Nico Mansvelt

Dr.

Nicolaas Mansvelt (1852-1933) was die eerste Superintendent-generaal van Onderwys in Transvaal. Hy is in 1852 in Wassenaar, Nederland, gebore. Hy bekwaam hom as 'n onderwyser en in 1874 ontmoet hy die beroemde predikant van Suid-Afrika, Jan Lion Cachet wat weer 'n besoek gebring het aan sy geboorteland. Dit loop uit op Mansvelt se aanstelling op die personeel van die Gimnasiumseunskool op Stellenbosch. Hy begin belang stel in en skryf oor Afrikaans en word in 1890 aangestel as sekretaris van die nuwe S.A. Taalbond. Hy word die jaar daarna na Pretoria gestuur as Superintendent-generaal van Onderwys. Hy herorganiseer die hele stelsel en begin met die plaaslike opleiding van onderwysers. Met die besetting van Transvaal tydens die Tweede Vryheidsoorlog het hy bedank en na Nederland teruggekeer waar hy in 1933 in Haarlem oorlede is.

Nico Mansvelt
Prof. Nico Mansvelt.

Bronne

  • Rosenthal, Eric (red.). Ensiklopedie van Suidelike Afrika. Londen en New York: Frederick Warne & Kie Bpk.
  • Hofmeyr, J.H.: Prof. dr. N. Mansvelt. In: Lantern. Tydskrif vir Kennis en Kultuur. Jaargang 32, nr. 2, April 1983

Tags:

AfrikaansHaarlem, Noord-HollandJan Lion CachetNederlandPaul Roos GimnasiumPretoriaStellenboschSuid-AfrikaTransvaalTweede VryheidsoorlogWassenaar

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

VerkoueBruin menseRassismeWiskundige terminologieSuid-Afrikaanse etniese groepe en kultureGeslagHomoseksualiteitPersoonlikheidSwartrenosterSkynwerklikheidYsbeerMenslike seksuele gedragAfleiding (taalkunde)KinderregteGeweldMangelontstekingHeelgetalErica BoyerLedemaatWinterVakbondNoord-AmerikaRegeringDuifBeroerteWiskundeSonkragSelfvertroueLiefdeGewerweldesAanpassing (biologies)EenmansaakKarnivoorEnsiklopedieVerenigde KoninkrykBoelieryDaggaBosluisbytkoorsKonflik (proses)VerhoudingLIronieReënspinnekopKoorsblaarOrtopedieAngina pectorisSuidelike HalfrondMaselsNAVOVarkgriepVerbruikerGeslagsgelykheidHernubare energieTswanasTafelbergDoopOrganiese molekulesHidroëlektrisiteitGemeenskapDroomHandel (ekonomie)Jan BloukaasHerfsDolfynNuwe Ekonomiese BeleidPneumatikaSonDeelteken en umlautKulturele DiversiteitSamestellende afleidingMenslike skeletHomofobie29 FebruarieKhoisanImpakte van toerismeBiodiversiteitVerenigde State van Amerika🡆 More