Mutunus Tutunus

Mutunus Tutunus of Mutinus Titinus was in die Romeinse mitologie ’n falliese huweliksgod wat soms met Priapus vergelyk word.

Sy tempel was op die heuwel Velia, glo van die stigting van Rome tot die in 1ste eeu v.C.

Mutunus Tutunus
’n Denarius wat deur Quintus Titius uitgereik is, vermoedelik met die kop van ’n bebaarde Mutunus Tutunus.

In rituele voor die huwelik was Romeinse bruide veronderstel om op Mutunus se fallus te gaan sit om hulle vir seksuele omgang voor te berei. Die Kerkvaders het die daad beskou as ’n vulgêre manier om iemand se maagdelikheid te verloor. Die Christelike apologeet Arnobius het vertel hoe Romeinse vroue vir ’n rit (inequitare) geneem is op Tutunus se "aaklige fallus" met sy "enorme skandalige dele".

Volgens ander bronne is die bruide egter so geleer om nie verleë te wees oor seks nie. Die 2de-eeuse grammatikus Festus is die enigste Latynse bron wat notisie van die god neem, en die kerkvaders was waarskynlik vyandiggesind of bevooroordeeld in hul beskrywings.

Etimologie

Anders as Priapus, wat in menslike vorm en met ’n groot ereksie uitgebeeld is, lyk dit of Mutunus slegs as ’n fallus, soos die fascinus, voorgestel is. Sy naam kom waarskynlik van twee min gebruikte slengwoorde vir penis in Latyn, muto (of mutto) en mutonium. Lucilius se gebruik van die woord is die eerste aangetekende geval: at laeva lacrimas muttoni absterget amica ("’n Meisie vee Mutto se trane af – sy linkerhand, met ander woorde"), Die afgeleide vorm, mutonium, het dalk die vroeëre vorm vervang, want dit is later in die graffiti van Pompeji gebruik. Mutuniatus word deur Martialis en in die Corpus Priapeorum gebruik om ’n "welbedeelde man" te beskryf.

Albei dele van die naam Mutunus Tutunus is verdubbelend; Titinus is dalk afgelei van titus, nog ’n slengwoord vir penis.

Verwysings

Tags:

1ste eeu v.C.FallusPriaposRomeinse mitologieStigting van Rome

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Mobutu Sese SekoKlereGestremdheidWhatsAppLettergreepHandwoordeboek van die Afrikaanse TaalAbsolute monargieNetbalFacebookAfrikaGeskiedenis van Suid-AfrikaCarles PuigdemontD.J. OppermanMonumentBreinvliesontstekingSamestellingWorcesterSelfstandige naamwoordMisdaadromanSydneyAkademiaWerkersdagHomoniemMosambiekkanaalMark (ekonomie)VerantwoordelikheidSkildklierPrimêre sektor van die ekonomieWiskundige terminologieAarverkalkingNelson MandelaTweede Nuwe JaarKrugerwildtuinRefentse MorakeKasterolieWaterstofNasionale PartyEkonomiese kwessies in Suid-AfrikaNicole StraussLeeuRob HersovBeleggingAbstraksie (rekenaarwetenskap)KatWoordeboekTweede VryheidsoorlogBosluisbytkoorsNatuurbewaringMartin Luther King jr.Lodewyk XVI van FrankrykSeekatAgtervoegselSenuweestelselHartversakingRasionale getalSeksueel oordraagbare infeksieBeesAnale seksSharpeville-slagtingGeweldJak de PriesterWêreldwye webKinderregteVerkleurmannetjieFranse RewolusieWetenskaplike klassifikasieWeervoorspellingMantisNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaFinansiële staatUitwerking van klimaatsveranderingDemokratiese AlliansieSwaweldioksiedWoudMiljard🡆 More