Neurodiversiteit

Neurodiversiteit verwys na die variasies in die menslike brein wat betref sosiale gedrag, leervermoë, aandag, buie en ander geestelike werkinge in 'n niepatologiese sin.

Die term is in 1998 geskep deur die sosioloog Judy Singer, wat saam met die joernalis Harvey Blume gehelp het om die begrip gewild te maak. Dit daag ander sienings uit, soos dat sekere neuro-ontwikkelingsteurings inherent patologies is, en aanvaar daarenteen die sosiale model van gestremdheid, waarin die gemeenskap se grense die grootste faktor is wat mense "gestremd" maak.

Neurodiversiteit
Outistiese kuns wat die natuurlike diversiteit van die menslike brein uitbeeld.

Dié siening is veral gewild in outismekringe, waar dit omstrede is en teenstanders voel dit weerspieël nie die realiteite van individue wat 'n groot behoefte aan steun het nie.

Geskiedenis

Die woord "neurodiversiteit" word toegeskryf aan die sosiale wetenskaplike Judy Singer, wat haarself beskryf as "waarskynlik iewers op die outistiese spektrum". Sy gebruik die term in haar sosiologie-honneurstesis wat in 1999 gepubliseer is.

Singer het met Blume gekorrespondeer vanweë hulle gedeelde belangstelling in outisme en hoewel hy nie aan Singer krediet gee nie, verskyn die woord die eerste keer in druk in 'n artikel op 30 September 1998 deur Blume in The Atlantic.

Sommige skrywers gee ook krediet aan die vroeë werk van die outismevoorstander Jim Sinclair vir die bevordering van die begrip neurodiversiteit. Sinclair was 'n belangrike vroeë organiseerder van die internasionale aanlyn outismegemeenskap. Sinclair se toespraak van 1993 "Moenie oor ons rou nie" lê klem op outisme as 'n manier van wees: "Dit is nie moontlik om die persoon van die outisme te skei nie."

Die term "neurodiversiteit" is intussen ook vir ander toestande gebruik, soos ontwikkelingskoördinasiesteuring, AGHS en Aspergersindroom, en het 'n algemener betekenis aangeneem.

Verwysings

Skakels

  • Neurodiversiteit  Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

BreinJoernalisMensSosioloog

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

OrrelInsekAnrich HerbstCarles PuigdemontSlangPad na jou hartBorskankerWikipediaWaterbesoedelingHomofoonKankerBoor (element)GemeenskapsorganisasieKasteel die Goeie HoopGalileo GalileiChemiese elementEeuMiddeloorontstekingSinkSosiale ordeHaasGoudPoesInfeksieSuurstofVolhoubare ontwikkelingAborsieEmfiseemNasionale VrouedagAfkappingstekenVingerseksZoeloesChristendomSlawernyDroomVakbondVloeistofGeskiedenis van erotiese afbeeldingsBreinAngolese Oorlog vir OnafhanklikheidBynierSamestellende afleidingJohannes HahnVerkragtingKontinentDrakensbergePesachPersEkonomie van Suid-AfrikaRenaissancePersentasieWebwerfDemokratiese Republiek die KongoTussenwerpselAfro-AmerikanersGoogleJavaScriptLien se lankstaanskoeneRumatoïede artritisHeidelberg, GautengSeksuele opwekkingStikstofHannes van WykHeks van HexrivierSoogdierPussy RiotDansKeramiekEjakulasieKVerkleurmannetjieRooibokKappie (skryfteken)Selfstandige naamwoord🡆 More