Nadia Beukes, gebore 19 Augustus 1982, is 'n Suid-Afrikaanse aktrise, sangeres en rolverdelingregisseur.
Sy maak haar TV-debuut in 2016 as Iva in Getroud met rugby en is bekend vir haar rolle in rolprente soos Sterlopers (2014), Mooirivier (Marcelle, 2015) en Stroomop (Judy, 2018). Nadat sy matrikuleer het aan Hoërskool Uitsig in Centurion, het Beukes het ʼn honneursgraad in Kommunikasie en Bemarking behaal aan die Universiteit van Johannesburg en het ook opleiding vanaf 1991 tot 1998 ontvang in klopdanse by die Diana Walton Ateljee. Vanaf 2001 tot 2003 het Beukes opleiding in Drama ontvang en in 2003 het sy ook stemopleiding onderneem by die kykNET Zing Akademie.
Nadia Beukes | |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
---|---|
Beroep(e) | Aktrise |
Webwerf | nadiabeukes.co.za (webwerf onder konstruksie) |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Beukes het veral bekendheid verwerf toe sy as kontinuïteitsaanbieder vir die kykNET-kanaal gewerk het. Sy het ook as veldaanbieder vir verskeie ander produksies gedoen, soos EkoNET, Dekor, Tjirp en Tuine en Tossels. Beukes was ook in die kykNET-sepie, Villa Rosa, waar sy die rol van die prokureur Erica Brink vertolk het. Beukes het ook in die kinderprogram, Bundu Buddies, op die Koowee-kinderkanaal, die rol van Kallie vertolk. As sangeres was Beukes vir vier jaar deel van die a capella groep, Cutt Glas, die sanggroepe The Dahlings en Dinamiese Dames en NX, asook rolle in die musiekblyspele: The Rocky Horror Show, Ons vir jou en Janice Honeyman se produksie, Snow White. Om haar sangloopbaan te bevorder het Beukes aan 'n paar sangkompetisies deelgeneem en het onder ander onder by Idols (Seisoen 2) deel van die Top 70 gevorm, by SA's Got Talent 2009 was sy deel van die Top 50 onder die sanggroep The Dahlings, by die kykNET Zing! kompetisie (seisoen 1) was sy deel van die Top 6 en by die Crescendo sangkompetisie was sy 'n semi-finalis. Van Beukes se opnames is op twee albums vrygestel, NX Brieweboks en Zing! Top 10.
Saam met haar voormalige man, Xander Steyn, het Beukes help skryf aan en die vervaardiging behartig van die album van die groep, Brieweboks. In 2003 was Beukes een van die 6 top-finaliste vir die Zing kompetisie en in 2005 het sy dit tot in die Top 70 deurgedring van die Idols sangkompetisie. In 2010 was sy deel van die ATKV-musiekblyspel, Agent Snoet, wat landswyd getoer het. Die daaropvolgende jaar het sy die rol van Esmé Naudé vertolk in die Deon Opperman se televisiedrama, Hartland, asook ʼn rol in die verhoogproduksie Tree Aan. Beukes het al stemwerk vir kommersiële en gemeenskapsradiostasies gedoen, wat oorklanking, advertensies en boekvoorlesing inlsuit.
In 2017 is Beukes se eerste boek, Paaie van Hoop, deur NB-uitgewers gepubliseer. Die boek is gebaseer op haar lewensverhaal en is geskryf deur die skrywer Jana van der Merwe.
Op 10 September 2016, is Beukes met Dawid de Villiers getroud. Die egpaar se seun, Davey, is in Augustus 2018 gebore.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Nadia Beukes, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.