The New York Times

The New York Times (NYT) is 'n Engelstalige Amerikaanse dagblad wat in 1851 in New York Stad gestig is en sedertdien ononderbroke in daardie stad gepubliseer word.

The New York Times het 108 Pulitzer-pryse gewen, meer as enige ander nuusorganisasie. Die dagblad se webwerf is die gewildste koerantwebwerf in Amerika, met meer as 30 miljoen unieke besoekers per maand.

The New York Times
Voorblad van The New York Times op 29 Julie 1914.

Alhoewel die gedrukte weergawe van die koerant die grootste plaaslike metropolitaanse koerant in die Verenigde State is, is dit algeheel die tweede grootste koerant, na The Wall Street Journal. Die weekdagsirkulasie het sedert 1990, soos met die meeste ander koerante, tot minder as 'n miljoen eksemplare per dag gedaal. Teen middel 2022 was dit 329 781. Die New York Times se bynaam is "the Old Gray Lady", en word lank reeds binne die industrie as 'n nasionale "koerant van oorkonde geag. Die koerant word deur The New York Times Company besit, wat ook agttien ander koerante, insluitende die International Herald Tribune en The Boston Globe, uitgee. Die maatskappy se voorsitter is Arthur Ochs Sulzberger jr., wie se familie die koerant sedert 1896 beheer.

Die koerant se leuse, wat in die boonste linkerhoek van die voorblad gedruk word, is "All the News That's Fit to Print" (Engels, Al die nuus wat geskik is om gedruk te word). Die New York Times-webwerf (NYTimes.com) se leuse is "All the News That's Fit to Click" (Al die nuus wat geskik is om op geklik te word). Die koerant word in afdelings verdeel: nuus, opinie, besigheid, kuns, wetenskap, sport, mode, huis, en funksies (features). Die New York Times het by die agtkolomformaat gebly nadat die meeste koerante na ses kolomme oorgeskakel het, en dit was een van die laaste koerante om kleurfotografie in gebruik te neem.

Aanlyn inhoud is beskikbaar deur 'n gemeterde betaalmuur, wat in 2011 opgerig is. 'n Besoeker kan maandeliks tien artikels gratis lees, en moet dan 'n abonnement aangaan om meer artikels te lees. Wanneer die betaalmuur verskyn, kan gebruikers egter eenvoudig die deel van die webadres wat na .html kom, skrap, en die bladsy herlaai om die volle artikel te sien. Daar bestaan ook mobiele toepassings om inhoud vanaf mobiele toestelle te bereik, soos Android-toestelle en Apple se iOS-platform.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

EngelsNew York StadPulitzerprysVerenigde State van Amerika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Kaapstadse waterkrisis 2015-2018VlagterminologieAarde se atmosfeerPampoentjiesAdolessensieNelson MandelaDansSuikersiekteDuitse maselsAkkedisGestremdheidBayer 04 LeverkusenOnomatopeeLys van kinderspeletjiesEnkelvoudige sinSpringbokkeDeelwoordDistrik SesRookgewoonteKoorsblaarMohammedBoelieryVlekvrye staalSeksuele stimulasieWes-Germaanse taleLidwoordDonderstormSonnestelselWerkloosheidMielieBynierMynbouDuitsGianna MichaelsOmtrek, oppervlakte en volumeMisdaadIdioomVerdampingCleopatra VIIPaarl GimnasiumGeografie van Suid-AfrikaEngelsNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaHarry Herbert CrosbyWitrenosterVulkaanLys van chemiese elemente volgens atoomgetalBeeldspraakTegnologieBritse en Amerikaanse maateenhedeBernice WestMuskeljaatkatLiefdeEuropaSwartbewussynsbewegingMaanVolhoubaarheidStresMIV/vigs in Suid-AfrikaBoer Soek 'n VrouLimfvatstelselPeter SnydersNeurenberg-verhoreKondensasieEkostelselSeilvaartWaterSlangSuider-AfrikaSoogdierGeskiedenis (vakgebied)EskomBywoordLys van medisinale kruieNic de JagerLys van Afrikaanse televisiereekseBaälSintetiese vesels🡆 More