Die NG gemeente Primrose-Môrewag is die jongste en ook kleinste wat sieletal betref van die drie dogtergemeentes van die sowat eeu oue NG gemeente Cachet in die Sinode Hoëveld wat die naam van die stadsgebied Primrose gekry het, hoewel Primroseheuwel se naam na Omnia verander is.
Al is die gemeente Elandspoor by Primrose-Môrewag ingelyf, het die dooplidmate teen 2016 afgeneem tot net 17 en die belydende lidmate tot 248. Die gemeente was dan ook vakant. Die kerkgebou in Patricklaan 2, Homestead, is ontwerp deur die argitek Johan de Ridder en toon 'n sterk ooreenkoms met die kerkgebou van die NG gemeente Peacehaven, ook een van sy ontwerpe.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article NG gemeente Primrose-Môrewag, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.