Netelboom (Celtis) is 'n genus van sestig tot sewentig spesies bome in die familie Cannabaceae.
Die bome word meestal 10–25 m hoog, maar in uitsonderlike gevalle tot 40 m hoog. Vroeër is die genus onder die Olm-familie (Ulmaceae), of in 'n eie familie Celtidaceae, ingedeel. In die APG II-stelsel (2003) word die genus onder die familie Cannabaceae geplaas.
Netelboom | |
---|---|
Chinese Netelboom (Celtis sinensis) | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Rosids |
Orde: | Rosales |
Familie: | Cannabaceae |
Genus: | Celtis L. |
Spesies | |
| |
Sinonieme | |
|
Die blare is verspreid, hulle is 3–15 cm lank, het 'n lang punt en is reëlmatig getand. Die vrug het 'n klein steenvrug met 'n deursnee van 0,6–10 cm. By baie spesies is die vrug eetbaar; dit proe droog maar soet, baie soos 'n dadel. Verskillende spesies word as sierbome aangeplant omdat hulle bestand is teen droogte.
Daar is 66 spesies wat tot die genus hoort:
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Netelboom, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.