Nederlandse Grammatika

Die Nederlandse grammatika het baie ooreenkomste met Afrikaans s'n, maar daar is ook belangrike verskille.

Naamwoorde

Soos in Afrikaans het Nederlands selfstandige en byvoeglike naamwoorde. Anders as Afrikaans het die selfstandige naamwoord 'n woordgeslag en dit het invloed op die verbuiging van die byvoeglike naamwoorde.

Rofweg suidelik van die groot riviere (Maas, Waal en Ryn) word nog drie woordgeslagte onderskei, hoewel die verskil tussen manlik en vroulik ook daar nie baie groot is nie. Noordelik van hierdie lyn kan 'n oorspronklik vroulike woord ook as manlik behandel word en het die taal de facto net twee geslagte, 'n gemeenskaplike en 'n onsydige een. Die lidwoorde toon dié verskil: de en het: de haas, het konijn.

'n Uitsondering is woorde wat eindig op -heid, -teit, -te, -atie, -ing ensomeer wat ook in die noorde gebruik word met die oorspronklik vroulike woord ter: ter gelegenheid, ter herinnering, ter wikifiëring. Hulle word nog as vroulik beskou, ook in die noorde.

Die naamvalstelsel wat Nederlands geërf het van die proto-Indo-Europees en die proto-Germaans waarvan die taal afstam, het omtrent 1500–1600 opgehou om as 'n stelsel te funksioneer en ná 'n lang stryd is in 1946/47 besluit om dit nie langer in die spelling tot uitdrukking te bring nie. Vandag is Nederlands 'n taal sonder naamvalstelsel, maar daar is nog wel baie idiomatiese reste wat gereeld in die taal gebruik word.

Veral die byvoeglike naamwoorde word nog verbuig en dit lyk anders as in Afrikaans, omrede dit van die woordgeslag afhang.

Die byvoeglike naamwoord kan 'n maksimum van 8 vorme hê indien die trappe van vergelyking ook in beskouing geneem word.

vorm Stellende trap Vergrotende trap Oortreffende trap
onverboë slecht slechter slechtst
verboë slechte slechtere slechtste
partitief slechts slechters -

Die partitief word soos in Afrikaans net na woorde soos iets, niets, wat gebruik

  1. dit is iets slechts

Die onverboë vorme word gebruik:

  1. as predikaat: de verlichting is slecht
  2. as bywoord: de weg is slecht verlicht
  3. as attribuut vir 'n onbepaalde onsydige woord enkelvoud: een slecht begin

Die verboë vorme word gebruik:

  1. as attribuut (behalwe soos hierbo): een slechte verlichting
  2. as substantiewering: dit is een slechte, dit is de slechte

Merk op dat Nederlands nie soos Afrikaans een toevoeg nie (Dis die sleg een).

Die gebruik van verboë en onverboë vorme ken baie uitsonderings. Indien die byvoeglike en die selfstandige naamwoord 'n vaste kombinasie vorm word die onverboë vorm dikwels gebruik pleks van die verboë een:

    het koninklijk huis

In die vergrotende trap word die verbuiging dikwels weggelaat indien anders 'n lang reeks schwa's ontstaan

    een gebruikelijker methode

Voornaamwoorde

Persoonlike voornaamwoorde

onderwerp voorwerp
Vol Swak Vol Swak
Enkelvoud 1ste persoon ik ('k) mij me
2de persoon informeel jij je jou je
2de persoon formeel u - u -
2de persoon suidelik gij ge u -
3de persoon hij
zij
het
(-ie)
ze
('t)
hem
haar
het
('m)
('r)
('t)
Meervoud 1ste persoon wij we ons -
2de persoon informeel jullie - jullie -
3de persoon zij ze hun/hen ze

Vir party persoonlike voornaamwoorde bestaan swak (klitiese) vorme naas volle vorme. In die skryftaal word die swak vorme nie altyd weergegee nie, maar in spreektaal is hulle baie algemeen. Die klitiese vorme kan nie beklemtoon word nie. Die volle vorme kan sowel beklemtoon as onbeklemtoon gebruik word.

Die gij-vorm van die tweede persoon word suidelik van die groot riviere nog algemeen gebruik. Daar is geen teenstelling tussen informeel en formeel nie. In die noorde is dit verouder.

In die skryftaal se voorskrywende grammatika is daar 'n verskil tussen akkusatief 'hen' en datief 'hun', maar dit het kunsmatig ontstaan in die 1630 en dit sou die enigste woord in die taal wees wat akkusatief en datief onderskei. In die spreektaal word die verskil baie min gebruik.

Vir onpersoonlike werkwoorde word die onsydige persoonlike voornaamwoord as onpersoonlike voornaamwoord gebruik:

    Het regent.
    Het spijt me.

Kombinasies van voorsetsel + persoonlike voornaamwoord 3de persoon word in die rëel vervang deur 'n voornaamwoordlike bywoord.

    met het --> ermee
    voor ze --> ervoor
    ensomeer

Partykeer is dié vervanging verplig, veral in die onsydig enkelvoud.

In die skryftaal se voorskrywende grammatika is pronominale vervanging vir persone nie toegestaan nie, maar in die spreektaal word dit ook daar dikwels gehoor.

Besitlike voornaamwoorde

Vol Swak Selfstandig
Enkelvoud 1ste persoon mijn m'n mijne
2de persoon informeel jouw je jouwe
2de persoon formeel uw - uwe
2de persoon suidelik uw - uwe
3de persoon zijn
haar
(zijn)
(z'n)
(d'r)
(z'n)
zijne
hare
(zijne)
Meervoud 1ste persoon ons/onze - onze
2de persoon jullie je -
3de persoon hun - hunne

Vir die derde persoon word die besitlike voornaamwoord veral vir persone gebruik. Vir dinge word dit dikwels deur 'n voornaamwoordlike bywoord soos ervan vervang.

'Ons' is die enigste besitlike voornaamwoord wat attibutief nog verbuig word. Dit volg die reëls vir die byvoeglike naamwoorde:

    Dit is onze auto – (de auto)
    Dit is ons huis – (het huis)

In idiomatiese oorblysels van die ou naamvalstelsel kan nog vorme met ander uitgange gesien word, soos in te zijner tijd.

Wederkerende voornaamwoorde

Vol Swak Versterk
Enkelvoud 1ste persoon mij me mijzelf, mezelf
2de persoon informeel jou je jouzelf, jezelf
2de persoon formeel u - uzelf
2de persoon suidelik u - uzelf
3de persoon zich - zichzelf
Meervoud 1ste persoon ons - onszelf
2de persoon jullie je jezelf
3de persoon zich - zichzelf

Daar bestaan werkwoorde wat altyd wederkerend gebruik word, soos zich vergissen, maar ook werkwoorde wat sowel oorganklik as wederkerend gebuik kan word

Die versterkte vorme word net gebuik vir werkwoorde wat niet verplig wederkerend is nie.

    ik was de auto
    ik was mij, me, mezelf, mijzelf

Die vier moontlikhede is nie sinonieme nie, maar die verskille is taamlik subtiel.

    ik wás me -- nee ek speel nie met my rekenaar nie
    ik was mijzélf -- nee, moenie my aanraak nie, ek doen dit self!

Betreklike voornaamwoorde

    onsydig enkelvoud: dat
    anders: die
      het huis dat ik zie
      de huizen die ik zie
    met insluiting van antesedent wat = datgene dat
    vir persone wie = degene die
      Wat ik niet wist is dat hij ziek is
      Hij is ziek; wat ik niet wist.
      Wie ziek is, moet in bed blijven.

In kombinsasie met voorsetsels tree gewoonlik pronominale vervanging op:

    Dit is de auto, waarmee ik naar m'n werk ga.

Vir persone is dit (voorskrywend) nie toegestaan nie, hoewel dit in die spreektaal wel baie voorkom:

    Dit is de man met wie ik spreek.

Vir voorsetsels wat nie 'n ooreenkomstige bywoord besit nie soos via, sinds, tijdens, is vervanging onmoontlik en moet die verouderde vorme dewelke, hetwelk gebruik word. Dit word nogtans dikwels vermy:

    het tijdperk tijdens hetwelk dit plaatsgevonden heeft
    de gebeurtenis sinds dewelke hij dit niet meer doet.

Aanwysende voornaamwoorde

Die aanwysende voornaamwoorde word beïnvloed deur die taalkundige geslag wat die selfstandige naamwoorde aanneem:

  • dit = hierdie + het-woorde
  • deze = hierdie + de-woorde
  • dat = daardie + het-woorde
  • die = daardie + de-woorde

Hierde aanwysende voornaamwoorde word ook dikwels selfstandig gebruik en kan partykeer die persoonlike voornaamwoorde vervang, veral vir de-woorde wat dinge aandui.

    Dit is mooi, maar dat is nog mooier.
    Heb je deze al gezien?
    Dat is een mooie auto! Die heb ik nog nooit gezien.

Ook vir persone is dit moontlik:

    Jan? O, die is er vandaag niet!
  • zulk + het-woorde
  • zulke + de-woorde
  • elk + het-woorde
  • elke + de-woorde

Vraende voornaamwoorde

  • Welk? + het-woorde
  • Welke? + de-woorde
  • Wat? + dinge, bv. Wat is dat? een boek
  • Wie? + persone, bv. Wie is dat? Kees

Byvoeglike naamwoorde

Trappe van vergelyking

In die Standaardnederlands word 'n vergrotende trap (of ongelykheid) verwys na die woord dan. Na 'n gelykheid volg als, wat afwyk van Afrikaans. Vergelyk Duits, Afrikaans, Nederlands en Engels:

  • (de) Johann ist größer als Peter
  • (af) Johann is groter as Peter
  • (nl) Johann is groter dan Peter (ongelykheid)
  • (en) Johann is bigger than Peter (ongelykheid)


  • (de) Er macht den ganzen Tag nichts anderes als schlafen.
  • (af) Hy doen die hele dag niks anders as slaap nie.
  • (nl) Hij doet de hele dag niets anders dan slapen.
  • (en) He does nothing else all day other than sleeping.

Na 'n gelykheid volg als

  • (de) Sie ist genauso schön wie ich (es bin).
  • (af) Sy is net so mooi soos ek (is).
  • (nl) Zij is even mooi als ik (ben).
  • (en) She is just as pretty as I (am).

Na 'n gelykheid binne 'n ongelykheid volg als. Byvoorbeeld:

  • Piet is twee keer zo lang als Jan (gelykheid binne 'n ongelykheid);
  • Sneeuwwitje is duizendmaal zo mooi als de boze heks (gelykheid binne 'n ongelykheid).

In sommige Nederlandse streke en dialekte word als in beide gevalle gebruik: "Hij is groter als ik". Hierdie gebruik word in Standaardnederlands as onjuis beskou. Dit behoort te wees: "Hij is groter dan ik".

Werkwoorde

Tyde en teenstellings

Die Nederlandse werkwoord ken vier teenstellings:

  • hede en verlede
  • onvoltooi en voltooi
  • werklik of onwerklik/toekomstig
  • bedrywend of lydend (indien oorganklik)

Die eerste teenstelling word sinteties, die ander drie analities, dit wil sê met hulpwerkwoorde (hebben, worden, zijn, zullen) weergegee.

(werklik) toekomstig
hede verlede hede verlede
bedrywend onvoltooi ik zie ik zag ik zal zien ik zou zien
voltooi ik heb gezien ik had gezien ik zal gezien hebben ik zou gezien hebben
lydend onvoltooi ik word gezien ik werd gezien ik zal gezien worden ik zou gezien worden
voltooi ik ben gezien ik was gezien ik zal gezien zijn ik zou gezien zijn

Dié stelsel verskil van Afrikaans omrede die verlede tyde in Nederlands nog volop gebruik word om aan te toon dat oor die verlede gepraat word. Dit wil ook sê dat 'n Nederlandse voltooid tegenwoordige tijd, soos ik heb gezien net aangee dat die handeling vandag al voltooi is, nie dat dit oor die verlede gaan nie.

Infitiniewe

Behalwe die hede-verlede teenstelling ken ook die infinitief die kontraste:

(werklik) toekomstig
bedrywend onvoltooi zien zullen zien
voltooi gezien hebben gezien zullen hebben
lydend onvoltooi gezien worden gezien zullen worden
voltooi gezien zijn gezien zullen zijn

Soos in Afrikaans het Nederlands 'n uitgebreide infinitief met te: te zien, gezien te hebben, gezien te zullen zijn. Die gebruik van om is dikwels nie verpligtend nie.

    Hij vreesde (om) gezien te zullen worden.

In Nederlands kan 'n infinitief as 'n onsydige selfstandige naamwoord gebruik word deur die lidwoord het daarvoor te sit.

    Het zien van een leeuw heeft hem doen schrikken.

In die verlede het die naamwoord ook verboë vorme gehad en daar is party reste veral van die genitief (op -s) wat nog gebruik word:

    tot ziens!
    een uur gaans
    tot bloedens.vervelens(/ensomeer) toe

Imperatief

Die stam van die werkwoord word gebruik vir die gebiedende wys. 'n Meervoud op -t het in die 20ste eeu verouder.

    Zie!
    Ziet!

Konjunktief

Konjunktiefvorme het al in die Middeleeue begin verdwyn en hulle is nou baie seldsaam. Die enkelvoud 3de persoon teenwoordige tyd het -e:

    Leve de jarige!
    Men neme twee pond rundvlees

Indikatief

Die teenwoordige tyd het gewoonlik drie vorme: stam, stam+t en stam+en

    ik lach
    jij /u lacht
    hij, zij, het lacht
    wij, jullie, zij lachen

Die verlede tyd het net twee vorme, enkelvoud en meervoud:

    ik, jij, hij ens. lachte
    wij, jullie, zij lachten

Die verlede tyd en die voltooide deelwoord wat in die analitiese vorme gebruik word kan op verskeie wyse gevorm word. Daar kan onderskei word:

  1. swak werkwoorde
    1. met -d(e)
    2. met -t(e)
    3. met -cht(e)
  2. sterk werkwoorde
    1. klasse 1 tot 7
  3. gemengde werkwoorde
  4. onreëlmatige werkwoorde.

Verwysings

Tags:

Nederlandse Grammatika NaamwoordeNederlandse Grammatika VoornaamwoordeNederlandse Grammatika Wederkerende voornaamwoordeNederlandse Grammatika Betreklike voornaamwoordeNederlandse Grammatika Byvoeglike naamwoordeNederlandse Grammatika WerkwoordeNederlandse Grammatika VerwysingsNederlandse GrammatikaAfrikaans

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

WortelAtoomKonsentrasiekampHokkieSkaapSinoniemISO 3166-2InsekMiddeloorontstekingTydAnton GoosenHernubare energieKliniese depressieNaaldekokerSeksuele stimulasieChristendomOlimpiese Somerspele 2024VrouMaselsKunsmatige intelligensieWerkwoordRentePad na jou hartNetbalHarry PotterHennie MaasNag van die lang messeLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)VingerseksAalwynHomofoonBoelieryRefentse MorakeDawidDanie du ToitWalt DisneyBesoedelingGrootste rampe in Suid-AfrikaBetonKunsInstagramPols-oksimeterWaterstofGemeenskapsorganisasieHannes van WykKunsmisAngssteuringMaagsweerTsoenamiLeon KrugerKolitisDierTweede VryheidsoorlogSeksueel oordraagbare infeksieSonnestelselBlaaskankerStikstofOranjerivierPuberteitNarsistiese persoonlikheidsteuringJudaïsmeMotorregistrasienommerplate van Suid-AfrikaKolonialismeLetterlike en figuurlike taalgebruikBestaansboerderyValentynsdagRooikatNylrivier (Suid-Afrika)MusiekBreinvliesontstekingElektrisiteitsvoorsieningVerkleinwoordElzette MaarschalkHoenderAnneli van RooyenBrandmondsindroomVratWatersuiwering🡆 More