Messier 79 of M79 (ook bekend as NGC 1904) is ’n bolvormige sterreswerm sowat 41 000 ligjare van die Aarde af in die sterrebeeld Haas.
Dit is in 1780 deur Pierre Méchain ontdek en Charles Messier het dit in sy katalogus van komeetagtige voorwerpe opgeneem.
Messier 79 | ||||
Soort stelsel | Bolswerm | |||
Sterrebeeld | Haas | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 05h 24m 10,59s | |||
Deklinasie | -24º 31' 27,3" | |||
Skynmagnitude | 8,56 | |||
Besonderhede | ||||
Afstand (ligjaar) | 41 000 | |||
Skynbare grootte | 8,7 boogminute | |||
Ander name | M79, NGC 1904, GCl 10 | |||
|
Nes met Messier 54 (die ander bolswerm op Messier se lys buite die Melkweg), word geglo dat dit nie eie aan die Melkweg is nie, maar behoort tot die Canis Major-dwergsterrestelsel wat tans in ’n baie nabye interaksie met die Melkweg betrokke is – een wat dit waarskynlik nie ongeskonde sal oorleef nie. Dit is egter ’n betwisbare onderwerp aangesien sterrekundiges steeds ’n debat voer oor die aard van die Canis Major-stelsel self. Die meeste sterre in die swerm is rooireuse.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Messier 79, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.