Nicolaas Duneas

Nicolaas Duneas (1972 - ) is 'n Suid-Afrikaanse biochemikus en ontwikkelaar van osteogeniese-biomateriale.

Hy is die stigter en Hoof- uitvoerende beampte van Altis Biologics. Die maatskappy het die eerste inspuitbare-behandeling ontwikkel vir beenbeserings wat enting of samesmelting benodig, deur gebruik te maak van 'n groeimateriaal gebaseer op varkbene.

Nicolaas Duneas
Gebore 1972 (51–52 jaar oud)
Nasionaliteit Suid-Afrikaans
Vakgebied biochemie
Osteogeniese-biomateriale
Instelling(s) Altis Biologics
Alma mater Universiteit van die Witwatersrand
Bekend vir Beenvernuwingstegnologieë
Toekennings 2014 Innovation Prize for Africa
Webblad Altis Biologics

Onderwys en loopbaan

Nicolaas Duneas 
X-straal van spinale-samesmelting

Duneas het in 1993 aan die Universiteit van die Witwatersrand (WITS) 'n BS-graad in biochemie verwerf en ook 'n Meesters van Bedryfsadministrasie. Hy het 'n PhD aan die WITS-se Mediese Skool verwerf. Van 1993 tot 1997 het hy as Navorsingsassistent aan die Universiteit van die Witwatersrand gewerk.

In 2002 het hy Altis Biologics ('n Biotegnologie maatskappy) saam met Nuno Pires gestig. Duneas is in 2002 as hoof- uitvoerende beampte van Altis Biologics aangestel.

Die maatskappy fokus op been hergroei. Tradisioneel, wanneer 'n ernstige breuk (met 'n leemte) herstel word, word nuwe been uit die heup geneem en oorgedra na die vereiste plek. Dit lei tot permanente verminking van die heup en komplikasies soos heupverplasing, narkose van die boude en soms ernstige infeksies tydens operasie. Altis Biologics het 'n metode ontwikkel om varkbene te gebruik wat aangepas is om dit menslik versoenbaar te maak en ook inspuitbaar te maak. Hiermee word die behoefte aan chirurgie verwyder. Die metode is veral geskik vir gebruik in spinale-samesmelting prosedures.

Die navorsing wat na hierdie metode gelei het het in 1994 begin en het prekliniese en kliniese studies in samewerking met universiteite ingesluit. Dit het uiteindelik uitgeloop op 'n produk wat in 2006 gepatenteer is. In 2012 is die metode goedgekeur deur die grootste Suid-Afrikaanse mediese fonds (Discovery Health) en sedertdien is meer as 1000 pasiënte met die beenoorplantings-tegniek behandel. Die weefsel wat in die beenentings gebruik word, word in Suid-Afrika vervaardig. Dit verwyder die vorige behoefte om beenenting-materiaal uit die VSA en Europa in te voer.

Duneas was in 2002 bevorder tot Hoof- Uitvoerende Beampte van Altis Biologics. Van 2008 tot 2010 was hy ook as besturende direkteur van Altis Biologics aangestel.

In 2014 het Duneas 'n onderhoud gevoer met Alec Hogg vir The Rational Perspective (aangebied op BizNews) oor Opweeging van Afrika Tegnologie geleenthede. In 2017 het hy 'n toespraak op benevernuwingstegnologieë angebied vir die Gesondheidsorg Innovasie Vergadering Afrika (Engels: Healthcare Innovation Summit Africa).

Toekennings

In 2014 is Duneas en Nuno Pires die Innovasieprys vir Afrika (Engels: Innovation Prize for Africa) toegeken vir die Altis Osteogenic Bone Matrix. Dit was die eerste inspuitbare behandeling vir beserings wat beenenting vereis met 'n vark-afgeleide regeneratiewe biologiese-inplantaat. Duneas en Pires het US$100 000 ontvang.

Geselekteerde publikasies

  • Limited chondro-osteogenesis by recombinant human transforming growth factor-beta 1 in calvarial defects of adult baboons (Papio ursinus). (July 1996)
  • Recombinant transforming growth factor-beta1 induces endochondral bone in the baboon and synergizes with recombinant osteogenic protein-1 (bone morphogenetic protein-7) to initiate rapid bone formation. (October 1997)
  • Transforming growth factor-beta 1: induction of bone morphogenetic protein genes expression during endochondral bone formation in the baboon, and synergistic interaction with osteogenic protein-1 (BMP-7). (1998)
  • PubMed: Tissue morphogenesis and regeneration by bone morphogenetic proteins. (January 1998)
  • Tissue Engineering of Bne, From Concept To Market (April 2, 2008)
  • High yield isolation of BMP-2 from bone and in vivo activity of a combination of BMP-2/TGF-β1.(2012)
  • Enhanced activity of demineralised bone matrix augmented with xenogeneic bone morphogenetic protein complex in rats. (2012 August)
  • Physicochemical modification of kafirin microparticles and their ability to bind bone morphogenetic protein-2 (BMP-2), for application as a biomaterial. (August 29, 2012)

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Nicolaas Duneas Onderwys en loopbaanNicolaas Duneas ToekenningsNicolaas Duneas Geselekteerde publikasiesNicolaas Duneas VerwysingsNicolaas Duneas Eksterne skakelsNicolaas DuneasBiochemieHoof- uitvoerende beampteSuid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

SelfmoordEjakulasieKortverhaalVenda (taal)Noord-Sotho (taal)TemperatuurUitwerking van klimaatsveranderingXhosaVerkoueSuid-Afrikaanse etniese groepe en kultureWiskundige terminologieHoofpynEnkelvoudige sinVeerChromatografieSmeltpuntKangaroeKernkragGrondwet van Suid-AfrikaSaartjie BaartmanVaginaTweede WêreldoorlogWaterbesoedelingWatersuiweringWilna SnymanWiki CommonsPretoriaKoue OorlogGoeie VrydagDierAtoomSirkelVoorvoegselNarsismeNamakwalandTrekarbeidSprokieKolitisSelfoonAardedagSeilvaartKunsRefentse MorakeNeurenberg-verhoreBreyten BreytenbachArmoedeverligtingBloemfonteinSeksuele opwekkingDrakensbergeKlankSuurstofVerstedelikingVars waterOu Apostoliese KerkTrappe van vergelykingHidroëlektrisiteitBerghaanGrondVolstruisAfro-AmerikanersDurbanHipoteseTrigeminale neuralgieIndiëStereotipeTamboraJansenvilleNederlandElektrodeRoofdierNederduitse Gereformeerde KerkBruin huisslangOseaanbesoedelingTransatlantiese slawehandelHartseer🡆 More