Naftali Bennett

Naftali Bennett (Hebreeus: נַפְתָּלִי בֶּנֶט; gebore 27 Maart 1972) is 'n Israelse politikus en die leier van die Nuwe Regs-party (HaYamin HeHadash) as ook die huidige leier van die regse Yamina-alliansie.

Hy het tussen 2012 en 2018 die ver-regse Die Joodse Huis (HaBayit HaYehudi) gelei. Bennett het op 13 Junie 2021 die nuwe Eerste minister van Israel geword deur die langsdienende eerste minister Benjamin Netanyahu van Likoed op te volg. Yair Lapid het hom op 1 Julie 2022 afgelos; sedertdien was Bennett die beoogde premier. Hy was van 2013 tot 2019 minister van Diaspora-sake en het tussen 2019 en 2020 as minister van verdediging gedien.

Naftali Bennett
נַפְתָּלִי בֶּנֶט (he)
Naftali Bennett
Junie 2021

Ampstermyn
13 Junie 2021 – 30 Junie 2022
Vise Gideon Sa'ar, Benny Gantz
President Reuven Rivlin
Isaac Herzog
Voorafgegaan deur Benjamin Netanyahu
Opgevolg deur Yair Lapid

Lid van die Knesset
Ampstermyn
3 Oktober 2019 – 15 November 2022
Ampstermyn
6 Desember 2015 – 30 April 2019
Ampstermyn
5 Februarie 2013 – 9 Oktober 2015

Minister van Verdediging
Ampstermyn
12 November 2019 – 17 November 2020
Eerste minister Benjamin Netanyahu
Voorafgegaan deur Benjamin Netanyahu
Opgevolg deur Benny Gantz

Persoonlike besonderhede
Gebore Naftali Bennett
27 Maart 1972 (1972-03-27) (52 jaar oud)
Haifa, Israel
Politieke party Nuwe Regs (2018–hede)
Die Joodse Huis (2012–2018)
Likoed (2005–2008)
Eggenoot/-note Gilat Bennett
Kind(ers) 4
Alma mater Hebreeuse Universiteit van Jerusalem

Militêre Diens
Lojaliteit Vlag van Israel Israel
Diens/Tak Naftali Bennett Israeliese verdedigingsmagte
Jare in diens 1990–1996
Rang Majoor
Eenheid Sayeret Matkal · Sayeret Maglan

Vroeë lewe

Bennett is op 26 Maart 1972 in Haifa gebore. Sy ouers is Joodse Amerikaanse immigrante wat na die Sesdaagse Oorlog na Israel verhuis het. Hy het in die Israeliese Verdedigingsmagte as 'n kompaniebevelvoerder in elite-eenhede gedien en dien vandag steeds in die reserwemag met die rang van majoor. Na sy militêre diens studeer Bennett regte aan die Hebreeuse Universiteit van Jerusalem. In 1999, in New York, was hy 'n mede-stigter van Cyota, 'n sagtewareonderneming teen bedrog, en het as uitvoerende hoof gedien.

Terugkeer na Israel

Na sy terugkeer na Israel het Bennett van 2006 tot 2009 as kantoorhoof vir die destydse opposisieleier Benjamin Netanyahu gedien. Tussen Januarie 2010 en Januarie 2012 het hy as die direkteur-generaal van die Yesha-raad gedien. Bennett is in November 2012 tot hoof van die Bayit Hayehudi-party verkies, en in Januarie 2013 tot die 19de Knesset verkies as die eerste kandidaat op die party se verkiesingslys.

Kabinetsminister

Bennett is toe in Maart 2013 as Minister van Ekonomie, Minister van Godsdienstige Dienste, Minister vir Jerusalem en Diaspora-aangeleenthede deur Eerste minister Netanyahu aangewys. Na die dood van Uri Orbach in Februarie 2015, is Bennett as waarnemende minister van senior burgersake aangewys.

Naftali Bennett 
Bennett en ander ministers in die 34ste regering van Israel in Mei 2015

In Mei 2015 is Bennett as Minister van Onderwys en Minister vir Diaspora-aangeleenthede aangestel. Nadat Avigdor Lieberman as minister van verdediging in November 2018 bedank het, het Bennett aangekondig dat hy die pos vir homself sou soek, maar Netanyahu het sy versoek geweier. Dit is toe bekendgemaak dat Bennett se party uit die koalisie sou onttrek, maar Bennett het later self daarteen besluit. In Desember 2018 het Bennett en 'n klomp ander Knesset lede by die nuutgestigte New Right-party aangesluit.

Latere politeke loopbaan

In die April 2019-verkiesing het Bennett sy sitplek in die Knesset verloor. Hy is toe in Junie 2019 deur Netanyahu van die regering ontslaan. Nadat die Knesset ontbind is en 'n tweede verkiesing vir September opgeroep is, het New Right 'n verkiesingsbond met The Jewish Home en die National Union-Tkuma gevorm, genaamd die United Right wat later die naam Yamina gekry het, en deur Ayelet Shaked gelei is. Die party het sewe setels in die Knesset gewen en Bennett is toe terug in die Knesset. In November 2019 is Bennett as minister van verdediging aangewys.

Na 'n kort ontbinding, is die party in Januarie 2020 herenig voor die Israeliese Knesset-verkiesing in Maart 2020, met Bennett as die nuwe leier van die party. Die party het ses setels gewen.

In Mei 2020, met onderhandelinge oor die vorming van 'n nuwe regering tussen Netanyahu en Benny Gantz, het Yamina aangekondig dat hy tot die opposisie sou gaan. Die vorige dag het Rafi Peretz, die leier van The Jewish Home, van die party weggebreek en is as die minister van Jerusalem in die vyf-en-dertigste regering van Israel aangewys. Op 17 Mei 2020 het Bennett met Gantz vergader, wat hom ook as minister van verdediging opgevolg het, en verklaar dat Yamina nou 'n 'opposisie-lid' is. Tkuma, wat op 7 Januarie 2021 as die Religious Zionist Party herbenoem is, het op 20 Januarie van Yamina afweggebreek. Ten spyte hiervan het Yamina sewe setels in die verkiesing in Maart 2021 verower.

Eerste minister van Israel (2021–2022)

Naftali Bennett 
Bennett-Lapid-kabinet

Op 9 Mei 2021 is daar berig dat Bennett en Yair Lapid, leier van Yesh Atid, groot vordering gemaak het in koalisiegesprekke vir die vorming van 'n nuwe Israeliese regering. Bennett het op 30 Mei aangekondig dat hy tot in September 2023 as eerste minister in 'n eenheidsregering sou dien, waarop Lapid sou oorneem. Op 13 Junie 2021 was Bennett as eerste minister ingehuldig. Lapid het Bennett reeds op 1 Julie 2022 opgevolg omdat die regering op 30 Junie geval was.

Persoonlike lewe

Bennett is getroud en het vier kinders.

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels


  • Naftali Bennett  Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

Naftali Bennett Vroeë leweNaftali Bennett Terugkeer na IsraelNaftali Bennett KabinetsministerNaftali Bennett Latere politeke loopbaanNaftali Bennett Eerste minister van Israel (2021–2022)Naftali Bennett Persoonlike leweNaftali Bennett Sien ookNaftali Bennett VerwysingsNaftali Bennett Eksterne skakelsNaftali Bennett197227 MaartBenjamin NetanyahuEerste minister van IsraelHebreeusIsraelLikoedYair Lapid

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

LetterkundeAvbobDricus du PlessisKoringJagluiperdKommunismeBreinkaartGenitale vratNieuwoudtvilleWaterstofVakbondPenisVigsByvoeglike naamwoordIndiëAnilingusAlkoholismeZoeloesLys van myne in Suid-AfrikaGalblaasAluminiumBeesKasterolieKonsentrasiekampSpelerposisies in rugbySpierSlag van Cuito CuanavaleTafelbergKlein vyf diereDemi Lee MooreIngenieursweseRenaissanceMisdaadDrakensbergeStaatstoelaeSokkerMusieksimboleMeervoudLarry PageRumatoïede artritisEkonomiese sektorVleilandGewone breukeReënspinnekopNeerslagTelefoonLabia (geslagsdele)PriemgetalKlein-KarooWet op Bantoe-onderwysHannes van WykVersamelnaamCarles PuigdemontErns GrundlingBrasiliëVolhoubaarheidNazi-DuitslandSkildklierVormVoortrekkermonumentStereotipeDemokratiese Republiek die KongoGlasWerkersdagWebwerfNatuurlike hulpbronJo BlackNG gemeente JansenvilleJacques LootsSirkusJavaScriptGeslagsgelykheidAardbewing🡆 More