Nadine Blom

Nadine Blom is 'n Afrikaanse sangeres gebore op 22 Januarie in Bloemfontein in die Oranje-Vrystaat.

Nadine Blom
Nadine Blom
Agtergrondinligting
Gebore22 Januarie
Bloemfontein
GenresAfrikaans kontemporêr
Beroep(e)Musikant en prokureur
InstrumenteKlavier
Jare aktief10
EtiketteSELECT, EMI, BOWLINE, LEO
Webwerfnadineblom.co.za Edit this at Wikidata
Nadine Blom
SAMA bekroonde verhoogkunstenaar.

Sy het haar laerskoolloopbaan by Laerskool Lynnwood (Pretoria) afgeskop en voltooi aan Laerskool du Preez van Wyk. Sy matrikuleer aan die Hoërskool Erasmus, waar sy later jare erekleure ontvang vir haar bydrae tot die skool se kuns- en kultuurskat. Sy is ook verkies tot die leerlingraad in haar matriekjaar.

Nadine Blom is in die regte gekwalifiseer met onderskeidelik BLC (Bacalareus Legum Civilus), LLB (Legum Bacalareus) en LLM (Legum Magister) en het haar regsgrade onderskeidelik aan die Universiteit van Pretoria, die Universiteit van Suid-Afrika en die Universiteit van Johannesburg verwerf. Ná haar toelating as prokureur, het sy haar sangloopbaan deeltyds beoefen terwyl sy ook in die korporatiewe omgewing as regsadviseur werksaam was. Haar seun, Adriaan, is in 2002 gebore. Sy het mettertyd die regsberoep vaarwel geroep om haarself voltyds aan haar sangloopbaan toe te wy.

Haar debuut-CD, getiteld Reën, is onafhanklik vrygestel in 2003 en bevat ses van haar eie komposisies. Haar tweede album, "Veer", bevat 10 komposisies uit haar eie pen in 2005. Sy is genooi om in Kanada en België op te tree met hierdie eg-Afrikaanse liriekgedrewe musiek. In 2006 stel sy 'n Keltiese klassieke album vry, getiteld "Met my hele hart", deur EMI. Sy word in dieselfde jaar gekroon as Mev. Verenigde Nasies Suid-Afrika asook die Eerste Prinses in die Mevrou Verenigde Nasies Internasionaal in Los Angeles.

In 2008 stel sy die eerste van 'n reeks kinder-CD's en DVD's vry, getiteld "Supercool" waarvan sy die uitvoerende vervaardiger is. Gedurende 2009 ontvang sy 'n SAMA vir die beste Afrikaanse kinderalbum met hierdie vrystelling. In 2009 volg 'n verdere Supercool, getiteld "Supercool vir Jesus", en sy ontvang ook gedurende 2010 'n SAMA-toekenning in die kategorie beste kinderalbum (Afrikaans) vir Supercool vir Jesus. Blom is ook 'n motiveringspreker en tree nasionaal op by damesoggende.

Sy het gedurende 2011 'n CD vrygestel getiteld "My inspirasie vir my vriendin", die titelsnit "My inspirasie" is opgedra aan die vroue van Suid-Afrika en gekomponeer deur Blom en Dennis East en is op verskeie Radiostasies in Suid-Afrika gespeel. Sy vertoon ook haar wye vokale vermoë op "My inspirasie vir my vriendin" met snitte soos "O mio babino caro" en "Don't cry for me Argentina" as klassieke sobrette sopraan.

Sy het reeds op 12 voorblaaie gepryk en in meer as 28 publikasies wat insluit Sarie, Finesse, Baba & Kleuter, Volksblad, Vrouekeur, Intiem, Rooi Rose, Lig, Leef, Beeld, Rapport, Die Burger, Huisgenoot, Woman in Home ens.

Nadine het onlangs haar meestersgraad in Internasionale reg aan die Universiteit van Johannesburg voltooi met die tema "Human Trafficking". Sy is 'n kampvegter vir menseregte en het daarom die menseregteveld gekies as rigting vir haar verdere studies. Sy lewer gereeld landswye toesprake rondom kuberveiligheid en die gevare wat sosiale media kan inhou.

Diskografie

SUPERCOOL PRODUKREEKS:

  • "Supercool" CD / DVD 2008 Blommetjie musiek www.supercoolmusiek.co.za Geargiveer 25 Junie 2012 op Wayback Machine
  • Supercool Vir Jesus CD/DVD, 2009 Brettian
  • "Supercool 2 Partyhits" CD/ DVD 2010 Blommetjie musiek
  • "Supercool vir Jesus 2" CD / DVD 2011 Brettian
  • "Supercool for Jesus" CD /DVD 2011 Brettian
  • "Wiskunde is Supercool" CD 2016 Blommetjiemusiek

VOLWASSE KONTEMPORÊRE MUSIEK

  • "My inspirasie vir my vriendin", 2011 EMI www.nedineblom.co.za
  • "Passie vir worship", 2010 Brettian
  • Met My Hele Hart, 2007 EMI
  • Veer, 2005 Blommetjie musiek
  • Reën, 2003 LEO MUSIEK

Verwysings

Sien ook

Eksterne skakels

Tags:

Nadine Blom DiskografieNadine Blom VerwysingsNadine Blom Sien ookNadine Blom Eksterne skakelsNadine BlomAfrikaansBloemfonteinOranje-Vrystaat

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

EwenaarHoutBeurtkragSpringbokkeMasturbasieSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994YouTubeOnderwysVerenigde KoninkrykNarsistiese persoonlikheidsteuringMauritiusDataverwerkingWikiUniegebouDiskriminasieKunsmatige intelligensieTandbederfSkoolDroogteSinoniemPoësieAngolese Oorlog vir OnafhanklikheidLeonardo da VinciLys van chemiese elemente volgens atoomgetalAtoomDuitse maselsReg tot ‘n gesonde omgewingWoordsoortAkwariumBiodiversiteitVaalrivierSkildklierSirkelKunstenaarTierRivierKoolstofGrootste rampe in Suid-AfrikaLyfstraf in skoleSoogdierBreinvliesontstekingMusieksimboleGetalStres in hoërskoolPornografieMierLuislangeNasionalismeRob HersovSamestellingBloedsomloopstelselFosforJeugdagMaroela MediaLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaByvoeglike naamwoordErfenisdag (Suid-Afrika)DoopLKommunismeDieretuinLiewe HeksieJo BlackNagapieBevolkingGoogleWaterpokkiesAce MagashuleAppel (sanger)BaälElektriese geleierSwartbewussynsbewegingKlimaatsverandering in Suid-AfrikaHondKookpunt🡆 More