Nicolaas Cornelius Carstens (1926–2016) was 'n Suid-Afrikaanse trekklavierspeler, komponis en boereorkesleier.
Carstens het letterlik honderde komposisies die lig laat sien en is veral bekend vir sy instrumentale treffer, Zambezi.
Nico Carstens | |
---|---|
Geboortenaam | Nicolaas Cornelius Carstens |
Gebore | 10 Februarie 1926 Kaapstad, Suid-Afrika |
Sterf | 1 November 2016 (op 90) Kaapstad, Suid-Afrika |
Genres | Boeremusiek |
Beroep(e) | Musikant |
Instrumente | Trekklavier |
Jare aktief | 1960's–2016 |
Carstens is op 10 Februarie 1926 in Kaapstad van Nederlandse ouers gebore. Hy kry sy eerste trekklavier op die ouderdom van 13 en wen sy eerste musiekkompetisie ses maande later. Hy komponeer sy eerste musiekstuk op die ouderdom van 17 en het daarna ongeveer 'n verdere 1200 komposisies geskryf.
Hy het as 19-jarige in die orkes van Hendrik Susan begin speel en in 1950 sy eie orkes gestig. In 1959 word hy die eerste Suid-Afrikaanse kunstenaar wat ’n toekenning ontvang het vir die verkoop van meer as in miljoen musiekopnames.
Carstens is op 1 November 2016 in Kaapstad oorlede. Hy was 90 jaar oud.
Nico Carstens was die skrywer van verskeie treffers, soos "Zambezi" die "Klokkiewals" en "Warmpatat".
Sy bekendste liedjie, "Zambezi", het wêreldwyd 'n treffer geword en is deur kunstenaars soos Eddie Calvert, Acker Bilk, Bert Kaempfert, The Shadows, James Last, Chet Atkins, Floyd Cramer en Johnny Dankworth opgeneem. Ander komposisies daarvan is opgeneem deur Horst Wende, Henri René, Geoffliefde en orkeste in Australië, Italië en Pole.
Aap Setties, Boerenooi, Boma Boma; Kombuis Kwela, Brakpan Kwela, Brakpan Setties, Casablanca, Die Ou Kalahari, Die Springbok Kwela, Die Wolf Kwela, Geenfonteinse Vastrap, Gertjie Wintervoël, Goue Tango, Goue Vingers, Grandma Dooley, Hasie, Helena Cha-Cha, Helena Tango, Herd Boy/ Veewagter, Mpi Zulu, Jampot Polka, Jazz-A-Roo, Jy's My Hart, Kariba, Katjiepieringwals, Kersfees Wals, Klokkiewals, Lente In Switzerland, Luanda, Meadowlands, Meerkat Samba, Mimosa Cha-Cha, Nader Aan Jou, Net Jy Alleen, Nico Se Wysie, Outa In Die Langpad, Pasop Vir Die Maan, Pondoland, Quietude, Ressano Garcia, Riksja Booi, Shirley Wals, Skoppelmaai, Skuus Bietjie Hier, Soetpatatta, Umfaan, Vaalpens Polka, Voom-Ba-Voom, Wag 'n Bietjie, Warm Patat en Zambezi.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Nico Carstens, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.