of Fame.

Om die skyn van nepotisme te vermy het hy sy naam vroeg in sy loopbaan na Nicolas Cage verander, na aanleiding van die Marvel Comics-superheld Luke Cage.

In die vroeë jare van sy loopbaan was hy te sien in prente soos Valley Girl (1983), Racing with the Moon (1984), Birdy (1984), Peggy Sue Got Married (1986), Raising Arizona (1987), Moonstruck (1987), Vampire's Kiss (1989), Wild at Heart (1990), Honeymoon in Vegas (1992) en Red Rock West (1993).

Hy het ’n Oscar, Golden Globe en Screen Actors Guild Award gewen vir sy spel as ’n Hollywoodse alkoholis-skrywer in Leaving Las Vegas (1995) voordat ’n groter gehoor van hom begin kennis neem het in hoofstroomprente soos The Rock (1996), Face/Off (1997), Con Air (1997), City of Angels (1998) en National Treasure (2004). Hy het sy tweede Oscar-benoeming gekry vir sy spel as Charlie en Donald Kaufman in Adaptation (2002). In dieselfde jaar was hy die regisseur van Sonny. Hy besit die vervaardigingsmaatskappy Saturn Films en het prente gemaak soos Shadow of the Vampire (2000) en The Life of David Gale (2003).

Hy het weer groot lof gekry vir sy spel in prente soos The Weather Man (2005), Lord of War (2005), The Bad Lieutenant: Port of Call New Orleans (2009) en Kick-Ass. Sy prente Ghost Rider (2007) en Knowing (2009) was lokettreffers.

Cage is die afgelope paar jaar gekritiseer vir sy swak rolkeuses. Hy het egter onlangs verskyn in The Croods en Joe, wat albei goeie resensies gekry het.

Verwysings

Tags:

19647 JanuarieAkteurAmerikaDramaRolprentWetenskapsfiksie

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Nylrivier (Suid-Afrika)TierLys van Suid-Afrikaanse kunstenaarsDieregeluideDonderstormLongontstekingUniegebouSwitserlandLandbouJames AlexanderMeningsverskil oor aardverwarmingRobert SobukweLys van Afrikaanse skrywersNetbalJaarAarde se atmosfeerKlimaatLys van Suider-Afrikaanse varswater visfamiliesAmandelWhatsAppKaapstadse waterkrisis 2015-2018Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaGriekse mitologieEskomSkoenlapperOseaanGeldVaginale kankerBergen-Belsen-konsentrasiekampDoopAntjie KrogWatersuiweringRoossenekalSowjetunieKarakteriseringHamerkopWaterpokkiesHamilton WesselsLika BerningAnneli van RooyenTweede WêreldoorlogWaterLys van politieke partye in Suid-AfrikaAngolese Oorlog vir OnafhanklikheidOrale seksAfrikaanse woordelys en spelreëlsOnderwysGriepPretoriaAfleiding (taalkunde)GrondbesoedelingFinansiële staatNic de JagerVlekvrye staalErdwurmMosesMagda van BiljonAfrikaanse TaalmonumentMartin Luther King jr.Jan-Willem BreureAkwariumHolocaustDesmond TutuMaatskaplike verantwoordelikheidOopbroninhoudSwartbewussynsbewegingProteïenRatelWiki CommonsMiskruierLys van Suid-Afrikaanse musikanteLys van bekende Suid-AfrikanersOntbossingKoos KombuisLys van oseane, seë en mere🡆 More