Nofx

NOFX is 'n Amerikaanse punk rock musiekgroep vanaf Los Angeles, Kalifornië.

Hulle is gevorm in 1983 deur die sanger/baskitaarspeler Fat Mike en kitaarspeler Eric Melvin. Tromspeler Erik Sandin het aangesluit by NOFX kort daarna, en El Hefe het by die groep aangesluit in 1991 en speel kitaar en trompet.

NOFX
Nofx
NOFX in 2007
Genrespunk rock
Jare aktief1983—nou
EtiketteFat Wreck Chords
Webwerfwww.nofxofficialwebsite.com

NOFX se sukses is te kenne gegee aan 'n groeiende belangstelling in punk rock musiek gedurende die 1990's, maar in teenstelling met baie van hul tydgenote het hulle nog nooit onderteken tot 'n groot plaatetiket. NOFX het dertien studio-albums vrygestel. Die groep het gewild geraak met hul vyfde studio album Punk in Drublic (1994). Hul jongste album, First Ditch Effort, is vrygestel op 7 Oktober 2016. Die groep het meer as 8 miljoen albums wêreldwyd verkoop. Dit maak hulle een van die mees suksesvolle onafhanklike musiekgroepe van alle tye.

Geskiedenis

Vroeë jare (1983–1990)

In 1983 het die kitaarspeler Eric Melvin baskitaarspeler/voorsanger Mike Burkett (Fat Mike) ontmoet en die band onder die naam NO-FX gestig ná 'n Boston hardcore punk-band genaamd Negative FX. Tromspeler Erik "Smelly" Sandin het by hulle aangesluit. NOFX se eerste opname was 'n demo in 1984.

Musiekstyl en invloede

Die musiekgroep se klank is baie divers, met die gebruik van elemente van punk rock, skate punk, ska punk, en ander musiek genres. Sommige van hul liedjies fokus op, of verwys na onderwerpe soos politiek en anargie, die samelewing, rassisme, seksisme, homofobie, klasongelykhede, die gebruik van dwelms en alkohol, die media, en godsdiens. Die musiekgroep het liedjies vrygestel wat wissel in lengte van onder 'n minuut, met liedjies soos "I Gotta Pee" (0:32) en "Murder the Government" (0:45), tot hul langste liedjie, "The Decline", wat 18 minute en 22 sekondes lank is.

Verhouding met die media

Vir jare het die groep tot baie min onderhoude ingestem en het slegs 'n paar musiekvideo's gemaak, met verwysing na die feit dat hulle nie meer blootstelling nodig het nie. In die afgelope jaar het Fat Mike ingestem om meer onderhoude te lewer, insluitend ses verskillende onderhoude met Nardwuar tussen 2002 en 2011. Die groep het ook geweier dat hul musiekvideo's uitgesaai word op MTV, VH1, en soortgelyke musiekkanale.

Lede

Huidige lede

  • Fat Mike
  • El Hefe
  • Eric Melvin
  • Erik Sandin

Gewese lede

  • Scott Sellers
  • Scott Aldahl
  • Dave Allen
  • Dave Casillas
  • Steve Kidwiller

Diskografie

Ateljeealbums

  • Liberal Animation (1988)
  • S&M Airlines (1989)
  • Ribbed (1991)
  • White Trash, Two Heebs and a Bean (1992)
  • Punk in Drublic (1994)
  • Heavy Petting Zoo (1996)
  • So Long and Thanks for All the Shoes (1997)
  • Pump Up the Valuum (2000)
  • The War on Errorism (2003)
  • Wolves in Wolves' Clothing (2006)
  • Coaster (2009)
  • Self Entitled (2012)
  • First Ditch Effort (2016)

Bibliography

  • NOFX; Alulis, Jeff (2016). NOFX: The Hepatitis Bathtub and Other Stories. Da Capo Press. pp. 368pp. ISBN 978-0306825675.

Verwysings

Tags:

Nofx GeskiedenisNofx Musiekstyl en invloedeNofx Verhouding met die mediaNofx LedeNofx DiskografieNofx BibliographyNofx VerwysingsNofxKaliforniëLos Angeles

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Hernubare energieKankerRassismeGeskiedenis van Suid-AfrikaGroot Muur van ChinaSomerMeervoudGeelsugLys van elemente volgens simboolSelfieSendelingposisieBlack SashKatoenStam (taalkunde)SportVigsLewerViëtnamoorlogMeningsverskil oor aardverwarmingAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeAfkortingAfrikaPolisieFranse RewolusieHorlosieGeslagsgelykheidVaginale kankerKaapstadDemokrasiePapegaaieMartin Luther King jr.Faf de KlerkKlavierBeroerteNatuurlike hulpbronSeptimius AwardsRonelda KamferGordelroosWayde van NiekerkEkonomiese geskiedenis van Suid-AfrikaYstertydperkAngolese Oorlog vir OnafhanklikheidAnrich HerbstGoudkus (streek)VolstruisVryheid van spraakGrondbesoedelingGroot vyfZoeloesWerkwoordPropagandaBosluisWaterpokkiesKunselementeKanadaHerfsJaco JacobsSlaginstrumentDricus du PlessisGeboorteWikipediaAspoestertjieMeettegniekKletsrymPersElandréDoopHeidelberg, GautengWater (molekuul)Familie (verwantskap)RobbeneilandDundermXenofobieStikstofNarsismePussy Riot🡆 More