Naruk

Die Natalse Raad vir die Uitvoerende Kunste (afgekort as Naruk of NARUK) is op 25 Julie 1963 gestig nadat die Nasionale Teaterorganisasie ontbind en deur vier provinsiale rade vervang is.

Die doel was om die uitvoerende kunste in Natal (nou KwaZulu-Natal) te bevorder. Die raad het ’n subsidie van die staat gekry.

Dit is geregistreer as ’n niewinsgewende vereniging en is bestuur deur ’n raad wat verteenwoordig is deur die provinsiale administrateur en verteenwoordigers van die provinsie, die stede Durban en Pietermaritzburg, die departement van nasionale opvoeding, die sakesektor en kunstenaars.

Naruk het vier kunsvorms aangebied: musiek, opera, ballet en toneel. Dit het klein begin met 210 vertonings in 1964 en gegroei tot die tweede grootste streekskunsteraad in Suid-Afrika in die 1980's, met 700 werknemers en ’n program van toneel, musiekspele, simfoniekonserte, opera, ballet en skooltoere.

In 1986 het die Playhouse-kompleks geopen as die amptelike tuiste van Naruk. In die laat 1980's is die staatsubsidies verklein en Naruk het weer ’n transformasie ondergaan; tussen 1993 en 1994 is dit herstruktureer en meer as 200 werknemers is afgedank of ’n pakket aangebied. In 1995 is Naruk vervang met die Playhouse Company.

Verwysings

Tags:

196325 JulieKwaZulu-NatalNatal

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

SuiwelprodukLys van Suid-Afrikaanse musikanteOlimpiese SpeleWeskusBrandmondsindroomTienerEmfiseemHartaanvalBewaringstatusOrthopteraWes-KaapHorlosieAustraliëPaddaBatePeriodieke tabelStaatstoelaeSuikersiekteSkildklierWaarheid-en-versoeningskommissieMierDieremishandelingGeskiedenis van die Verenigde State van AmerikaKookpuntKoperAandagstreepDierKunsmatige intelligensieVingerseksDirekte en Indirekte redeApartheidAkuutHartversakingOnderhandelinge om apartheid te beëindigGoogleSarel Jacob PretoriusDuitslandBorsBiologieN.P. van Wyk LouwPersentasieMenseregtedagSharpeville-slagtingSlag van Cuito CuanavaleNedersettingStikstofXenofobie in Suid-AfrikaAdolf HitlerGreen PornoDolfynVigsGregoriaanse kalenderKindersiektesKunsmatige algemene intelligensieNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaWikipediaVleilandOraniaThabo MbekiVersoeningsdagJan van RiebeeckBoomInentingVryheidsdagTylaNasionalismeKoorsSlawernyTrigeminale neuralgieStereotipeKartografieKlimaatRomanKolonisasie🡆 More