Natriumfluoried: Chemiese verbinding

Natriumfluoried (NaF) is 'n chemiese verbinding en medikasie.

As 'n medikasie word dit hoofsaaklik gebruik om tandbederf in kinders ouer as 6 maande te verhoed in die gebiede waar die drinkwater laag is in fluoried. Natrium fluoried kan mondelings as 'n vloeistof, pil, of pasta geneem word - die gebruik van 'n pasta wat direk aan die tande aangebring word staan as fluoriedterapie bekend.

Eienskappe

Algemeen

Naam Natriumfluoried
Struktuurformule van
Struktuurformule van
Natriumfluoried: Toepassings, Veiligheid, Chemiese struktuur
Chemiese formule NaF
Molêre massa 41,99 g/mol
CAS-nommer 7681-49-4  
Voorkoms Kleurlose of wit vastestof  
Reuk geen
Fasegedrag  
Ruimtegroep Fm3
Nommer 225  
Strukturbericht B1
Smeltpunt 993 °C
Kookpunt 1704 °C
Digtheid 2,78 (rel water)
Oplosbaarheid 4.3 g/100 @ 25 deg C

Suur-basis eienskappe

pKa geen

Veiligheid

Flitspunt geen

Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande.

 
Portaal Natriumfluoried: Toepassings, Veiligheid, Chemiese struktuur Chemie

Normale dosisse kan soms wit merke op die tande veroorsaak, en oormatige dosisse kan lei tot bruin of geel verkleuring. Dit werk waarskynlik meestal deur direkte kontak in op emalje en plaak, en nie sistemies nie. Natrium fluoried is 'n kleurlose vaste stof. Dit word gewoonlik deur die vermenging van fluorsiliensuur met natriumhidroksied voorberei.

Natrium fluoried het in die 1940's in gebruik gekom om tandbederf te voorkom. Dit is op die WGO se lys van noodsaaklike medisyne - die belangrikste medikasie wat nodig is in 'n basiese gesondheidstelsel. Dit word algemeen gebruik vir die fluoridering van water, en word by tandepasta gevoeg. 'n geskatte 90 persent van die tandepasta in die Verenigde State van Amerika bevat een of ander tipe van fluoried.

Toepassings

Natriumfluoried: Toepassings, Veiligheid, Chemiese struktuur 
Natrium fluoried in tabletvorm vir die voorkoming van tandbederf

Tandbederf

Fluoriedsoute word dikwels by munisipale drinkwater bygevoeg, asook sekere voedselprodukte in sommige lande, met die doel om tandheelkundige gesondheid te handhaaf. Die fluoried maak die tande sterker deur die vorming van fluoorapatiet, 'n natuurlike komponent van tandemalje. Natriumfluoried word wel gebruik om water te fluorideer, en is die standaard waarteen ander fluorideringsmiddels gemeet word, vind hexafluorsiliensuur (H2SiF6) en sy sout natrium hexafluorosilikaat (Na2SiF6) meer algemene gebruik in die VSA. Tandepasta bevat dikwels natriumfluoried om tandbederf te voorkom.

Osteoporose

Fluoried aanvullings is reeds omvattend bestudeer vir die behandeling van postmenopousale osteoporose, maar alhoewel natriumfluoried beendigtheid verhoog, verminder dit nie die risiko van beenbreuke nie.

Radiografie

Fluoor-18-geëtiketteerde natriumfluoried is een van die oudste verklikkers in positron emissie tomografie (PET), en sedert die 1960's is in gebruik. Teenoor konvensionele been scintigrafie wat met gamma kameras of SPECT stelsels uitgevoer is, bied PET meer sensitiwiteit en ruimtelike resolusie. Die fluoor-18 isotoop het egter 'n halfleeftyd van 110 min, wat maak dat dit onmiddellik na produksie gebruik moet word, wat 'n logistieke beperking op sy aanname plaas teenoor die meer gerieflike tegnesium-99m-geëtiketteerde verklikkers. Fluoor-18 word egter beskou as 'n beter middel vir skeletradiografie omdat dit meer volledig en vinniger deur beenweefsel opgeneem word, en vinniger uit die bloed verwyder word, wat 'n hoë verhouding tussen beenweefsel en agtergrond in 'n kort tyd lewer. Die uitwissingsfotone vanaf die verval van 18F het 'n verder 'n veel hoër energie (511-keV) as dié van 99mTc (140-keV).

Chemie

Natriumfluoried het 'n verskeidenheid van spesiale chemiese toepassings in die sintese en ekstraktiewe metallurgie. Dit reageer met elektrofiele chloriede insluitend asielchloriede, swael chloriede, en fosfor chloriede. Soos ander fluoriedverbindings, word natriumfluoried ook vir desililering in organiese sintese gebruik. Natriumfluoried kan gebruik word om fluoorkoolwaterstowwe via die Finkelstein reaksie te produseer; hierdie proses het die voordeel dat dit maklik op kleinskaal gedoen kan word, maar word selde op 'n industriële skaal gebruik, aangesien meer effektiewe tegnieke soos bv. elektrofluorinering en die Fowler proses bestaan.

Ander gebruike

Natriumfluoried word as n skoonmaakmiddel, bv. as'n "wasgoed suur", gebruik. Dit word ook as 'n maaggif teen plantvoedende insekte gebruik. Anorganiese fluoriede soos fluorosilikate en natriumfluoried komplekseer magnesiumione as magnesium fluorofosfaat. Hulle inhibeer ensieme soos enolase wat afhanklik is van Mg2+ as 'n prostetiese groep. Fluoriedvergiftiging verhoed dus fosfaatoordrag in die oksidatiewe metabolisme.

Veiligheid

Fluoried, veral waterige oplossings van natrium fluoried, word vinnig en baie volledig geabsorbeer.

Fluoriede belemmer elektronvervoer en kalsium metabolisme. Kalsium is noodsaaklik vir die handhawing van die hart se membraanpotensiaal en in die regulering van bloedstolling. Oorinname van fluoriedsoute of fluoorsuur kan lei tot noodlottige aritmieë as gevolg van ernstige hipokalsemie. Chroniese oor-opname kan lei tot verharding van bene, verkalking van ligamente, en aanpaksels op die tande. Fluoried kan irritasie of korrosie van die oë, vel, en neusslymvliese veroorsaak.

Die dodelike dosis vir 'n 70 kg mens word op 5-10 g geskat. Natriumfluoried is giftig deur beide inaseming van stof of aerosols en mondelinge inname. In hoë genoeg dosisse, kan dit die hart en bloedsomloopstelsel beïnvloed. Vir beroeps-blootstelling het die Amerikaanse Beroepsveiligheid en Gesondheidsadministrasie en Nasionale Instituut vir Beroepsveiligheid en Gesondheid 'n blootstellingsperk van 2.5 mg/m3 oor 'n agt-uur-tyd-geweegde gemiddelde gestel.

By hoër dosisse wat gebruik word om osteoporose te behandel, kan suiwer natriumfluoried pyn in die bene en onvolledige stresfrakture veroorsaak indien die dosis te hoog is; dit irriteer ook die maag, en kan selfs maagsere veroorsaak. Stadig-vrygestelde en enteries-bedekte vorms van natriumfluoried veroorsaak nie beduidende maag newe-effekte nie, en veroorsaak minder ernstige en minder dikwelse komplikasies in die skelet. In die laer dosisse wat vir waterfluoridering gebruik word, is die enigste duidelike nadelige effek tandfluorose, wat die voorkoms van kinders se tande tydens tandontwikkeling kan verander; dit is meestal nie ernstig nie, en verteenwoordig waarskynlik geen noemenswaardige uitwerking op estetiese voorkoms of openbare gesondheid. Chroniese fluoriedinname van 1 ppm in drinkwater kan by sekere individue fluorose veroorsaak, en 'n blootstelling van 1.7 ppm kan in 30-50% van die populasie fluorose veroorsaak.

Chemiese struktuur

Natriumfluoried is 'n ioniese verbinding wat in water oplos om vrye Na+ en F ione te lewer. Soos natriumchloried, kristalliseer dit in 'n kubieke vorm waar beide Na+ en F octahedrale koördinasiesetels beset; sy roosterspasiëring, ongeveer 462 pm, is egter ietwat kleiner as dié van natriumchloried.

Voorkoms

Die minerale vorm van NaF, villiaumiet, is redelik skaars. Dit is al in plutoniese nephelien sieniet rotse waargeneem.

Produksie

NaF word voorberei deur die neutralisasie van fluoorsuur of hexafluorsiliensuur (H2SiF6), wat neweprodukte van die reaksie van fluorapatiet (Ca5(PO4)3F), wat van fosfaatgesteentes verkry word, tydens die produksie van superfosfaat kunsmis. Neutraliseringsagente sluit natriumhidroksied en natriumkarbonaat in. Alkohole word soms gebruik om die NaF te laat neerslaan:

    HF + NaOH → NaF + H2O

Vanaf fluorsuurbevattende oplossings, presipiteer natriumfluoried as die bifluoriedsout NaHF2. Verhitting stel HF vry en laat NaF agter.

    HF + NaF ⇌ NaHF2

In 'n 1986 verslag, word die jaarlikse wêreldwye verbruik van NaF op 'n paar miljoen ton beraam.

Verwysings

Tags:

Natriumfluoried ToepassingsNatriumfluoried VeiligheidNatriumfluoried Chemiese struktuurNatriumfluoried VoorkomsNatriumfluoried ProduksieNatriumfluoried VerwysingsNatriumfluoriedChemiese verbindingDrinkwaterTandbederf

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

IdioomKlimaatveranderingPapierVoëlBreinDie Stem van Suid-AfrikaAfrikaansMorfologie (taalkunde)AngolaKonsentrasiekampHomofoonVarkgriepRobbeneilandMantisKongo-krisisGreen PornoAntisemitismeOntwerpSwart menseNeurenberg-verhoreFranse RewolusieSeksposisieOmtrek, oppervlakte en volumeMielieNic de JagerSeksuele penetrasieKinkhoesKookpuntLMetaalFabelKurt-Lee ArendseSeksueel oordraagbare infeksieLys van Afrikaanse rolprenteWitbankAardverwarmingMuskietKlavierJakobDonderstormLongontstekingJan-Willem BreureSuid-Afrikaanse ReserwebankOudtshoornWebwerfHindoeïsmeLys van musiekinstrumenteSuurstofKunsmatige intelligensieLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024SkoenlapperPolisieGeboorteOrthopteraSonSkoolLeonardo da VinciWoordsoortDuitsJoodse kalenderTarentaleHannes van WykPaasfeesBestaansboerderyChristendomAfleiding (taalkunde)VormAfkortingDramaDemokrasieSwart nasionalisme🡆 More