Suid-Afrika N8

Die N8 is een van die nasionale paaie in Suid-Afrika.

Die pad verbind Groblershoop, Noord-Kaap met Maserubrug in die Vrystaat.

Nasionale roete N8 shield

Nasionale roete N8
Suid-Afrika N8
Roete-inligting
Onderhou deur SANRAL
Lengte583 km (362 mi)
Belangrike aansluitings
WespuntSuid-Afrika N8 N10 by Groblershoop
 Suid-Afrika N8 N12 in Kimberley
Suid-Afrika N8 N1 naby Bloemfontein
OospuntMaserubrug by die Lesothogrens
Ligging
StedeBloemfontein
Kimberley
Maseru
DorpeGroblershoop
Botshabelo
Thaba Nchu
Snelwegstelsel
Genommerde roetes in Suid-Afrika
Suid-Afrika N8 N7N9 Suid-Afrika N8

Vrystaat

Die N8 begin by die doeanepos, Maserubrug, op die grens tussen Suid-Afrika en Lesotho. Aan die Lesothokant van die grens is die hoofstad van Lesotho, Maseru. Die Caledonrivier skei die twee lande. Na 12 km moet links gedraai word by ’n T-aansluiting, waarvandaan die N8 wes hou Bloemfontein se kant toe. Ladybrand is net noord van die T-aansluiting. Na 45 km word daar by die Tweespruit afdraai verby gery, 20 km verder is Thaba Nchu. Na nog 59 km is die reisiger in Bloemfontein. Ongeveer halfpad tussen Thaba Nchu en Bloemfontein word die Modderrivier gekruis. In Bloemfontein gaan die N8 eers verby die N6 nasionale pad se beginpunt en kruis dan die N1 nasionale pad. Die N8 hou steeds wes en 81 km verder word verby die afdraai van die R48 hoofpad na Koffiefontein gery. Die pad swaai noordwes vir 82 km en loop dan verby die Paardebergslagveld waar die Modderrivier weer gekruis word, gaan die Noord-Kaap binne en bereik Kimberley.

Noord-Kaap

In Kimberley kruis die N8 die N12 nasionale pad, hou steeds wes en na 68 km gaan die pad deur Schmidtsdrif en kruis die Vaalrivier op pad na die dorpie Campbell wat 30 km verder is. Na nog 46 km – die pad bly reguit wes word Griekwastad bereik. Na ’n verdere 82 km word die nedersetting Volop bereik. Die N8 hou aan en ongeveer 32 km verder stuit die Oranjerivier die N8 en die pad swaai noordwes al langs die oewer van die rivier langs. Die nedersetting Boegoeberg is aan die oorkant van die rivier. Na ongeveer 10 km kruis die N8 die Oranjerivier en eindig in die dorpie Groblershoop, waar die pad nou by die N10 nasionale pad aansluit.

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Suid-Afrika N8 VrystaatSuid-Afrika N8 Noord-KaapSuid-Afrika N8 Sien ookSuid-Afrika N8 VerwysingsSuid-Afrika N8 Eksterne skakelsSuid-Afrika N8GroblershoopMaseruNasionale paaie in Suid-AfrikaNoord-KaapSuid-AfrikaVrystaat

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

NamakwalandTurkyeAkuutDassievoëlStuitjieVoorhuidSuid-KoreaJohannesburgHeliosfeerMasturbasieFacebookKopieregIntensiewe vormLiewe HeksieMenseregtedagPolitieke partyIngrid JonkerOnderwys in Suid-AfrikaHernubare energieGianna MichaelsMeksikoBlourokkeVlag van AfghanistanAntieke EgipteKappie (skryfteken)LandbouZuid-Afrikaansche RepubliekKoorsDonderstormKoekie (rekenaarwetenskap)BosluisNederduitse Gereformeerde KerkKoue OorlogKlem-in-die-kaakVolhoubaarheidOogproblemeInfeksieVlag van BangladesjAIerse nasionale rugbyspanJan BloukaasSlag van Cuito CuanavaleVermaakBaardskeerder-spinnekopPieter BiewengaKriekAppel (sanger)Aleksei NawalniVolkekundeVoortrekkermonumentRacheltjie de BeerKlein vyf diereLiturgiese jaarWoordeboek van die Afrikaanse TaalOnderwysSteve HofmeyrKatKwaZulu-NatalSaharaHeupDiplopodaWaarheid-en-versoeningskommissieKameelperdJode🡆 More