Neotel: Vastelyn telekommunikasiemaatskappy in Suid-Afrika

Neotel (SA) Bpk., voorheen SNO Telecommunications, is die tweede nasionale operateur (TNO) (Engels: SNO, vir Second National Operator) om vastelyn-telekommunikasiedienste in Suid-Afrika te lewer.

Die maatskappy is op 31 Augustus 2006 in Kyalami in die noorde van Johannesburg bekendgestel. Neotel is die eerste maatskappy in Suid-Afrika wat direk met Telkom meeding in die vastelyn-telekommunikasiesektor.

Neotel (SA) Bpk.
Tipe Privaat-maatskappy
Gestig 31 Augustus 2006
Hoofkantoor Midrand, Johannesburg, GautengSuid-Afrika
SleutelpersoneSunil Joshi (besturende direkteur)
Steve Whiley (hoof finansiële beampte)
Industriekommunikasie dienste
Webwerfneotel.co.za

Die nuwe maatskappy kondig hulle besigheidsdienste op 15 November 2007, en hulle verbruikersdienste in Mei 2008 aan. Hulle besigheidsdienste sluit plaaslike en internasionale huurlyne (leased lines), asook 'n suite van stem-, data- (VPN), en Internetaanbiedings wat oor hulle versmelte, volgende-generasie netwerk gelewer word in. Hulle internasionale transitodienste was al vanaf September 2006 in die groothandel beskikbaar gewees. Hulle beplan om onder andere draadlose breëband tegnologieë in te span, wat nie net vir dataoordrag gebruik sal word nie, maar ook vir stemoordrag in die vorm van VOIP.

Met die koms van 'n mededinger word verwag dat pryse in terme van hoëspoed internet (gemiddeld 250 Kb/s tot 750 Kb/s CDMA2000), breëband deur WiMax, en later ook hoëspoed breëband (xDSL en optiese vesel) verlaag sal word. Suid-Afrika het vir baie jare slegs 'n enkele telekommunikasiediens, naamlik Telkom gehad, wat gedeeltelik deur die regering besit word. Mense sal vir die eerste keer 'n keuse hê om telekommunikasiedienste vanaf enige van die twee maatskappy te bekom.

Omstredenheid

Verskeie klagtes van gebruikers in verband met kontrakbreuk en swak diens word gelys op forums soos myADSL en hellopeter.com.

Geskiedenis

Die telekommnikasiewet is in 2001 gewysig om die sektor vir 'n mededinger oop te stel. Die aanvanklike aandeelhouers van die Tweede Nasionale Operateur (TNO) is geïdentifiseer as Eskom en Transnet. Die oorblywende aandele is vroeg in 2002 op die mark beskikbaar gestel. Die aandeelhouerooreenkoms is op 15 Augustus 2005 geteken. Na die ondertekening is die lisensie se terme en voorwaardes in Maart 2006 gefinaliseer, en die maatskappy amptelik in Augustus 2006 van stapel gestuur.

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Neotel OmstredenheidNeotel GeskiedenisNeotel Sien ookNeotel VerwysingsNeotel Eksterne skakelsNeotel200631 AugustusJohannesburgSuid-AfrikaTelkom

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

SonneblomGodsdiensStresSonnestelselLovedale, Oos-KaapWikipediaBywoordSkoolOsoonuitputtingEkosisteemekologieBaarmoederVoegwoordJoodse kalenderPikkewynVitamienPablo PicassoOsoonlaagVerplegingSwangerskapWaterAapDigvormSkaapTheuns JordaanSpringbokKoninkryk (biologie)Hage GeingobMing-dinastieLetterlike en figuurlike taalgebruikNoord-KaapOnderwysKameraAntieke Griekse kunsLys van chemiese elemente volgens atoomgetalDierNamibwoestynWellington, Wes-KaapKetelHeelgetalWildehondSamestellende afleidingBewussynLionel MessiTromAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeWebwerfPornografiese subgenresPoësieRooibosDokterKankerSelfstandige naamwoordAarverkalkingVincent van GoghEkonomiese sektorHindoeïsmeMenslike skeletGeelsugGereedskapBTWEllipstekenEuropaWolfLanseria-lughaweVoorvoegselSelibaatKlinkerOmanUilMusieksimboleBruto nasionale produkBeroerteDundermNierByvoeglike naamwoord🡆 More