Ng Gemeente Weenen

Die NG gemeente Weenen is die vyfde oudste gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die Sinode van KwaZulu-Natal (dit was die vierde totdat die Noord-Natalse gemeentes in die eertydse Nuwe Republiek van die Transvaalse Kerk af oorgedra is en Utrecht bygekom het) en die 78ste oudste in die hele Kerk.

Ng Gemeente Weenen
Die NG kerk Weenen. Die argitek was Wynand Louw.
Ng Gemeente Weenen
Ds. John McCarter was Weenen se eerste leraar en het die gemeente gedien van 1862 tot 1866.
Ng Gemeente Weenen
Weenen se tweede NG kerkgebou, in gebruik van omstreeks 1895 tot omstreeks 1928, toe 'n soortgelyke maar ietwat groter kerk gebou is. Die Gereformeerde kerk Estcourt het dié geboutjie in Oktober 1956 vir £4 000 aangekoop en dit toe as sy kerk gebruik.
Ng Gemeente Weenen
Ds. Richard Craig, van 1868 tot 1883, toe hy emeriteer, Weenen se tweede leraar. Dit was sy enigste gemeente. Hy is oorlede op 25 November 1890.
Ng Gemeente Weenen
Ds. G.A. Döhne was die leraar van 1882, maar is oorlede in die amp op 2 Augustus 1889.
Ng Gemeente Weenen
Ds. A.M. Murray was leraar hier van 1891 tot hy sy emeritaat aanvaar het in 1927. Dit was sy enigste gemeente.
Ng Gemeente Weenen
Dr. Paul Greyling, Weenen se leraar van 1928 tot 1934. Na hom is die Laerskool Paul Greyling in Vishoek genoem.
Ng Gemeente Weenen
Ds. I.C. en mev. Schutte en hul seuntjies. Hy was leraar van 1945 tot 1949.
Ng Gemeente Weenen
Ds. M.W. Theunissen is in Januarie 1966 hier bevestig.

Stigting

Die gemeente het is op 12 September 1859 van die NG gemeente Pietermaritzburg deur 'n spesiale Ringskommissie, benoem deur die Transgariep Ring, afgestig. Voor die afstigting is die inwoners van hierdie distrik deur eerw. Erasmus Smit, ds. Daniel Lindley en dr. Abraham Faure bearbei. Die eerste kerkraadsvergadering is op 19 Oktober 1859 op Colenso gehou. Diaken F. Howell benoem is as kassier en Diderik Jordaan as koster vir die Mariannekerk aangestel.

Eerste leraar

Predikante was destyds skaars en so bekom die gemeente eers in 1862 die diens van ds. John McCarter. Dr. William Robertson het hom in Skotland gaan werf nadat die ander Kaapse predikante soveel vertroue in hom gestel het, dat hy in 1860 op 'n geseënde konferensie op Worcester as afgevaardigde gekies is om in Holland en Skotland na "vrome en regsinnige predikante en onderwysers te gaan soek, ten einde die geledere van ons Kerk teen die dreigende aanvalle van die liberalisme te versterk". Intussen is die eerste pastorie van Andries Pretorius aangekoop. Tydens ds. McCarter se dienstyd het die gemeente veral aandag aan die opvoeding geskenk en 'n skoolgebou is op Weenen oprig. In 1894 het die kerkraad met georganiseerde sendingwerk begin en in hierdie jaar is daar 'n plaaslike Sendingkommissie aangestel.

Kerkgeboue en afstigtings

Die gemeente se eerste kerkgebou is in 1859 ingewy en het die gemeente tot 1895 gedien. Die huidige kerkgebou is die gemeente se derde en is in 1928 ingewy. Ds. A.M. Murray het die hoeksteen in 1927 gelê. In 1934 is die wyk Estcourt as selfstandige gemeente van die moedergemeente afgestig. Colenso en Winterton was deel van die moedergemeente tot die twee plekkies in 1949 as NG gemeente Bloukrans afgestig het. Dié gemeente is op 25 November 1968 verdeel in NG gemeente Winterton en Bloukrans, maar Bloukrans is op 1 Februarie 1998 by Weenen ingelyf sodat Weenen sedertdien Colenso en Weenen bedien met 'n kerkgebou op elke dorp. Die pastorie is op Weenen, maar dienste word elke Sondag op elke dorp gehou.

Latere leraars

Ná ds. McCarter is die gemeente agtereenvolgens bedien deur: di. Richard Craig (1868-'81), een van die laaste twee Skotse predikante wat in die 19de eeu na Suid-Afrika gekom het, G.A. Döhne (1882-'89), A.M. Murray (1891–1927), dr. Paul Greyling (1928-'34), J.C. Steyl (1934-'45), I.C. Schutte (1945-'49) en E.C. Kriel (1950-'56). In 2012 was die leraar H.A.J. Viljoen, wat in 'n kontrakpos aangestel is omdat die gemeente, met net 158 belydende lidmate, nie 'n voltydse leraar kon bekostig nie.

In 1985, toe ds. Willem Engelbrecht (1974 – 31 Julie 1995) die leraar was, het Weenen 306 lidmate gehad en Bloukrans 170. Dié 476 lidmate het, nadat Bloukrans by Weenen ingelyf is, in 2012 net 158 getel.

Enkele leraars

  • John MacCarter, 1862–1866
  • Richard Craig, 1868–1883 (emeriteer; sy enigste gemeente; oorlede op 25 November 1890)
  • Gottfried Andreas Döhne, 1882 – 2 Augustus 1889 (oorlede in die amp; sy enigste gemeente)
  • Andrew Milne Murray, 1891–1927 (dit was sy enigste gemeente; hy is oorlede op 26 Januarie 1927)
  • Paul Greyling, 1928–1934
  • Igantius Christiaan Schutte, 1945–1949
  • Eduard Christiaan Kriel, 1950–1956
  • Barend Hendrik Bornman, 1961–1965
  • Marthinus Wilhelmus Theunissen, 29 Januarie 1966 - ?
  • Willem Engelbrecht, 1974 – 31 Julie 1995 (emeriteer)

Enkele leraars: Bloukrans

  • Johannes Christoffel Jansen, 1950–1957

Sien ook

Bronne

  • Van Rene, Adri-Louise (hoof: Tydskriftemaatskappy). 2012. Jaarboek van die NG Kerke 2012. Wellington: Tydskriftemaatskappy.
  • Olivier, ds. P.L.. 1952. Ons gemeentelike feesalbum. Kaapstad en Pretoria: N.G. Kerk-uitgewers.

Verwysings

Tags:

Ng Gemeente Weenen StigtingNg Gemeente Weenen Eerste leraarNg Gemeente Weenen Kerkgeboue en afstigtingsNg Gemeente Weenen Latere leraarsNg Gemeente Weenen Enkele leraarsNg Gemeente Weenen Enkele leraars: BloukransNg Gemeente Weenen Sien ookNg Gemeente Weenen BronneNg Gemeente Weenen VerwysingsNg Gemeente WeenenNG gemeente UtrechtNederduitse Gereformeerde Kerk

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

MaanLys van Suider-Afrikaanse soogdiereLongKatoenLys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike nameUnited Democratic FrontJan CombrinkMuskeljaatkatSendelingposisieISO 3166-2Swart nasionalismeGalileo GalileiRookgewoonteWolkBeenbreuke en ontwrigtingsWiskundige terminologieMagnesiumRassisme in AfrikaAfleiding (taalkunde)PinksterJo BlackDramaMichael JacksonVerfErektiele disfunksieLeonardo da VinciMis (weerkunde)LugbesoedelingRonelda KamferJudaïsmeKaapstadMaagsweerOrale seksNamakwalandArmoedeDieregeluideSwawelProteïenWielewaalLuislangeVoegwoordAfrikanersNiemetaalWet op NaturellengrondFrankrykTaylor SwiftLiewe HeksieSigaretNylrivier (Suid-Afrika)Jan de WetDoelwitBrongitisVlinderNatuurbewaringVoorvoegselCristiano RonaldoAppelVerenigde State van AmerikaEkonomiese kwessies in Suid-AfrikaDesmond TutuLys van Suider-Afrikaanse varswater visfamiliesDansFisioterapieLys van nedersettings in Suid-AfrikaVoëlVryheidsdagPad na jou hartEkonomiese geskiedenis van Suid-AfrikaFopnuusLys van medisinale kruieLeah van NiekerkPesachShakaKalium🡆 More