Narvik is 'n dorp in die distrik Nordland, in Noorweë.
In 2012 was die aantal bewoners 18 473. Die munisipaliteit van Narvik beslaan 2041 km², insluitende groot gebiede buite die dorp.
Kaart van Nordland | Wapen |
Ligging in Nordland | |
Land | Noorweë |
Provinsie (Fylke) | Nordland |
Koördinate | 68°26′N 17°25′O / 68.433°N 17.417°O |
Stigting | 1870 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 2 023 vk km |
Hoogte bo seevlak | m |
Bevolking: | |
- Totaal (2012) | 18 473 |
- Bevolkingsdigtheid | 9/vk km |
Taalvorm | Bokmål |
Tydsone | UTC +1 (MET) |
Burgemeester | Tore Nysæter Høyre |
Amptelike Webwerf | narvik.kommune.no |
Narvik is een van die noordelikste dorpe in die wêreld, met 'n treinspoor verbinding na Kiruna, Swede, maar nie na Bodø (die noordelikste punt van die res van die treinspoor netwerk van Noorweë) nie.
Dit was die oord van die eerste geallieerde sukses teen die Duitse weermag in die Tweede Wêreldoorlog. Die dorp is reeds vroeg in die Duitsers se inval van Noorweë beset, maar was ver genoeg vanaf hulle basisse, sodat 'n gemeenskaplike Britse, Franse en Poolse ekspedisiemag dit weer kon herower. Die aanval op Frankryk, en die opmars in Noorweë vanaf die suide, het beteken dat Narvik ontruim moes word in Junie 1940.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Narvik, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.