Nederlandse Nasionale Rugbyspan

Die Nederlandse nasionale rugbyspan (Nederlands: Nederlands rugbyteam) is die nasionale rugbyspan wat Nederland in internasionale wedstryde (toetswedstryde) verteenwoordig.

Rugby word in Nederland geadministreer deur Rugby Nederland (RN) wat in 1932 gestig is. Hulle dra die bynaam Oranje. Nederland word deur Wêreldrugby as ’n vlak drie-span erken. Die Nederlandse rugbyspan is tans (April 2024) 27ste op Wêreldrugby se wêreldranglys gelys.

Nederland
Nederlandse Nasionale Rugbyspan
Unie Rugby Nederland (RN)
Bynaam(e) Oranje
Stadion Nasionale Rugbysentrum, Amsterdam
Afrigter(s) Vlag van Wallis Lyn Jones (sedert 2022)
Kaptein(s) Dirk Danen
Nederlandse Nasionale Rugbyspan
Nederlandse Nasionale Rugbyspan
Nederlandse Nasionale Rugbyspan
Nederlandse Nasionale Rugbyspan
Nederlandse Nasionale Rugbyspan
Spankleure


Nederlandse Nasionale Rugbyspan
Nederlandse Nasionale Rugbyspan
Nederlandse Nasionale Rugbyspan
Nederlandse Nasionale Rugbyspan
Nederlandse Nasionale Rugbyspan
Alt. kleure

Statistiek
Meeste toetse Tim Schumacher (14)
Meeste punte Hans Kuijer (41)
Meeste drieë Gijs van der Pol (8)
Eerste internasionale wedstryd
Vlag van Nederland Nederland 0–6 België Vlag van België
(Amsterdam, Nederland; 1 Julie 1930)
Grootste oorwinning
Vlag van Nederland Nederland 62–0 Denemarke Vlag van Denemarke
(Hilversum, Nederland; 6 Oktober 1973)
Grootste nederlaag
Vlag van Engeland Engeland 110–0 Nederland Vlag van Nederland
(Huddersfield, Engeland; 14 November 1998)
Unie webwerf
www.rugby.nl

Nederland het op 1 Julie 1930 in sy eerste toetswedstryd teen België gespeel en met 0–6 verloor. In die daaropvolgende jare het albei spanne gereeld ontmoet. Van die ander opponente in die begintydperk was Duitsland en Roemenië. Sedert die 2000’s het die rugbysport in Nederland verder ontwikkel en die keurspan lok intussen gereeld skare van sowat 1 000 tydens tuiswedstryde. Hulle ding in die Europese Rugbykampioenskap met ander opkomende rugbyspanne mee.

Beheerliggaam

Die beheerliggaam vir rugby in Nederland is Rugby Nederland (RN). RN is in 1932 gestig en het in 1988 by die Internasionale Rugbyvoetbalraad (IRVR, nou Wêreldrugby) aangesluit. Daarbenewens was RN in 1934 ’n stigtingslid van die kontinentale beheerliggaam Fédération Internationale de Rugby Amateur (FIRA; nou Rugby Europa).

Die hoogste rugbyliga in Nederland is die Ereklasse, waaraan agt spanne deelneem. Die meeste spelers van die Nederlandse nasionale span is uit dié liga afkomstig. Van die ander spelers is veral in Frankryk aktief. In Nederland aktiewe nasionale spelers draf meestal uit vir die professionele span The Delta wat sedert 2021 aan die Rugby Europa Superbeker deelneem.

Naas die amptelike nasionale span roep RN ook ander keurspanne byeen. Net soos ander rugbylande beskik Nederland oor ’n o/20-nasionale span wat aan die Europese en Wêreldrugby o/20-kampioenskap deelneem. Kinders en jongmense word reeds op skool aan rugby bekend gestel en na gelang van hul belangstelling en talent begin hul met hul afrigting.

Geskiedenis

Invoering en vestiging van rugby

Nederlandse Nasionale Rugbyspan 
Toetswedstryd teen Wes-Duitsland in Hilversum in 1980
Nederlandse Nasionale Rugbyspan 
Die Nederlandse nasionale rugbyspan, soos in Januarie 2008
Nederlandse Nasionale Rugbyspan 
Nederland speel teen Pole tydens die Europese Nasiesbeker 2012

Nederland het hulle eerste internasionale rugbywedstryd op 1 Julie 1930 teen België gespeel, waarmee die tot op hede aanhoudende mededinging met die buurland afgeskop het. België kon dié wedstryd met 6–0 wen. Twee jaar later is Rugby Nederland (RN) gestig en van daardie jaar af het Nederland vir vyf jaar lank elke jaar teen België gespeel. In 1932 was die uitslag gelykop en het die wedstryde in die 1930’s wat daarop gevolg het gewen. Van die ander opponente in dié tydperk was Duitsland en Roemenië. In 1934 was RN een van die stigtingslede van die vastelandse beheerliggaam Fédération internationale de rugby amateur (FIRA) wat onder Franse leiding as mededinger tot die destydse eksklusiewe, Angel-Saksies oorheersde Internasionale Rugbyvoetbalraad (IRVR, nou Wêreldrugby) gestig is. Nogtans was internasionale ontmoetings skaars. Een jaar later is die Ereklasse, die nasionale kampioenskap, vir die eerste keer beslis. In 1937 is die span, tydens die tweede FIRA-toernooi in Parys (die Europese Rugbykampioenskap se voorloper), in die uitspeelwedstryd om die vyfde plek deur België geklop.

Gereelde internasionale kontak

Toe die FIRA die Europese Rugbykampioenskap ná ’n onderbreking van meer as tien jaar hervat het (onder deelname van Noord-Afrikaanse spanne), het die Nederlanders begin in die tweede afdeling. Tydens die FIRA-nasiesbeker 1965/66 het hulle in die halfeindstryd teen België vasgeval. Tydens die FIRA-nasiesbeker 1966/67 het die span ná nederlae teen Tsjeggo-Slowakye en Spanje, maar ook ’n afgelaste wedstryd teen Marokko die laaste groepplek beklee. In 1967/68 is hulle deur Pole geklop en kon Swede verslaan. In 1968/69 het die span ná ’n nederlaag teen België die finale rondte misgeloop. In 1969/70 is Nederland in die groepfase uitgeskakel.

Ná ’n herstrukturering van die FIRA-beker het Nederland tydens die FIRA-beker 1974/75 in die tweede afdeling aangebly en in die tweede plek onder vier deelnemers geëindig, waarmee hulle na die eerste afdeling gepromoveer is. Tydens die FIRA-beker 1975/76 se eerste afdeling het hulle onder andere vir die eerste keer Italië ontmoet, maar die laaste plek beklee, waarmee hulle weer na die tweede afdeling gerelegeer is. In 1976/77 het hulle die derde plek onder vyf deelnemers beklee. Met uitsondering van die 1984/85-seisoen het die Nederlanders ná nog ’n herstrukturering, toe die FIRA die tweede en derde afdeling saamgevat het, in die tweede afdeling aangebly.

In 1985 het die Internasionale Rugbyvoetbalraad (IRVR; nou Wêreldrugby), wat destyds baie eksklusief was en slegs agt lede gehad het, op die invoering van die rugbywêreldbekertoernooi besluit. Vir die eerste Rugbywêreldbeker 1987 het die IRVR nege spanne vir deelname genooi, maar Nederland het geen uitnodiging ontvang nie. Nederland het in 1988 amptelik by die IRVR aangesluit en neem sedertdien aan kwalifiserende toernooie deel.

Die Nederlanders se eerste deelname was tydens die Rugbywêreldbeker 1991-kwalifisering, waarin hulle die finale fase van die Europese kwalifisering kon behaal, maar hulle het op die vierde plek geëindig nadat Nederland al sy drie wedstryde verloor het.

Die FIRA het die Europese toernooi weereens herstruktureer, maar Nederland het tydens die FIRA-beker 1994–1997 in die tweede afdeling aangebly. Tydens die Rugbywêreldbeker 1995-kwalifisering kon die span Tsjeggië klop, maar hulle is deur Italië verneder.

Die jare van 1997 tot 1999 was ’n tyd van veranderinge in Europese rugby, aangesien FIRA homself onder die IRB as vastelandse beheerliggaam geskik en gelyktydig die nie-Europese lede ontslaan het. Buitendien het met Frankryk en Italië die twee sterkste spanne nie meer aan die Europese kampioenskappe deelgeneem nie. Om dié redes is ander toernooie beslis, wat nie as vastelandse kampioenskappe geag is nie. Tydens die FIRA-toernooi 1996/97 het die Nederlanders die agste plek behaal. Tydens die aansluitende Rugbywêreldbeker 1999-kwalifisering, wat in die wintersemester 1997/98 beslis is, het hulle die uitspeelrondte gehaal, maar hulle het met ’n algehele telling van 45–108 teen Korea vasgeval.

Die Europese Nasiesbeker 1999/2000, die eerste toernooi van die Europese toernooi se nuwe formaat, het die Nederlanders in die eerste afdeling begin. Nederland het die wedstryd teen Portugal gewen, maar hulle het die ander wedstryde teen Spanje, Roemenië en Georgië verloor.

In die nuwe millennium

In die moderne professionele era het die span gesukkel maar daar is nuwe hoop met opkomende spelers soos Bart Viguurs, Allard Jonkers, Rik Roovers en Koeraad Buseman. Die Europese Nasiesbeker 2000/01 en die Europese Nasiesbeker 2001/02 was gelyktydig die eerste en tweede rondte van die Rugbywêreldbeker 2003-kwalifisering en die Nederlanders het as deelnemers aan die eerste afdeling die derde rondte gehaal, maar hulle het teen Tsjeggië en Rusland vasgeval.

Tydens die Europese Nasiesbeker 2002–2004 het die Nederlanders die derde plek behaal. Die Europese Nasiesbeker 2004–2006 het gelyktydig as die Rugbywêreldbeker 2007-kwalifisering se eerste deel gedien. Dit het vir die span in die tweede rondte geëindig, nadat hulle die derde plek behaal het.

Die Europese Nasiesbeker 2006–2008 het die Nederlanders in die laaste plek afgesluit en hulle is sodoende na die afdeling 2B gerelegeer. Tydens Europese Nasiesbeker 2008–2010, wat ook deel gevorm het van die Rugbywêreldbeker 2011-kwalifisering, het Nederland promosie na afdeling 1B gehaal. Tydens die rugbywêreldbekerkwalifisering is die span egter in die Europese uitspeelwedstryd deur Litaue uitgeskakel.

Die Europese Nasiesbeker-afdeling 1B van 2010–12 was ’n baie teleurstellende prestasie van die Nederlandse span, aangesien hulle slegs een van hul tien wedstryde gewen het, en hulle is daarom na die Europese Nasiesbeker-eerstedivisie 2012–14 afgegradeer. Tydens die 2010–11-seisoen het hulle al vyf hul wedstryde verloor, met die eerste teen Tsjeggië 13–25, gevolg deur ’n 10–29-nederlaag teen Duitsland. Hulle het toe teen Pole, België en Moldowa onderskeidelik met 18–32, 18–30 en 15–22 verloor. Die 2011-’12-seisoen het met ’n verdere 7–23-nederlaag teen Duitsland begin, gevolg deur ’n 10–22-nederlaag teen Tsjeggië en die slegste van die lot, met ’n slagting van 3–58 deur België. Hulle het daarna iets gehad om oor te glimlag, al het dit geen uitkoms vir hul finale posisie gehad nie, aangesien hulle Moldowa met 40–26 verslaan het, maar ’n baie teleurstellende jaar afgesluit het met ’n 19–32-nederlaag teen Pole. Tydens die daaropvolgende Rugbywêreldbeker 2015-kwalifisering het die span die Europese uitspeelwedstryd gehaal, maar hulle het teen Duitsland vasgeval.

In die Europese Nasiesbeker 2014–2016 se afdeling 1B het Nederland die vierde plek behaal. Ná nog ’n formaatverandering in die Europese Nasiesbeker het Nederland aan die naashoogste vlak Europese Rugbytrofee 2017 deelgeneem. Dié toernooi se uitslae is soos die Europese Rugbytrofee 2018 s’n vir die Rugbywêreldbeker 2019-kwalifisering in ag geneem. Die jong en redelik minder fisieke span kon, ná een van die beste seisoene tot nog toe vir Nederlandse Rugby, daarin slaag om in die tweede plek te eindig. Daarmee het hulle egter die Europese uitspeelrondte misgeloop.

Verdere ontwikkeling

Die span het die Europese Rugbytrofee 2019 vir die derde agtereenvolgende keer as naaswenner agter Portugal afgesluit. Die Europese Rugbytrofee 2020 het die Nederlanders onoorwonne in die eerste plek afgesluit, waarmee hulle om promosie/relegasie teen die Belge kon speel. Hulle het ’n naelskraapse 23–21-oorwinning aangeteken, waarmee hulle na die Europese Rugbykampioenskap gepromoveer is en om ’n plek by die Rugbywêreldbeker 2023 kon speel. Sowel die Europese Rugbykampioenskap 2021 en 2022, wat deel was van die rugbywêreldbekerkwalifisering, het hulle egter in die laaste plek afgesluit. In Maart 2020 is die internasionale speelprogram weens die wêreldwye Covid-19-pandemie tot in Oktober 2021 gekniehalter. Tydens die Europese Rugbykampioenskap 2022/23 het Nederland die vyfde plek onder agt deelnemers beklee. Tydens die Europese Rugbykampioenskap 2023/24 het die Nederlanders weer die vyfde plek behaal, waarmee hulle in dié afdeling aangebly het.

Kleure, embleem en bynaam

Nederland speel tradisioneel in ’n oranje trui met blou broeke en oranje sokkies. Hul alternatiewe trui is donkerblou met donkerblou broeke en oranje sokkies.

Die huidige truiverskaffer is die Italiaanse sportuitruster Erreà en die truiborg is die Nederlandse Matrix. Die beheerliggaam se kenteken verskyn op die regterbors, die truiverskaffer se kenteken links en die borgkenteken in die middel.

Rugby Nederland se kenteken toon ’n rugbybal daargestel as ’n tulp in Oranje met die belettering Rugby Nederland regs aan. Die Nederlandse nasionale rugbyspan se bynaam is Oranje, ontleen aan die oranje truie en die Huis van Oranje-Nassau. Die oorsprong was in die Franse graafskap Orange wat Willem van Oranje geërf het. Hy het die Nederlanders in die 16de eeu na onafhanklikheid van Spanje geneem. Die volkslied “Wilhelmus” is ook aan hom gewy en oranje het die nasionale kleur van Nederland geword.

Tuisstadion

Nederland se tuisstadion is die Nasionale Rugbysentrum Amsterdam met ’n kapasiteit van 5 000.

Toetswedstryde

Nederland het 114 van sy 253 toetswedstryde gewen, ’n wenrekord van 45,06%. Nederland se statistieke in toetswedstryde teen alle lande, in alfabetiese volgorde, is soos volg (korrek teen Maart 2024):

Opponent Gespeel Gewen Verloor Gelykop % Gewen
Nederlandse Nasionale Rugbyspan  Andorra 3 3 0 0 100,00
Nederlandse Nasionale Rugbyspan  België 45 20 21 4 44,44
Nederlandse Nasionale Rugbyspan  Bulgarye 1 1 0 0 100,00
Nederlandse Nasionale Rugbyspan  Denemarke 10 9 1 0 90,00
Nederlandse Nasionale Rugbyspan  Duitsland 18 10 8 0 55,56
Nederlandse Nasionale Rugbyspan  Engeland 1 0 1 0 0,00
Nederlandse Nasionale Rugbyspan  Georgië 6 1 5 0 16,67
Nederlandse Nasionale Rugbyspan  Hongkong 2 1 1 0 50,00
Nederlandse Nasionale Rugbyspan  Israel 1 1 0 0 100,00
Nederlandse Nasionale Rugbyspan  Italië 4 0 4 0 0,00
Nederlandse Nasionale Rugbyspan  Japan 1 1 0 0 100,00
Nederlandse Nasionale Rugbyspan  Korea 2 1 1 0 50,00
Nederlandse Nasionale Rugbyspan  Kroasië 2 2 0 0 100,00
Nederlandse Nasionale Rugbyspan  Letland 3 3 0 0 100,00
Nederlandse Nasionale Rugbyspan  Litaue 3 2 1 0 66,67
Nederlandse Nasionale Rugbyspan  Malta 1 1 0 0 100,00
Nederlandse Nasionale Rugbyspan  Marokko 7 3 4 0 42,86
Nederlandse Nasionale Rugbyspan  Moldowa 3 1 2 0 33,33
Nederlandse Nasionale Rugbyspan  Oekraïne 4 1 3 0 25,00
Nederlandse Nasionale Rugbyspan  Oos-Duitsland 2 1 1 0 50,00
Nederlandse Nasionale Rugbyspan  Pole 21 8 11 2 38,10
Nederlandse Nasionale Rugbyspan  Portugal 12 1 8 3 29,10
Nederlandse Nasionale Rugbyspan  Roemenië 8 0 7 1 6,25
Nederlandse Nasionale Rugbyspan  Rusland 4 0 4 0 0,00
Nederlandse Nasionale Rugbyspan  Serwië 6 4 2 0 66,67
Nederlandse Nasionale Rugbyspan  Spanje 16 0 15 1 0,00
Nederlandse Nasionale Rugbyspan  Swede 19 18 1 0 94,74
Nederlandse Nasionale Rugbyspan  Switserland 2 2 0 0 100,00
Nederlandse Nasionale Rugbyspan  Tsjeggië 5 3 2 0 60,00
Nederlandse Nasionale Rugbyspan  Tsjeggo-Slowakye 7 2 5 0 28,50
Nederlandse Nasionale Rugbyspan  Tunisië 5 4 1 0 80,00
Nederlandse Nasionale Rugbyspan  Uganda 1 1 0 0 100,00
Nederlandse Nasionale Rugbyspan  Wes-Duitsland 28 9 18 1 33,90
Nederlandse Nasionale Rugbyspan  Zimbabwe 1 0 1 0 0,00
Algeheel 253 114 126 13 45,06

Rekords

Wêreldbekerrekord

Jaar Uitslag
1987 Nie genooi nie
1991 Nie gekwalifiseer nie
1995 Nie gekwalifiseer nie
1999 Nie gekwalifiseer nie
2003 Nie gekwalifiseer nie
2007 Nie gekwalifiseer nie
2011 Nie gekwalifiseer nie
2015 Nie gekwalifiseer nie
2019 Nie gekwalifiseer nie
2023 Nie gekwalifiseer nie
2027 N.v.t.
2031 N.v.t.

Europese Rugbykampioenskap

Die Nederlandse nasionale span neem sedert 1952 aan die Europese Rugbykampioenskap deel, meestal in die tweede afdeling. Hulle het sedertdien nog nie ’n toernooi gewen nie.

Ander toetswedstryde

Vanweë sy laat vestiging het Nederland gedurende die amateurtydperk min toere volgens die ou tradisie onderneem, aangesien dit teen die jaar 2000 tot ’n einde gekom het. Deesdae is toetswedstryde teen die spanne van die Suidelike Halfrond tweekeer per jaar moontlik. Gedurende Juniemaand se midjaarrugbytoetsreeks en gedurende Novembermaand se eindjaarrugbytoetsreeks. In teenstelling met die meeste ander rugbylande speel Nederland nie vir enige trofee teen sy opponente nie.

Spelers

Huidige span

Die volgende spelers het die Nederlandse span gevorm tydens die Europese Rugbykampioenskap 2022:

Agterspelers

Speler Posisie Klub Toetswedstryde
Mark Coebergh Skrumskakel ‘t Gooi 1
Caleb Korteweg Skrumskakel Stirling County 0
Hugo Schöller Skrumskakel Coq Léguevinois 6
Jasey van Kampen Losskakel Haagsche 6
Marc Mistou Losskakel ‘t Gooi 2
Mees van Oord Losskakel DIOK 9
Willie du Plessis Losskakel Stade Montois 0
Storm Carroll Senter Haarlem 27
Jules Godfroy Senter Corréze 0
Tyren Kroos Senter Agen 0
Daily Limmen Senter Castricum 4
Oliva Sialau Senter Dukes 3
David Weersma Senter Aparejadores 15
Daan van der Avoird Vleuel DIOK 4
Jort Doornenbal Vleuel Castricum 1
Jordy Hop Vleuel Haagsche 8
Reinier Pieters Vleuel Servette 3
Bart Wierenga Vleuel Valence Romans 4
Te Hauora Campbell Heelagter ‘t Gooi 6
Peter Lydon Heelagter Rouen 0

Voorspelers

Speler Posisie Klub Toetswedstryde
Ross Bennie-Coulson Haker DIOK 16
Mark Darlington Haker Maidenhead 23
Lars Linnenbank Haker Dukes 1
Mike Mbaud Haker Ealing Trailfinders 3
David Anderson Stut Haagsche 1
Lodi Buijs Stut Haagsche 4
Andrew Darlington Stut Beaune 26
Kieran Hogg Stut klubloos 6
Hugo Langelaan Stut Eemland 31
Robin Moenen Stut DIOK 12
Mink Scharink Stut Saracens 0
Jake Stamenković Stut DIOK 4
Koen Bloemen Slot Bourg-en-Bresse 7
Jim Boelrijk Slot ‘t Gooi 10
Louis Bruinsma Slot Stade Montois 2
Dennis van Dijken Slot Graulhet 1
Marijn Huis Slot Durham Universiteit 3
Christopher van Leeuwen Slot Suresnes 2
Jade Plane Slot Oyonnax 0
Dirk Danen Nederlandse Nasionale Rugbyspan  Losvoorspeler Hilversum 31
Wolf van Dijk Losvoorspeler DIOK 10
Guy van den Dries Losvoorspeler Belsize Park 1
Dave Koelman Losvoorspeler Castricum 2
Kevin Krieger Losvoorspeler Haagsche 12
Blake Nightingale Losvoorspeler ‘t Gooi 10
Christopher Raymond Losvoorspeler Haarlem 2
Liam Stone Losvoorspeler Coventry 0
Niels van de Ven Losvoorspeler Alcobendas 5
Maxou Zerdoun Losvoorspeler Haagsche 1

Bekende spelers

Tot dusver is nog geen Nederlandse speler in Wêreldrugby se Heldesaal opgeneem nie.

Spelerstatistieke

Vervolgens die belangrikste statistieke van Nederland se spelers. Die spelers wat met * gekenmerk is, is nog aktief en kan hul statistieke verbeter.

(Korrek teen Mei 2020)

Meeste toetswedstryde
Rang Naam Tydperk Toetswedstryde
01 Tim Schumacher 1998–2002 14
02 Gijs van der Pol 1997–2002 13
03 Sylvester Ramaker 1998–2002 11
04 Gerry Viguurs 1998–2001 11
05 Reuben Bijl 2000–2002 10
06 Alex Kuipers 1999–2002 10
07 Patrick Brooijmans 2000–2002 09
08 James Keulemans 2001–2002 09
09 Mark Springer 2000–2002 08
10 Nico van Hierden 2001–2002 08
Meeste punte aangeteken
Rang Naam Tydperk Punte
01 Hans Kuijer 1997–2002 41
02 Gijs van der Pol 1997–2002 40
09 Caine Elisara 1997–2000 25
04 Duncan Hannay 2000–2000 17
05 Gerry Viguurs 1998–2001 15
06 Bas Kasteel 1980–1980 11
07 Tim Schumacher 1998–2002 10
08 Krijn de Schutter 2001–2001 09
09 Gijs Meek 2001–2002 05
10 Cyril Breinburg 2002–2002 05
Meeste drieë gedruk
Rang Naam Tydperk Drieë
01 Gijs van der Pol 1997–2002 8
02 Caine Elisara 1997–2000 5
03 Tim Schumacher 1998–2002 2
04 Cyril Breinburg 2002–2002 1
05 James Keulemans 2001–2002 1
06 Alex Kuipers 1999–2002 1
07 Rik Lips 1998–2002 1
08 Arnold Michel 1980–1980 1
09 Peter Philpott 2000–2002 1
10 Kyle Staats 2000–2001 1

Afrigters

Die volgende persone het al as hoofafrigters van die Nederlandse nasionale rugbyspan gedien:

Naam Tydperk
Nederlandse Nasionale Rugbyspan  Geoff Old 1997–2000
Nederlandse Nasionale Rugbyspan  Robbie Allen 2001–2004
Nederlandse Nasionale Rugbyspan  Alex O’Dowd 2004
Nederlandse Nasionale Rugbyspan  Iain Krysztofiak 2005–2006
Nederlandse Nasionale Rugbyspan  Eric Hangeveld 2007
Nederlandse Nasionale Rugbyspan  Robin Raphael 2008
Nederlandse Nasionale Rugbyspan  Hugues Dispas 2009
Nederlandse Nasionale Rugbyspan  Robin Raphael (tussentyds) 2009
Nederlandse Nasionale Rugbyspan  Hugues Dispas 2009–2010
Nederlandse Nasionale Rugbyspan  Jean Bidal 2010–2011
Nederlandse Nasionale Rugbyspan  Silvester Ramaker 2011
Nederlandse Nasionale Rugbyspan  Alex Chang 2011–2016
Nederlandse Nasionale Rugbyspan  Gareth Gilbert 2016–2019
Nederlandse Nasionale Rugbyspan  Zane Gardiner 2019–2022
Nederlandse Nasionale Rugbyspan  Dick Muir (tussentyds) 2022
Nederlandse Nasionale Rugbyspan  Lyn Jones sedert 2022

Sien ook

Verwysings

Verdere leesstof

  • (en) Huw Richards (2007). A Game for Hooligans: The History of Rugby Union. Edinburg: Mainstream Publishing. ISBN 978-1-84596-255-5.
  • (en) Richard Bath (1997). The Complete Book of Rugby. Seven Oaks. ISBN 1-86200-013-1.

Eksterne skakels

Tags:

Nederlandse Nasionale Rugbyspan BeheerliggaamNederlandse Nasionale Rugbyspan GeskiedenisNederlandse Nasionale Rugbyspan Kleure, embleem en bynaamNederlandse Nasionale Rugbyspan TuisstadionNederlandse Nasionale Rugbyspan ToetswedstrydeNederlandse Nasionale Rugbyspan RekordsNederlandse Nasionale Rugbyspan SpelersNederlandse Nasionale Rugbyspan AfrigtersNederlandse Nasionale Rugbyspan Sien ookNederlandse Nasionale Rugbyspan VerwysingsNederlandse Nasionale Rugbyspan Verdere leesstofNederlandse Nasionale Rugbyspan Eksterne skakelsNederlandse Nasionale RugbyspanNederlandNederlandsRugbyRugby NederlandWêreldrugby

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

KameelKlawers (speelkaarte)HeupvervangingVisFluoorDesmond TutuGalileo GalileiByvoeglike naamwoordGeskiedenis van Suid-AfrikaAborsie in Suid-AfrikaNasionale VrouedagAngina pectorisMenstruasieNasionale VrouemonumentAardbewingPêrelNasionaal-Sosialistiese Duitse ArbeiderspartyHoofkarakterUniegebouTelwoordSeekoeiWinterLewerKrokodilKlimaatveranderingBosvarkXenofobieBelastingStres in hoërskoolUitwerking van klimaatsveranderingOseaanbesoedelingLys van slangeKoos du PlessisOnomatopeeBalletHoërskool OuteniquaNadia ValvekensSteve HofmeyrManie JacksonMartin Luther King jr.WikiIndiese OseaanWinnie Madikizela-MandelaNetbalEvangelies Gereformeerde KerkBlourokkeMuishondTweede VryheidsoorlogBobby AngelAnale kankerSirkelGroepsgebiedewetTwaalf Stamme van IsraelSlawernyTradisionele literatuurAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeOranjerivierRoossenekalHamburgerSonAfrikaanse Protestantse KerkTaalRieldansAkroniemSlag van BloedrivierOrale seksPastoorModeontwerpSprokieLys van medisinale kruieCovid-19-pandemieRandall WicombMarkenMaselsGriekse mitologieLeeu🡆 More