Ng Gemeente Johannesburg-Wes

Die NG gemeente Johannesburg-Wes was 'n gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die Johannesburgse voorstad Mayfair-Wes wat in 1993 met die NG gemeente Brixton saamgesmelt het as die nuwe NG gemeente Vergesig.

Ng Gemeente Johannesburg-Wes
Ds. J.J. Krige, die eerste leraar.
Ng Gemeente Johannesburg-Wes
Die eertydse NG kerk Johannesburg-Wes in Mayfair-Wes.
Ng Gemeente Johannesburg-Wes
Op die hoeksteen van die NG gemeente Brixton se kerk is met die afstigting van Johannesburg-Wes op 1 Mei 1944 bewoording aangebring om aan te dui dit was van toe af die dogtergemeente se kerk.
Ng Gemeente Johannesburg-Wes
Die ander kant van die hoeksteen van die ou Brixton-kerk, sedert 1944 Johannesburg-Wes se kerkgebou.
Ng Gemeente Johannesburg-Wes
Ds. L.C. Holtzhausen was die leraar van 1949 tot 1955.
Ng Gemeente Johannesburg-Wes
Die kerksaal se hoeksteen, gelê deur L.C. Holtzhausen op 3 Desember 1949.
Ng Gemeente Johannesburg-Wes
Dr. Willie Jonker, leraar van 1955 tot 1958.
Ng Gemeente Johannesburg-Wes
Ds. J.T. Jordaan, vierde leraar.

Afstigting

Die ironie van die latere inlywing is dat die ringskommissie van die Ring van Langlaagte op 1 Mei 1944 juis dele van die moedergemeente Brixton afgestig het as die selfstandige gemeente Johannesburg-Wes. Volgens die bepaling van die grenslyne het die moedergemeente se sierlike kerkgebou, wat op die hoek van Indrastraat en St. Albanlaan gebou is, binne die grense van die nuwe gemeente geval. Daarom het die nuutgestigte gemeente 'n pro rata-deel van die oorspronklike boukoste aan die Brixton-gemeente uitbetaal vir die oprigting van hulle kerkgebou in Putneyweg, sowat 500 m noordoos van die ou kerkgebou. Met afstigting het die lidmate van Johannesburg-Wes 871 getel. Ná die samesmelting van die twee gemeentes, het die ou moederkerkgebou 'n Islamitiese sentrum geword en word Vergesig gehuisves in Brixton se kerkgebou, 'n hanetree van die Sentech- oftewel Brixtontoring.

Die jaar 1944 was 'n tydperk van geweldige uitbreidings in die getal NG gemeentes in die destydse Transvaal. In dieselfde jaar is in en om die Goudstad ook die NG gemeente Bezuidenhoutsvallei, NG gemeente Kriel (Maraisburg), NG gemeente Ferndale (later Randburg) en NG gemeente Parkhurst afgestig. In Pretoria is Onderstepoort, Villieria, Quaggapoort en Lyttelton afgestig en elders in die provinsie Krugersdorp-Noord, Sanddrif, Rustenburg-Oos, Bremersdorp, Albertyn en Vereeniging-Wes.

Eerste jare

Op 11 November 1944 is die eerste leraar in die persoon van ds. Jacobus Joubert Krige bevestig. Die gemeente het so vinnig gegroei dat Crosby in 1946 afgestig moes word. Met dié afstigting het die pastorie van die moedergemeente binne die grense van die dogtergemeente geval en moes die kerkraad met alle spoed 'n nuwe pastorie laat bou. Die doelmatige pastorie met al die moderne geriewe is in Maart 1947 ingewy.

Die eerste leraar vertrek in Oktober 1948 en op 2 April 1949 word die tweede leraar, ds. L.C. Holtzhausen, in die gemeente bevestig. Hy bly in die gemeente tot 1955 toe hy skakelbeampte van die Suid-Afrikaanse Buro vir Rasseaangeleenthede (SABRA) word. Twee jaar later verlaat hy die bediening.

Hierna besluit die gemeente om 'n kerksaal te bou, veral met die oog op die bearbeiding van die jeug. Bouwerk begin in Oktober 1949. Die ruim saal is op 1 April 1950 teen 'n koste van £900 ingewy.

Teen 1952 berig die gemeente dat die lidmaattal op sowat 920 staan.

Ligging

Die kerkgebou, nou 'n moskee, is geleë op die hoek van Indrastraat en St. Albanslaan in Mayfair-Wes. Die kerksaal, enkele straatblokke vanaf die kerk in St, Gothardweg geleë, is ook in 'n moskee omskep.

Enkele leraars

  • Jacobus Joubert Krige, 1944 - 1948
  • Lucas Cornelis Holtzhausen, 1949 - 1955
  • Willem Daniël Jonker, 1955 - 1958 (later professor aan Unisa, die Teologiese Skool in Kampen, Nederland en aan die Kweekskool op Stellenbosch)
  • Johannes Theodoris Jordaan, 1959 - 1962
  • Carel Willem Hendrik Boshoff, 1960 - 1963
  • Dr. John Henry Roberts, 1963 - 1966 (vertrek na Johannesburg, van 1970 professor aan Unisa)
  • Albertus Johannes de Bruyn, 1966 - 1971
  • Salomon Ignatius Strydom, 1972 - 1977
  • Cornelis Potgieter Hermanus Olivier, 22 Januarie 1977 - 1986 (uit die bediening)
  • Hendrik Abel van Rooyen, 1986 - einde (waarna Vergesig)

Getal lidmate

Jaartal Doop Belydend
1952 450 910
1973 755 1 125
1979 259 734
1985 190 638
1990 125 485

Verwysings

Bronne

  • Olivier, ds. P.L. (samesteller), Ons gemeentelike feesalbum. Kaapstad en Pretoria: N.G. Kerk-uitgewers, 1952.
  • Symington, Johan (et. al.), Jaarboek van die NG Kerke, Tydskriftemaatskappy, Kaapstad, Pretoria en Wellington.


Tags:

Ng Gemeente Johannesburg-Wes AfstigtingNg Gemeente Johannesburg-Wes Eerste jareNg Gemeente Johannesburg-Wes LiggingNg Gemeente Johannesburg-Wes Enkele leraarsNg Gemeente Johannesburg-Wes Getal lidmateNg Gemeente Johannesburg-Wes VerwysingsNg Gemeente Johannesburg-Wes BronneNg Gemeente Johannesburg-WesLys van ingelyfde NG gemeentesNG gemeente BrixtonNG gemeente VergesigNederduitse Gereformeerde Kerk

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Liewe HeksieConsolidated B-24 LiberatorKoolstofEnkelvoudige sinPlae van EgipteSlag van Cuito CuanavaleMaagsweerMotorvoertuigJan van TonderKernkragErica BoyerLewerRussiese inval in Oekraïne sedert 2022HokkieNetbalSoogdierAnale seksKrimpvarkieHector PietersonWayde van NiekerkSeksuele penetrasieWeer (meteorologie)Handwoordeboek van die Afrikaanse TaalVlag van Suid-AfrikaBosluisbytkoorsDoopBruto binnelandse produkChroniese siekteSwangerskapVaalrivierKaapstadse waterkrisis 2015-2018VoorsetselVersamelnaamBorsteAgtervoegselKlem-in-die-kaakDuitse maselsWaterbesparing in Suid-AfrikaBorsEk is 'n Afrikaan (toespraak)Lys van chemiese elemente volgens atoomgetalDurbanMartin Luther King jr.MantisKwaZulu-NatalLugbesoedelingKriekLandbouKankerKunselementeStereotipeTuisblad16 NovemberVingerseksHipoteseSimboolAlkoholismeSelfmoordInligtingMetaalWet op NaturellengrondAnrich HerbstXhosaMynbouPolisieLys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike nameBeroerteBruin huisslangKappie (skryfteken)TierPikkewynInflasieLMiskruierLys van Afrikaanse skrywersKatjieLetterlike en figuurlike taalgebruikAvbob🡆 More