Nederlandse Kaapkolonie

Die Nederlandse Kaapkolonie was tussen 1652 en 1795 'n kolonie van die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie.

Die kolonie is deur Jan van Riebeeck gestig as 'n herlaai- en tussenstop-hawe vir skepe van die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie wat met Asië handel gedryf het. Die kolonie het in die jare na sy stigting vinnig uitgebrei tot 'n vestigingskolonie, tot die groot ontsteltenis van die bestuur van die Nederlandse Oos-Indiese Kompanjie wat hoofsaaklik geïnteresseerd was in winsbejag uit die Asiatiese handel.

Kaapkolonie
Nederlandse Kaapkolonie
1652–1795 Nederlandse Kaapkolonie
Vlag Wapenskild
Vlag Wapen
Ligging of Kaapkolonie
Ligging of Kaapkolonie
Evolusie van die Nederlandse Kaapkolonie
Hoofstad Eers die Kasteel die Goeie Hoop, later Kaapstad
33°55′S 18°25′O / 33.917°S 18.417°O / -33.917; 18.417 18°25′O / 33.917°S 18.417°O / -33.917; 18.417
Taal/Tale Nederlands (amptelik), Xiri, Korana, Khoekhoen, Xhosa, Engels
Godsdiens Gereformeerd, Waals Gereformeerd (tot 1713), Lutheranisme (vanaf 1778), Tradisionele Afrika-godsdiens
Regering Republiek
Goewerneur
 - 1652–1662 Jan van Riebeeck
 - 1679–1699 Simon van der Stel
 - 1771–1785 Joachim van Plettenberg
 - 1803–1806 Jan Willem Janssens
Historiese tydperk Imperialisme
 - Stigting van Kaapstad 6 April 1652
 - Verhef tot gouvernement 1691
 - Eerste Britse besetting 7 Augustus 1795
 - Kaapkolonie herplaas onder Nederlandse bewind 1 Maart 1803
 - Slag van Blaauwberg 8 Januarie 1806
Bevolking
 - 1797 skatting 61 947 
Geldeenheid Ryksdaalder
Die Geskiedenis van die Kaapkolonie reeks

Nederlandse Kaapkolonie
Kaapkolonie

Voor 1806
Vanaf 1806 tot 1870
Vanaf 1870 tot 1899
Vanaf 1899 tot 1910

Omdat die kolonie, as enigste permanente vestiging van die Nederlandse Oos-Indiese Kompanjie, nie as 'n handelspos gedien het nie, was dit 'n ideale plek vir afgetrede werknemers van die Kompanjie om hulle in te vestig. Na 'n paar jaar van diens in die maatskappy kon werknemers as 'n "vryburgher" 'n stuk grond in dié kolonie huur waarop hulle gewasse kon kweek wat hulle aan die Nederlandse Oos-Indiese Kompanjie moes verkoop het vir 'n vaste prys. Omdat hierdie plase arbeidsintensief was, het die vryburghers slawe uit Madagaskar, Mosambiek en Asië ingevoer wat die bevolking vinnig laat toeneem het. Nadat Lodewyk XIV die Edik van Nantes, wat die reg van die Hugenote in Frankryk beskerm het om hul godsdiens sonder vervolging van die staat te beoefen, in Oktober 1685 herroep het, het die kolonie baie Hugenoot-setlaars gelok wat uiteindelik met die algemene Vryburgher-bevolking gemeng het.

As gevolg van die outoritêre gesag van die Kompanjie, wat boere aangesê het wat om te verbou en teen watter prys, en die monopolisering van die handel, het sommige boere probeer om die oppergesag van die maatskappy te ontsnap deur verder na die binneland te trek. Die maatskappy het probeer om hierdie migrante te beheer deur die oprigting van 'n landdroskantoor in Swellendam in 1745 en 'n verdere een by Graaff-Reinet in 1786. Die Kompanjie het die Gamtoosrivier tot die oosgrens van die kolonie verklaar, net om te sien hoe die trekboere dit kort daarna oorsteek. Om moontlike konflik met die Bantoevolke te vermy wat van Oos-Sentraal-Afrika na die suide en weste beweeg het, het die Nederlanders in 1780 besluit dat die Groot-Visrivier die kolonie se oosgrens sal vorm.

In 1795 is die Kaapkolonie ná die Slag van Muizenberg deur die Britte beset. Onder die voorwaardes van die Vrede van Amiens in 1802 was dat die kolonie op 1 Maart 1803 aan die Nederlanders teruggegee sou word, maar nadat die Nederlandse Oos-Indiese Kompanjie genasionaliseer is, is die kolonie direk deur die Bataafse Republiek geregeer. Die oordrag was egter nie lank van krag nie, omrede die uitbreek van die Napoleontiese Oorloë die Vrede van Amiens ongeldig gemaak het. In Januarie 1806 is die kolonie ná die Slag van Blaauwberg vir 'n tweede keer deur die Britte beset. Hierdie oordrag is bevestig in die Anglo-Nederlandse Verdrag van 1814.

Administratiewe afdelings

Die Nederlandse Kaapkolonie was verdeel in vier distrikte met bevolking:

Distrik Vrye Christene Slawe "Hottentots" Totaal (1797)
Distrik van die Kaap 6 261 11 891 - 18 152
Distrik van Stellenbosch en Drakenstein 7 256 10 703 5 000 22 959
Distrik van Swellendam 3 967 2 196 500 6 663
Distrik van Graaff-Reinet 4 262 964 8 947 14 173

Beelde

Sien ook

Verwysings

Verdere leesstof

  • (en) The Migrant Farmer in the History of the Cape Colony. P.J. Van Der Merwe, Roger B. Beck. Ohio University Press. 1 Januarie 1995. 333 bladsye. ISBN 0-8214-1090-3.
  • (en) History of the Boers in South Africa; Or, the Wanderings and Wars of the Emigrant Farmers from Their Leaving the Cape Colony to the Acknowledgment of Their Independence by Great Britain. George McCall Theal. Greenwood Press. 28 Februarie 1970. 392 bladsye. ISBN 0-8371-1661-9.
  • (en) Status and Respectability in the Cape Colony, 1750–1870 : A Tragedy of Manners. Robert Ross, David Anderson. Cambridge University Press. 1 Julie 1999. 220 bladsye. ISBN 0-521-62122-4.
  • (af) de Wet, Con en Leon Hattingh en Jan Visagie (reds.): Die VOC aan die Kaap, 1652-1795. Pretoria: Protea Boekhuis, 2016. ISBN 978-1-4853-0019-9

Tags:

Nederlandse Kaapkolonie Administratiewe afdelingsNederlandse Kaapkolonie BeeldeNederlandse Kaapkolonie Sien ookNederlandse Kaapkolonie VerwysingsNederlandse Kaapkolonie Verdere leesstofNederlandse KaapkolonieAsiëJan van RiebeeckVerenigde Oos-Indiese Kompanjie

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Herpes simplexAppel (sanger)LidwoordAngssteuringWoudIngenieursweseInternetE-posCarles PuigdemontGoogleNiemetaalSteve BikoJakkalsVerstedelikingLettergreepWatersuiweringSprokieTeologiese Kweekskool (Stellenbosch)MotorvoertuigKankerAtletiekMadison IvyTrappe van vergelykingLandbouVroueregteSneeuEkonomie van Suid-AfrikaSuid-Afrikaanse Nasionale ParkeNoord-KaapMynbouKlereFinansiële staatSuid-Afrikaanse GrensoorlogOnderwerp (taalkunde)Swart menseMaagsweerOligopolieLiewe HeksieMikro-ekonomieSpoorvervoer in Suid-AfrikaKoppeltekenDurbanPaddaBeurtkragDomineeBruin menseUKhahlamba-DrakensbergparkDruiweFinale OplossingJan van RiebeeckBysteekHeks van HexrivierCorioliskragFrankrykAngolese Oorlog vir OnafhanklikheidKoue OorlogLetterlike en figuurlike taalgebruikSeptimius AwardsGeskiedenis van Suid-AfrikaTafelbergNicole StraussKapitalismeGeslagsgelykheidVormPornhubFiksieTweede WêreldoorlogWisselkoersSpelerposisies in rugbyNasionalismeKalenderPornografiese akteurDriehoekGeslagSkaapTweede Vryheidsoorlog🡆 More