Newelrige Skreeubaber: Vis spesie

Die newelrige skreeubaber (Synodontis nebulosus) is 'n varswatervis wat in die middel en onderste gedeelte van die Zambezirivier en die Buzirivier voorkom.

In Engels staan die vis bekend as die Cloudy squeaker - in die Caprivi staan die vis bekend as die skadukolknorvis.

Newelrige skreeubaber
Newelrige Skreeubaber: Voorkoms, Habitat, Algemeen
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klas: Actinopterygii
Orde: Siluriformes
Familie: Mochokidae
Genus: Synodontis
Spesie:
S. nebulosus
Binomiale naam
Synodontis nebulosus
(Peters, 1852)

Voorkoms

Die newelrige skreeubaber se kop is hard, beenagtig en die pantserplate is skerp en driehoekig.

Daar is drie paar baarde teenwoordig; die buitenste paar is nie vertak nie, die binneste twee pare is vertak. Die baarde is almal kort; die buitenste is die langste (kan net so lank as die vinstekels wees) en mag soms ook vertak wees.

Daar is 13 - 24 tande in die onderkaak.

Die rugvin se stekel is net so lank as die kop; die stekel is skerp, sterk en het weerhakkies. Die vetvin is goed ontwikkel. Die stertvin is vlak gevurk maar goed ontwikkel. Die anale vin is goed ontwikkel. Die buikvin is gepaar en goed ontwikkel. Die borsvin is goed ontwikkel en die stekel is net so lank as die kop, rugstekel en langste baard; die stekel is sterk, skerp en vol weerhakkies.

Die newelrige skreeubaber is soos 'n haai gebou en word tot 150 mm lank. Die Zimbabwe-hengelrekord is 0,12 kg.

Sy lyf is olyf tot bruin gekleurd, ligter na onder. Hy het groot skadukolle oor die hele lyf wat ligter op die vinne is en fyner op die kop.

Habitat

Die vis verkies diep stilstaande water met plantegroei. Dit is 'n omnivoor en vreet alles maar behoort aangekeer te word (veral snags) met 'n klein hoekie en 'n stukkie vleis, vis of erdwurm as aas.

Algemeen

Die vis maak 'n knorgeluid as hy gevang word, en hy kan maklik met die grootvlek-skreeubaber verwar word. Let dan op sy baarde wat korter is, sy pantserplaat wat 'n skerp driehoek is en sy dowwe kolle.

Sien ook

Verwysings

Bronne

Eksterne skakels

Tags:

Newelrige Skreeubaber VoorkomsNewelrige Skreeubaber HabitatNewelrige Skreeubaber AlgemeenNewelrige Skreeubaber Sien ookNewelrige Skreeubaber VerwysingsNewelrige Skreeubaber BronneNewelrige Skreeubaber Eksterne skakelsNewelrige Skreeubaber

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

RobbeneilandJodeBrandmondsindroomKinderregteBedreigde spesieSwartbewussynsbewegingKernkragHamburgerNasionale VrouedagTrekarbeidRenosterTuisbladDigtheidAdolessensieVolhoubare ontwikkelingBelastingLatynRookgewoonteWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaLenteErica BoyerNaaldekokerSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024PseudowetenskapMaatskappyRooikatSkaakGawes van die Heilige GeesElandréGetal16 NovemberOrthopteraPablo PicassoKameelperdBruto binnelandse produkFotoLeeuVaste stofGoogleTegnologieKonsentrasiekampAardeSelfoonKarretjiemenseHoofstadArabies-Israeliese konflikMetafoorVulkaanVoornaamwoordDuitslandNierversakingOseaanbesoedelingMateriaalFotosinteseCheslin KolbeKrieketWes-KaapSpringbokkeEjakulasieNoord-Sotho (taal)Johan BadenhorstPersoonlikheidElektrolietSanskritDiarreeProksemikaAarde se atmosfeerBerghaanSowjetunieVerkoueGasWapen van NamibiëLongontstekingKatjieAfkortingFacebookTweede WêreldoorlogProteïen🡆 More