Ndola

Ndola is die derde grootste stad in Zambië naas Lusaka en Kitwe, wat dit eers in die laaste verbygesteek het.

Dit is 'n handels- en verspreidingsentrum vir die provinsie Koperstreek, waarvan dit ook die hoofstad is. Die geskatte bevolking was 482 310 in 2009. In 1959 was die totaal 79 400, waarvan 9 200 blankes was en in 1965 85 700, waarvan 10 400 blankes was.

Ndola
Straat in Ndola se stadskern.
Straat in Ndola se stadskern.
Ndola is in Zambië
Ndola
Ndola
Koördinate: 12°58′0″S 28°38′0″O / 12.96667°S 28.63333°O / -12.96667; 28.63333 28°38′0″O / 12.96667°S 28.63333°O / -12.96667; 28.63333
LandVlag van Zambië Zambië
ProvinsieKoperstreek
Bevolking
 • Totaal774 757
TydsoneUTC+2 (SAST)
Ndola
Lughawe in Ndola

Die stad is sowat 40 km oos van die Kafuerivier geleë, op die hoofspoorlyn uit die suide en die aansluiting vir die spoorlyn tussen die Koperstreek en die Demokratiese Republiek van die Kongo.

'n Bestuursraad is in 1927 ingestel waarna Ndola munisipale status in 1932 verwerf, wat dit die tweede oudste munisipaliteit in die land maak.

Die staatsbeheerde dagblad die Times of Zambia word in die stad uitgegee.

Toerisme

Drie lugrederye gebruik Ndola se internasionale lughawe, waaronder Zambian Airways en die Suid-Afrikaanse Lugdiens. Daar is regstreekse vlugte na Lusaka, Johannesburg, Dar-es-Salaam en Lubumbashi. Die stad het vyf hotelle, waaronder die New Ambassador, New Savoy, Michelangelo, Mukuba en Skyways. Besienswaardighede is onder meer die Slaweboom waar Swahili-handelaars byeen gekom het om slawe te koop en verkoop en die Dag Hammarskjöld-gedenkteken. Die Copperbelt Museum huisves enkele voorwerpe uit die steentydperk, mineraalmonsters, uitstallings oor die antieke en moderne kopermynbou en plaaslike kunsvlyt.

Bronne

  • Dooley, Brendan & Plewman, Nicholas, African Advernturer's Guide To Zambia, Struik Publishers (Pty) Ltd, Cape Town, 2000.
  • Gordon-Brown, A., The Year Book and Guide to Southern Africa, Howard Timmins, Cape Town, 1965.

Verwysings

Tags:

19591965KitweKoperstreekLusakaZambië

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Michael JacksonNoordwesGlasByeboerderyInternetStikstofVoorsetselSteenkool in Suid-AfrikaKondensasieSkildklierKatStres in hoërskoolPredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaJan van HunksPêrelSosiale mediaVoëlgriepRekenaarSigaretKoolhidraatAdolessensieBeaufortskaalGeldNylrivierGeslagsgelykheidLys van medisinale kruieHemelBesemWinnie Madikizela-MandelaRina HugoSeksposisieDiarreeMonopolieLuislangeGroot vyfInfeksieSelfmoordLettergreepPapierDokterMobutu Sese SekoGeestesgesondheidVaste stofInsekRassismeTweede Nuwe JaarHenry MurrayOvulasieBoer Soek 'n VrouBoelieryNelson MandelaEnsiklopedieSuikerbekkiesXenofobieJohan BadenhorstJak de PriesterBrongitisKlawers (speelkaarte)Ace MagashuleIndiese OseaanLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaIsraelDolfynDesmond TutuTafelbergBestaansboerderyNazi-DuitslandNasionale VrouemonumentKlein vyf diereAardbewingDroomAAkroniemWikimedia-stigtingHomoniem🡆 More